🌺 Ons wil weer ʼn Nuusblad uitgee in die Lente. Stuur asseblief — ʼn gedagte, ʼn ervaring, ʼn boodskap, iets mooi wat jy gelees het of wat ook al aan Marguerite vóór 15 September by marguerite.moody@gmail.com 😉
Ons gesprekke gaan voort oor die vrae wat daar is by julle is. Eerskomende Sondag gaan ons ʼn paar vrae beantwoord wat ontvang is oor ‘verhale’ in die Bybel. [1] “Hoe moet ons vandag dink oor Genesis 1? Kan ʼn mens ʼn Christen wees en in evolusie glo?” [2] “Wat moet ek maak met verhale soos ‘Noag se Ark’ en ‘Jona in die vis se maag’ en hoe verduidelik ek dit vir my kinders?” [3] “Niks in die boek Openbaring maak meer sin nie. Moet ek glo wat daarin staan? Is dit die ‘eindtyd’ waarvan almal praat?”
ʼn Mens kan seker elk van hierdie vrae vat en vir ʼn jaar oor elkeen praat en steeds sal mense wonder oor die ‘wat’ en ‘hoe’ want elkeen kyk daarna deur sy/haar eie bril. ÉÉN ding is verseker — as ons verstaan kom daar uitsig en waar daar uitsig is, is daar insig! Dit was Einstein gewees wat gesê het, “Any fool can know. The point is to understand.” Of soos Mandela gesê het, “ʼn Mens moet streef om te verstaan want verstaan bring perspektief en perspektief gee konteks.” Dit is nou maar eenmaal so dat ʼn mens elke vorm van konflik, geskille, misverstand, verskil in opinies kan oplos as daar genoegsame ‘verstaan’ is van waar elkeen vandaan kom. Die lewe ÍS nie wit en swart nie! Hoe gouer ons dít leer/verstaan, hoe gouer sal ʼn reënboog sin maak.
Die meeste mense is baie naïef onkundig (ignorant) oor sekere prinsipiële waarhede van die lewe en die verskoning is altyd dat “ek glo soos ʼn kind” — nee, jy glo nie soos ʼn kind nie, jy glo kleinlik kinderagtig, omdat jy te lui is om dieselfde spirituele effort in te sit as wat jy doen met jou lyf en beursie. “Om te glo soos ʼn kind” — beteken ontvanklik, oop, kreatief, en gevoelvol. Die meeste volwassenes het nie een van die vier oor nie. Kom ons maak die deure en vensters van ons ‘verstaan’ oop om ʼn nuwe (groter) perspektief te kry oor sekere ‘verhale’ waarmee ons grootgeword het uit die Bybel, en ons hoef nie bang te wees dat as ons ‘open-minded’ is, gaan ons harsings uitval nie.
Danksy ACIM het daar by my ʼn nuwe verstaan gekom hoe ek na die wêreld en mense om my kyk. Om te besef dat elke bron van irritasie is eintlik ʼn les om myself beter te verstaan. Om te verstaan waarom ek op ʼn sekere manier voel as iets gebeur, is groter as om te probeer begryp waarom mense sekere goed doen. Maar die grootste les het gekom van my kind toe hy klein was: hy het geleer wat om met die Lego en Meccano stelle te doen deur vir my te wys hoe dit werk. Met ander woorde: the more I teach, the more I learn!
Niemand hoef bang deur die lewe te gaan nie. ʼn Mens moet net verstaan wat aangaan en hoe dit werk. Meer as ooit het dit nodig geword dat ons met minder ‘vrees’ sal lewe ... en hier is die grooste les wat 7 jaar gelede oor my pad gekom het: die vraag is nie ‘WAAROM?’ nie maar ‘DAAROM!’ — of die vrae gaan oor uitdagings by die werk of jou persoonlike lewe, of dit gaan oor siekte of besluite wat geneem moet word, vervang die ‘omdat’ met ‘sodat’ en kyk wat se verskil maak dit in die antwoorde op jou lewensvrae. Om te verstaan dat ons nie verstaan nie is die eerste en grootste stap om te neem of soos Bob Dylan sê, “Sometimes it's not enough to know what things mean, sometimes you have to know what things don't mean.”
Terug na die vrae wat ons Sondag gaan hanteer ... ek kan for-the-life-of-me nie verstaan waarom sekere volwassenes na hulself verwys as “SOEKERS” nie. Genade ons, VIND tog net iets waarvan jy oortuig is en staan vir dit. Moenie net probeer nie, doen iets aktief — lees, slaan na, vra, dink, soek-tot-jy-vind. Ons het die wêreld se biblioteek onder ons duime met GOOGLE. Toets jou oortuigings, daag jou opinies uit, maak ʼn studie van dit wat jou interesseer, rek jou horisonne, brei jou kennis uit, wees bereid om ʼn 180° draai te maak indien nodig. Enige iets solank ons nie sink in ʼn statiese moeras van selfgeregtigheid wat gebaseer is op middelmatigheid (mediocrity) en liggelowigheid (gullible) nie.
Waarom word elke ander dissipline in die wetenskap se bevindings getoets en hertoets; elke teorie of hipotese word blootgestel aan kritiese denke tot daar met bewyse sekere afleidings en aannames gemaak kan word — behalwe in die teologie? Dis die een wetenskap waar daar net blindelings ‘geglo’ moet word al staan dit lynreg teenoor al die ander wetenskap-dissiplines. Evolusie is ʼn feit soos die aarde rond is en net omdat iemand dink die aarde is plat omdat sy oë so sê, of staan op pilare omdat die Bybel so sê, maak geen duik in ons ronde planeet nie. Beteken dit dat ons Genesis 1 moet uitskeur? GLAD NIE! As ʼn mens dit lees as ʼn geloofsbelydenis (credo) — vir wat dit geskryf is in die 5de eeu voor Christus — dan VERSTAAN ʼn mens dat daar géén spanning is tussen Genesis 1 en 2 en wat die moderne wetenskap ons leer nie. En wie ʼn spanning wil skep (byname die Kreasionisme) met die plant-, dier-, menskunde verstaan gewoon nie die boublokke van die kosmos nie.
Dieselfde geld vir die verhale van Noag se Ark en Jona se Vis — albei verhale waarmee ek sterk assosieer maar nie een van die twee lees ek as histories feitlik nie. Die mitologiese/metaforiese betekenis het vandag nog relevansie as ʼn mens vir ʼn rukkie stil word en ophou om die vorm met inhoud te verwar en net luister na die onderrig van jou siel en die fluistering van jou hart. Dieselfde kan gesê word vir die boek OPENBARING — wat ons Westerlinge, met min begrip vir simbole- en metaforiese taal, probeer interpreteer om ons misverstaan van die wêreld waarin ons leef te probeer verduidelik. Daar is drie basiese lewensbeginsels: 1. Functionality 2. Adaptability 3. Sustainability — en hierdie drie word toegepas in die besigheidswêreld, gesondheidsorg, opvoedkunde, en al die ander dissiplines. Dit móét (behoort) ook in ons politieke- en regswêreld, kerklike en interpersoonlike lewe van toepassing te wees maar ons sukkel nog met dit omdat ons, wat dit aanbetref, nog om vure sit met knuppels in ʼn pre-Neandertal era. Die taal om hierdie driehoek te interpreteer, is in alle eeue, in alle kulture, vanuit elke godsdiens (byname die Christendom) dieselfde naamlik: LOVE IS ALL THERE IS!
Jy kan lag daaroor, selfs jou neus optrek, jy kan dink dis ‘kinderlik naïef’ of selfs my beskuldig van ‘idealisme’ maar ek sal tot my dood die stem wees wat jou daaraan sal herinner — LOVE IS ALL THERE IS! It is the Prime Force. It is the Essential Essence. It is the Foundational Formulation, from which has sprung every other manifestation of physicality. In die woorde van Anaïs Nin, “Do not seek the because - in love there is no because, no reason, no explanation” — waarvan elke, (en met ‘elke’ bedoel ek letterlik ‘ELKE’) menslike aksie, hetsy dit gedagtes of gevoel, besigheid of huishoudelik is, gebore word uit die energie van LIEFDE en hoe gouer ons dit vir ons kinders gaan leer hoe gouer gaan die rewolusie kom teen big-pharma, aandelebeurse en die oorlog-industrie en sal ons al ons menslike hulpbronne toewy om armoede en hongersnood uit te wis want dis ʼn feit dat waar armoede vervang word met lewenskwaliteit daal die aanwas-getalle asook misdaad.
Kom verken Sondag saam met ons die pad na VERSTAAN sodat ons ‘geloof’ sinvol sin maak. Ons hoef nie te pendel tussen wit en swart, reg en verkeer, goed of sleg nie ... daar is ʼn wêreld se kleure in die bontkleed van God se genade!
🌺 ACIM — Kolping: 14 September @ 19h30 en Stad: 18 September @ 19h30 — Lessons 41-48 (Lees asseblief hierdie 8 lesse voor die tyd)
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Try to understand men. If you understand each other you will be kind to each other. Knowing a man well never leads to hate and almost always leads to love.” ― John Steinbeck
Liturgie: 10_september_2017