17 Mei 2015

Ons leef in ʼn era van information overload ... waar die mens probeer sin maak van homself en die wêreld waarin ons leef ten midde van al die noise levels. Daar word gesê dat binne die volgende 25 jaar sal rekenaars teen dieselfde spoed as ʼn mens se brein kan werk, ons sal organe uit ons eie DNA kan groei en alle ‘kontant’ sal verdwyn terwyl 8 biljoen mense via die World Wide Web elke vorm van kommunikasie sal bemeester – van transaksies tot kontrakte, van gesondheidsorg tot die tyd wat jou oond by die huis moet aangaan. Dit laat die vraag — sal ons meer wysheid sal hê; sal daar meer liefde en minder konflik; meer vrede en minder geweld; meer toleransie en minder fundamentalisme wees? Want, ten spyte van alles wat ons vandag weet en verstaan, bly die mens se siel honger en dors na die vrugte wat ons siel, hart, gedagtes sal voed — liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid, en selfbeheersing. Ons wil dit nie net hoor nie maar in ons handel en wandel ervaar.
Jim Carey het eenmaal gesê, “I hope everybody could get rich and famous and will have everything they ever dreamed of, so they will know that it's not the answer.” Ons sou kon dink dat dit maklik vir hom is om te sê as ons net aan die materiële dink maar in essensie probeer hy sê dat onder andere WYSHEID nie afhang van wat ons besit en wat ander van ons dink nie maar dat WYSHEID gevind word in ons wese (beingness) waar ons met waarheid en eerlikheid omgaan met onsself sodat ons die beste weergawe van onsself kan word (becoming) en ons ewemens herinner aan die beste van sy/haar potensiaal. In ʼn onderhoud met Carey op ‘The Actors Studio’ is daar vir hom gevra waarom hy die verhoog verkies bo film en sy antwoord was, “... it's the last place we'll be able to tell the truth.
Daar word gesê dat ons eerstens met intensies kommunikeer en dan met gedagtes, daarna met gebare en pas daarna met woorde want sien, betekenis het woorde en nie andersom nie. Wanneer is daar kommunikasie? Wanneer iemand jou hoor! Hoe ironies dat ons ten spyte van alle die middele tot ons beskikking om te kommunikeer, was daar nog nooit in die mens se geskiedenis soveel misverstand nie. Laat my dink aan die Jakkals wat vir die Klein Prinsie sê, “... woorde is die begin van alle misverstand.” Miskien is dit omdat ons deesdae meer op skerms praat as waar ons iemand se oë sien. In die maand waarin ons praat oor WYSHEID gaan ons eerskomende Sondag oor nog ʼn pilaar van wysheid gesels, naamlik – SPIRITUELE KOMMUNIKASIEWoorde gee inhoud want woorde sê wat in jou hart aangaan — wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Maar woorde verwoord wel betekenis, “Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe.” (Spreuke 18:20) en niks hiervan is moontlik as ons nie gaan leer om te luister nie. WISDOM is the reward you get for listening! People hear us talk but they don't listen because we reply with thumbs on screens and see a profile picture and do not hear their voice.

