18 Mei 2014

Hierdie week se liturgie: 18_mei_2014

Ons blaai hierdie maand deur ʼn paar Psalms en ontsluit die waarhede daarin wat vandag nog betekenis het. In die Psalms waarna ons reeds gekyk het, hoor ons keer op keer dieselfde refrein — doen wat jy weet jy moet doen, en laat dan ʼn Groter Krag toe om die res te doen. Laat los aan jou agendas en stop dit om te second guess hoe goed veronderstel is om te wees. ʼn Spirituele Reis is nie veronderstel om staat te maak op ons beperkte begrip en insig nie. Ons kies dat God ons bron is, en terwyl ons doen wat ons glo die beste vir onsself is, is daar ook ʼn diep vertroue wat God toelaat om in en deur ons te beweeg. Ons gebruik ons gesonde verstand en fokus op ʼn verantwoordelike bewussyn (conscious choice to cultivate peace and happiness in our hearts) om verantwoordelikheid te vat (find reasons to rejoice rather than reasons to complain) in ons verhouding met God maar dan staan ons eenkant om God toe te laat om die komponis te wees van ons orkes, die dirigent van ons simfonie.
Ons het grootgeword met die idee (Teologie) dat daar ʼn ‘uitverkiesingsleer’ is. Met ander woorde, God kies sekere mense uit. Selfs as ʼn Teologiestudent wou ek by my professors weet of dit beteken dat God seker mense dan verwerp en die antwoord was meestal, ‘nee, DÍT is die mens se keuse’ – and that did not make sense at all. Daarmee saam is ʼn hele Teologie ontwikkel dat God lankal reeds weet presies wat met jou gaan gebeur en daarom is elke natuurramp of persoonlike tragedie afgeskryf as die ‘WIL VAN GOD’ en moes ons vir eeue lank hoor dat ʼn kind wat sterf is God wat ʼn “blom kom pluk vir sy tuin” of dat ʼn vloed of aardbewing is “an act of God”. Sulke woorde het geen troos gebring, trouens dit het eerder gelei tot woede en vrees. Baie mense het as gevolg hiervan hul rug gedraai op God want ʼn God wat kan maar nie wil nie, is boos – en ʼn God wat wil maar nie kan nie, is magteloos. Saam met Lukas 12:7 (“selfs die hare op jou kop is almal getel”) en Psalm 139 word gegryp na ʼn letterlike interpretasie dat God rekenskap moet gee van alles wat gebeur. Die mooi geweefde taal van metafore het totaal by ons as Westerse mens verbygegaan. Ons sukkel om ‘waarheid’ in ʼn ‘metafoor’ te sien. Kom ons gaan kyk eerskomende Sondag na Psalm 139:1-14 en ons laat die woorde vir homself praat. Lees dit as ʼn gedig; hoor dit as die mooiste melodie –
          Here, U deursoek en ken my. 
          U weet wanneer ek sit en wanneer ek opstaan; U verstaan my gedagtes van vêr af. 
          U bepaal my reis en waar ek my neerlê; en U is intiem bekend met al my weë. 
          Selfs voor daar ʼn woord is op my tong, kyk, U weet dit alles. 
          U omsluit my van agter en van voor, en lê U hand op my. 
          Sulke kennis is te wonderlik vir my; dit is te hoog vir my om te begrip. 
          Waarheen sal ek gaan vanaf U Gees? 
          Waarheen sal ek vlug weg vanaf U teenwoordigheid? 
          As ek opvaar na die hemel, is U daar; as ek my bed maak in die doderyk, U is daar. 
          As ek die vlerke vat van die dagbreek; as ek woon in die mees afgeleë gedeelte van die see
          Selfs daar sal U hand my lei en sal U regterhand my vashou. 
          As ek sê, “verseker gaan die duisternis my oorweldig en die lig om my sal nag wees”
          Selfs die duisternis is nie vir U donker nie en die nag is so lig soos die dag, duisternis en lig is dieselfde vir U. 
          U het my binnegoed gevorm, my aanmekaargeweef in my moeder se skoot. 
          Ek sal U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. 
          Wonderlik is U werke en my siel weet dit al te goed. 
(direkte vertaling)
Kom ons vat hierdie Psalm eerskomende Sondag en dan vra ons onsself — “wat wil ek regtig doen; wat is regtig belangrik; wat sal my gelukkig maak; hoe kom ek daar?”
·         Listen to your inner guidance system
·         Identify you patterns
·         Surrender to God
·         Sing your song
Die paar aande voor Volmaan sukkel ek om te slaap, dis asof my water net so onstuimig raak soos die getye. In die stilte van die nagte is daar ook ʼn bewuswording van die maanlig wat oor die stad trek. ʼn Tyd van introspeksie. ʼn Tyd van herkenning. Maar bowenal, ʼn tyd van surrender.
Natuurlik ÍS die teenwoordigheid van God, Alomteenwoordig. Mag jy dit vandag ervaar in elke gesprek, in alles wat jy sien en proe. Of jy dans in wilde ekstase, of waar jy vandag ʼn wond probeer heel.

>>>> ACIM 15 Mei 2014 om 19h00 by Kolping

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“We are awakening from the false dream we have been relentlessly sold and have relentlessly bought. It is, in fact, a nightmare paradigm of a commodified world, a lifeless world of objects, separation, and scarcity. We are awakening to a new possibility where the true abundance of this earth is no longer hoarded. Where relationships are not transactions. Where your well-being is my well-being is the planet’s well-being.” — Velcrow Ripper

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights