Hierdie week se liturgie: 18_Junie_2017
Ons gesels hierdie maand oor die tema — A SENSE OF PURPOSE -- en het reeds verskeie antwoorde verken rondom die daaropvolgende vrae: What is your sense of calling and your sense of meaningfulness? Dit vra nie hoe oud jy is nie, wat jy al bereik het in jou lewe, wat jou ambisie of verhale van sukses is nie, nog minder vra dit jou inkomste of grade van geleerdheid nie ... dit vra, “In hoe mate los jy die wêreld ʼn klein bietjie beter as wat jy dit ontvang het?”
Ons het ook reeds gesê dat die woord ‘purpose’ meer is as doel, mikpunt, iets wat jy bereik deur sukses of ambisie. ‘Purpose’ het te doen met waarde, intensie, bydra! Reeds as ʼn Teologiese student sou twee, nee drie, teksverse my ‘roeping’ verwoord: My doel ‘purpose’ het te doen met ʼn stem vir sosiale ongeregtigheid in my verhouding met my ewemens uit Spreuke 31:8-9 (direk vertaal) — “Open jou mond vir hulle wat stilgemaak is, kom op vir die reg van dié wat minderbevoorreg is; maak oop jou mond, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en behoeftiges.” My doel ten opsigte van my verhouding met myself uit Miga 6:8 (direk vertaal) — “En Hy het vir my gesê, mens, wat is goed en wat vra die Here van jou behalwe om regverdig te wees, en welwillendheid lief te hê, en om nederig te wandel met jou God.” En derdens my doel ten opsigte van my taak as leraar en herder uit Handelinge 20:24 — “Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig.” Brother Andrew beskryf dit as volg in sy boek ‘The Narrow Road’, “I have come to see clearly that life is more than self. It is more than doing what I want, striving for what will benefit me, dreaming of all I can be. Life is all about my relationship with God.”
Oor die jare het die waarheid van hierdie trilogie verse ʼn dieper kleur gevind uit die poësie van Cummings en James Fenton, die werk van Ayn Rand en Chris Hedges, boeke van Marianne Williamson, Chuck Spezzano, Krishnamurti, en Ken Wilber asook die teologie van Marcus Borg, John Shelby Spong, Bart Ehrman, John Dominic Crossan, Richard Rohr en self Rob Bell ... en natuurlik ʼn hele nuwe verstaan van liefde en vergiffenis soos ‘A Course in Miracles’ dit leer.
Wat al hier boeke ingemeen het, is die volgende — that purpose has to do with intention, vision and authenticity!‘Purpose’ is iets wat jy ÍS ... leef dit, wees dit. ʼn Direkte vertaling van die woord aletheia (‘waarheid’ in Grieks) beteken dan ook ‘authenticity’ (nie rolle speel nie, nie maskers dra nie). To live authentically true to yourself, is a direct source of living your purpose. Dit beteken om meer besorgd te wees oor die waarheid as opinies. Meer opreg as voorgee. Om te weet wie jy is en om getrou te bly aan jouself ongeag, desondanks, nieteenstaande die omstandighede. Nie langer bang om jou vulnerability te wys en te deel met ander nie. Om met selfvertroue en moed weg te stap van situasies waar jy nie jouself kan wees nie. Om bewus te wees (awareness) van jou gevoelens (aksies) sowel jou emosies (reaksies) en dat die twee nie dieselfde ding is nie.
Ons het almal drome, wense, doelwitte, ambisie, behoeftes, begeertes, verwagtinge en die meeste van ons glo dat as ons dit HÉT dan het ons gearriveer. Met ander woorde, dis ons hoop om voor ons dood die kruin van die berg, die toppunt van doeltreffendheid te bereik. Maak geen fout nie, daar is niks verkeerd om bogenoemde met vuur en passie na te jaag nie maar hier is die feit van die saak — om te leef net om ʼn doel (goal) te bereik, is oppervlakkig. Trouens, dit is die hange van berge en die valleie onder die berge waar lewe floreer en nie op die pieke nie!
In die dae, soms maande, en met tye selfs jare wat dit my gevat het om dit vir myself uit te maak wat is my ‘bydra, waarde, roeping, missie, toevoeging’ (alles met purpose te doen), was dit ook so dat hierdie insig feitlik altyd gekom het waar ek rock-bottom geslaan het en nêrens anders gehad het om heen te gaan behalwe op my knieë nie. Wat ook al die rede of oorsaak was van my klip-klap was die uitkoms bykans altyd ʼn drop van die kop na die hart en die hart (glo my) is die enigste plek waar jy die stem van jou roeping en bydra hoor ... en as jy mooi luister sal jy daai Stem hoor fluister, “What matter is what you become, and your potential to overcome .. and my dear child, the answer to your quest for purpose is, and will always be LOVE. Now, go and become that!”
Dis nie Televisie en Hollywood movie ‘liefde’ wat gebaseer is op needs, desires, expectations nie. Net ʼn suiwer liefde wat besing word in die reuk van blomme, die kleure van ʼn reënboog, die omhelsing van jou kind, die geluid van reën, die smaak van bredie, die soen van ʼn beminde. Daarom my passievolle uitroep laas Sondag — I want to live deliberately as the breath of God! Niks minder en niks meer nie. Hier is die toets of jy jou missie voltooi en volbring het — “Haal jy Asem? Indien wel, is jy steeds besig!”
Ons gaan eerskomende Sondag na TIEN praktiese maniere kyk hoe om jou lewe in vervulling en doelgerig (purposeful) te leef terwyl ons intensioneel ʼn bydra maak en waarde toevoeg in die wêreld waarin ons leef. Hier is ʼn voorsmakie: (1)Break up with the ‘ONE’ — stop die idee dat elkeen het net één doel op aarde. Daar is soveel soos minute in die dag en sterre in die nag. (2) Verander jou woordeskat en verban woorde soos ‘maar’, ‘moeilik’, ‘moenie’ en begin met ʼn dagboek al is dit een sin per dag waarin jy ʼn dialoog het met jouself oor ‘purpose’ (3) Onthou wat jou passies was as ʼn kind en waar dit jou oorloop van vreugde en blydskap was. (4) Net omdat iemand eenkeer in die verlede vir jou gesê het jy is nie goed genoeg nie maak dit nie ʼn waarheid óf ʼn feit nie — jy is NIE die opinie van iemand anders nie. (5)Remember, GOALS are about me – PURPOSE is about we ... raak êrens betrokke waar jy tot diens is van ander sonder om enige iets terug te verwag. (6) Hoekom wil jy soos ʼn mossie vlieg as jy die vlerke van ʼn arend het? Stop die ‘victim’-mentaliteit en ‘straighten up!’ for heaven’s sake! (7) Omring jou met mense wat ‘weet’ en werklik ‘omgee’ — niemand bereik sy/haar ‘purpose’ op hul eie nie. (8) ‘Purpose’ isn’t a tick box exercise and neither a monkey puzzle — wees oop, wees ontvanklik, wees soepel, wees wakker en die ganse Heelal sal vir jou die antwoorde fluister van waar, en wat en hoe. (9) Word stil. Word stil. Word stil. In hemelsnaam, word stil. Gee net eenkeer in jou lewe God ʼn kans om iets te sê. (10) Leef met dankbaarheid en waardering – tel jou seëninge en gaan deel dit met ander om jou. Word ʼn herinnering van liefde, ʼn spieël van vrede, ʼn doedelsak van vreugde.
Die laaste woord behoort aan Woodrow Wilson, “You are here in order to enable the world to live more amply, with greater vision, with a finer spirit of hope and achievement. You are here to enrich the world.”
ACIM — Kolping 8 Junie 19h30. Stad 12 Junie 19h30 — Chapter 12: The Holy Spirit’s Curriculum (p215)
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“The secret of happiness: Find something more important than you are and dedicate your life to it.” ― Daniel C. Dennett