Jakobus 1:19 sê, “Dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te goud kwaad word nie.” — het jy al gelet op wat ons sê as ons kwaad is, hoe ons woorde iemand verslind en verneder wanneer ons in ʼn konfrontasie is? En deesdae baklei mense mos ook op ‘skerms’ as daar ʼn argument of verskil is asof die skerm ʼn mens afstand gee oor die goed wat ons kwytraak sonder om te bereken hoe dit kwets. Helaas is dit nie die konflik wat ons verhouding vernietig nie maar die woorde wat ons gebruik as ons kwaad, teleurgesteld, verontreg en verneder voel. Marianne Williamson verwoord dit mooi in haar boek, Everyday Grace - “Our spiritual challenge in any situation is first to recognize a person’s love and innocence, and then speak from that perspective. For it is not our disagreements that wound; it’s our criticism, attack and blame that wound. Until we know we’re solidly on loving ground — past the temptation to even subtly blame — we had best be very careful with what we say and how we say it. Some words cut, while others heal …”
Kom ons verken eerskomende Sondag verskillende maniere om beter te kommunikeer want die woorde wat ons gebruik in ons kommunikasie is ʼn spieël (refleksie) van ons wysheid. Of dit by jou werk of in jou huwelik, tussen vriende of familie is, goeie kommunikasie kweek begrip en waar ons ‘verstaan’, kan ons ons verskille oplos, word vertroue en respek gevestig wat ons wysheid voed. Ons mag dalk voel ons is goeie kommunikeerders en die beginsels van kommunikasie verstaan maar ons weet hoe dikwels ons misverstaan word in wat ons regtig bedoel of hoe seergemaak ons voel omdat ons een ding hoor en nie regtig luister wat iemand sê nie. WYSHEID gee vir ons ʼn versigtige tong en sensitiewe ore om mee te kommunikeer.
Hier is ʼn paar goed waaroor ons Sondag gaan gesels — (1) Soos reeds genoem, is daar eers intensies, dan gedagtes, dan gebare, en dán woorde. Kommunikasie begin met intensies en daarvoor het ons ʼn balans nodig tussen ons intellektuele, emosionele, en spirituele wysheid. (2) Ons hou nie een enkele oomblik op met dink nie en die gedagtes is gelaai met ʼn enorme hoeveelheid woorde. As ons vir ʼn dag lank al ons gedagtes opneem om dit teen die aand terug te speel, sal die meeste van ons seker voel dat ons gesertifiseer in ʼn inrigting hoort. Kom ons word ʼn klein bietjie meer sensitief met ons gedagtes wat ons die hele tyd entertain(3) Let op jou gebaretaal asook jou lyftaal want dit sê meer as die woorde wat ons gebruik. (4) Leer om te luister, werklik te luister en nie net te hoor wat iemand sê nie, en wanneer jy iets (moet) sê, maak seker daardie persoon begryp en verstaan wat jy probeer sê. (5) Die meeste mense kan net óf oor hulself, óf oor ander mense praat. Ons het die kuns van stories vertel, verloor. Ons belangstellingsveld het ten spyte van al die informasie om ons, gekrimp tot ʼn klein dampkring om ons eie bestaan. Stel belang in iemand anders se verhaal. Moenie oordeel nie. Los opinies en voorveronderstelling (assumptions) by jou pantoffels onder die bed en luister met ʼn oop gemoed. (6) In konflik moet ons uiters versigtig wees met ons aanvalle en ontkenning, verwyte en afbreek van iemand se menswaardigheid. Dit gaan nie net oor wat jy sê nie maar veral hoe jy dit sê. Wees taktvol en sensitief, beskeie en versigtig met die meslem van jou tong. (7) Neem verantwoordelikheid vir alle vorme van kommunikasie, veral vir die hoorder en onthou die Goue Reël — doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.
Dalk is dit meer as genoeg woorde vir vandag ... om die waarheid te sê, miskien lê daar meer insig (waarheid) en uitsig (wysheid) in stilte as om iets te moet sê net omdat stiltes ons ongemaklik maak.

Sien uit na ʼn heerlike gesprek in ons Wysheidsirkel oor die Spirituele Wysheid van KOMMUNIKASIE.

ACIM: Kolping — 7 Mei 19h00. Stad 18 Mei 19h30 — Chapter 13: The Guiltless World — Section VII ‘Attainment of the Real World’ & Section VIII ‘From Perception to Knowledge’
GESKIEDENIS VAN DIE BYBEL: Kolping — 30 Mei 10h00-13h00: Ou Testament // — 6 Junie 10h00-13h00 — Nuwe Testament 

Besoek ons Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651?fref=ts

Gedagte vir die Week:
“When you talk you are only repeating what you know; but when you listen, you may learn something new” — Dalai Lama

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights