Die meeste mense is terug van hul somervakansie en ons pak die nuwe jaar aan met ʼn opregte intensie om dié jaar die beste jaar ooit te maak! Ons gesels hierdie maand oor ons NUWEJAARSVOORNEMENS en het afgeskop met OPTIMISME en toe gesels oor COMMITMENT en eerskomende Sondag gaan ons praat oor DAPPERHEID (TO BE COURAGEOUS). Wat sê ons as ons praat oor moed (courage), dapper (brave), durf (guts) ...? Wat se verskil maak dit aan ons drome, wense, voornemens?
Baie keer skryf en praat ek oor courage met die gevolg dat mense dink ek is van nature ʼn Braveheart. Wat mense nie weet nie, is dat ook vir my is dit ʼn daaglikse proses om te KIES vir liefde bo vrees. Ek skryf (en praat) oor courage nie omdat ek nie vrees ken nie maar juis omdat ek my vrese en onsekerhede erken. To be a Braveheart takes determination, it demands respect, it asks sacrifice, it commands integrity, dedication, devotion, discipline. Dit is en bly ʼn lewensopdrag wat elke dag met optimisme en toewyding begin.
I’ve always wondered, ‘can a man still be brave if he’s afraid?’ because I thought brave was not being afraid. Vandag weet ek dat die oomblikke van bang was ook die tye wat juis gevra het vir dapperheid! Soos C. JoyBell C. dit mooi verduidelik, “Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.”
Die afgelope week se gebeure in Parys is in meer as één opsig ʼn toets vir courage and to be brave! Maar vir ander redes as wat die media en 1.5 miljoen mense in Sondag se optog in Parys gedemonstreer het. Doen jouself ʼn guns en gaan lees Annemarié van Niekerk se (dapper) artikel op Litnet vir ʼn perspektief wat ons nie almal wil herken, erken, ken nie — http://www.litnet.co.za/Article/charlie-hebdo-ek-dink-hardop
Mark Twain sê op ʼn plek, “It is curious that physical courage should be so common and moral courage so rare.” Die skryfster C. JoyBell C het ʼn skatkis vol boeke waarin sy baie keer skryf oor wat beteken, TO BE BRAVE! Boeke soos, ‘Wolves of the Sapphire Sun’ en my persoonlike gunsteling is, ‘The Sun is Snowing’ In haar nuutste boek, ‘All Things Dance Like Dragonflies’ beskryf sy die vrese wat maak dat soveel van ons drome, intensies, en ideale afspoel in die geut van teleurstelling, ontnugtering en hartseer, “I cannot be with someone who is afraid of everything, I don't have the time to soothe insecurities and fears, I cannot have someone who is standing on a stone by a creek, watching for the fish to swim by and every time (s)he sees a fish says "Oh look, this fish scares me, I wonder what this fish means, this fish might mean this, or this fish might mean that" for God's sake, they are just fish, and they don't mean anything! Such a sad thing, so many fine, strong men (women) standing on top of little stones, pointing at fish all the time! Such a waste! Such a waste of time! I can only have someone who will leap into the water, not minding the damn fish and whatever other little things that scare them. I need to have someone who is braver than me; if I am a pirate, he has to be the pirate Captain, if I am a pirate Captain he has to be the flying dragon.”
Dit is my vermoede dat 2015 die jaar gaan wees wat in meer as een opsig ons moed en dapperheid gaan toets. Dit geld vir al die verhoudinge waarin ons staan — my verhouding teenoor myself, my ewemens, my man/vrou, die kultuur, struktuur, natuur en in elke liewe opsig my verhouding met God. Ons het laas week gesê, “INTENT reveals desire; ACTION reveals commitment.” (Steve Maraboli) en dié week gaan ons gesels oor: scared is what you're feeling. BRAVE is what you're doing — en dit toelig uit die 1996 film JACK (gespeel deur Robin Williams) wat die volgende toespraak maak — “You know, as we come to the end of this phase of our life, we find ourselves trying to remember the good times and trying to forget the bad times. And we find ourselves thinking about the future. We start to worry, thinking: 'What am I gonna do? Where am I gonna be in ten years?' But I say to you: 'Hey, look at me.' Please, don't worry so much 'cause in the end none of us have very long on this earth. Life is fleeting. And if you're ever distressed, cast your eyes to the summer sky, when the stars are strung across the velvety night, and when a shooting star streaks through the blackness turning night into day. Make a wish think of me. And make your life spectacular.”
· Dapper genoeg om onvoorwaardelik lief te hê en braaf genoeg om ons needs & expectations te herevalueer.
· Dapper genoeg om ons projeksies & vooroordele teenoor ander uit te daag vir ʼn groter medemenslikheid.
· Dapper genoeg om ons persepsies & opinies oor WAT God is uit te daag vir ʼn nuwe verstaan van HOE God is.
Dit vat ʼn hart vol dapperheid en twee sterk arms moed om jou drome vir iemand te wys. Niemand van ons weet wat beteken BRAVE as net wonderlike goed met ons gebeur en ons ons sin kry nie. Elke jaar het CNN ʼn program met die naam ‘HEROES’ waar vroue en mans van oor die hele planeet erken word vir die werk wat hul doen in die opheffing van ʼn gemeenskap en/of die natuur. Vanuit duisende genomineerdes oor die hele wêreld word die top 10 in Desember na Amerika gevlieg waar een dan die geëerde toekenning ontvang. Die wenner van die 2014 toekenning was Pen Farthing — wie se NPO verdwaalde en verwaarlose honde wat deur soldate in oorlog situasies ingeneem is met mekaar verenig. Die diere word vanuit oorloggeteisterde gebiede soos Irak en Afganistan en ander areas gevlieg om ʼn huis te kry by hul mens-familie. Elke jaar sit ek met trane in my oë na die verhale van hierdie mans en vroue en luister. Keer op keer besef ek dat al hierdie HEROES het ʼn paar goed ingemeen — ja, hulle is almal dapper maar daar is ʼn nederige COMPASSION; hulle sien die GROTER PRENTJIE; en het ʼn onwrikbare liefde vir MEDEMENSLIKHEID (humanity).
Die Romeinse Filosoof, Seneca het êrens gesê, “He who is brave is free!” en dit is só waar. Dit lyk vir my ons het ʼn keuse om een van twee goed te doen — ons kan óf wag vir ons skip om in te kom óf ons kan saamstaan en ons eie skip bou en die moed hê om dapper en met durf die oseane aan te durf, nuwe lande ontdek en nie terugdeins vir die storms nie – soos Grace Murray Hopper sê, “A ship in port is safe, but that's not what ships are built for!”
Kom deel Sondag in ons CELEBRATION OF COURAGE en ons spin daardie kapel in die teenwoordigheid van God vir ʼn dans wat ons sal bemagtig om dié jaar dapper, soos HEROES, te dans!
Ons begin Donderdag 22 Januarie om 19h00 met ACIM en gaan dié jaar elke twee weke bymekaar kom. Ons Leierspan het ook gisteraand besluit dat ACIM van nou af gratis is (how about that!) en ons gaan op ʼn donasie-basis werk. Meer inligting volg binnekort.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“We have to be braver than we think we can be, because God is constantly calling us to be more than we are.” ― Madeleine L'Engle