Hierdie week se liturgie: 17_maart_2013
Met die eerste swart rook uit die koorsteen van die Sistine Chapel is daar ʼn oorwoë begeerte om nog in my leeftyd te sien dat tussen al die (ou) mans met hul rooi rokke sal daar vroue wees wat deelneem aan die verkiesing van iemand wat die kerk kan lei van obsession na compassion. Alhoewel die misterie van die Goddelike my telkens weer oorrompel, is daar nie ʼn geheimsinnigheid wat net ʼn uitgekose minderheid mag weet nie. Nieteenstaande my eie foute en twyfel in ons mensdom, weet ek met my hele hart dat daar ʼn liefde deur ons vloei wat nie van ons is nie. Ten spyte van wat die Bybel sê of wat die kerk my geleer het, weet ek dat die realiteit van ʼn hoër/dieper betekenis van Lewe net geken en ervaar kan vanuit ʼn persoonlike verhouding met dit wat ons beskryf as ‘God’ --
Ons ken die verhaal van Jesus se kruisiging, trouens dit is van kleinsaf in ons geheue gekerf. Ons sien ʼn kruis en weet opslag dit staan vir die Christendom. My vraag is: staan dié simbool in die lig van Lewe, of hou ons steeds krampagtig vas aan ʼn feitlike beriggewing of as liturgiese literatuur? Vra vir enige Christen: waarom het Jesus gesterf, en die antwoord kom sonder om te skroom — “Vir ons sonde.” As jy vra, waar lees jy dit, kan niemand vir jou sê nie. Het Jesus dit gesê? Staan dit enige plek in die Evangelies? Die antwoord is, nee dit doen nie! Ons het deur die loop van eeue ons eie betekenis van die kruis in die Bybel ingelees om ons ‘storie’ (his+story) te pas. Ons het iets met ʼn ryk spirituele betekenis gesplinter tot die religie van hout, spykers, doringkroon en spies in die sy. Lewensmoeg herdenk ons die lyding en sterwe van Jesus elke jaar. Elke jaar kruisig ons hom sodat hy weer moet opstaan, en hoe groter sy lyding, hoe groter ons verlossing. Intussen staan die kruis as ʼn simbool van LEWE. Dit staan as ʼn simbool van ʼn dwarsbalk wat ons lewe van geboorte tot sterwe voorstel en ʼn horisontale balk wat die ewigheid van Lewe en Liefde simboliseer en waar die twee mekaar ontmoet, is waar jy en ek nóú op hierdie oomblik staan of sit. Where infinity meets our mortality we stand in the eternal now †
Die skrywer van 1 Korintiërs 15:3 lê dié woorde in die mond van Paulus “Christus het vir ons sondes gesterf” — en dit is die enigste plek in al die Paulus briewe wat melding maak hiervan. Nêrens verder, enige verwysing hoe en hoekom die kruisiging plaasgevind het nie. Kon Paulus nie die verhaal onthou nie, of is dit moontlik dat die verhaal (narratief) nog nie sy plek gevind het tot Paulus se verkondiging (teaching) nie? Ons weet dat die briewe van Paulus baie ouer is as die Evangelies. Die oudste van die Evangelies is die boek wat opgedra is aan Markus waar ons in Markus 14:50 lees: “Toe het AL sy dissipels hom in die steek gelaat en weggehardloop.” ALMAL, nie net sommiges nie, maar AL sy dissipels! Wie was dan die ooggetuies van alles wat gebeur het; alles wat Jesus aan die Jode gesê het asook Pontius; alles wat Jesus aan die kruis gesê het en hoe dit presies gebeur het as nie een van die dissipels daar was nie? Is dit moontlik dat ʼn historiese herinnering nie feitlik is nie maar ʼn liturgiese interpretasie van WIE dit was wat gesterf het en wat sy dood vir sy volgelinge beteken?
Markus skryf die verhaal nie met die geheue van ooggetuies nie maar vanuit die Geskrifte van die Jode en spesifiek Psalm 22 en Jesaja 53. Die ooreenkomste is merkwaardig wat begin met die eerste vers uit Psalm 22 “My God, my God, waarom het jy my verlaat?” wat in Markus die uitroep van verlating word (M15:34). Die omstanders wat met Jesus die spot dryf (M15:29,30) uit Psalm 22:14. Jesus se dors (M15:23,36) uit Psalm 22:15. Sy hande en voete wat deurboor word (M15:25) uit Psalm 22:16. Die soldate wat sy klere verdeel (M15:24) uit Psalm 22:18. Die ander ooreenkomste kan jyself naslaan. Markus se afhangendheid van Jesaja 53 is ewe opmerklik. Wat vir ons ʼn letterlike weergawe geword het, is niks meer as ʼn tweede generasie ná Jesus se interpretasie van ʼn messias-verwagting soos beskryf uit die Joodse Geskrifte nie.
Baie Christene glo dat die skrywers van Psalms asook Jesaja se woorde was ʼn profesie oor Jesus. Daar is nie ʼn enkele Ou en Nuwe Testamentikus wat met gesag skryf en publiseer wat die Nuwe Testament sal gebruik om die Ou Testament te verklaar nie. Die skrywers van Psalm 22 asook Jesaja 53 gaan oor ʼn volk se vervreemding van God terwyl die Markus-vervulling van die Jesus Messias gaan oor ʼn volk wat gevind is deur God en dit moes vergestalting kry in die erediens (liturgie). Letterlik: act-it-out! Dieselfde HOOP wat die skrywers van Psalm 22 en Jesaja 53 vir die mense van hul tyd moes gee wat God se liefde verloën en vergeet het, was dieselfde HOOP wat die evangelieskrywers aan die Christene moes gee wat onder vervolging was en met verlange uitgesien het dat Jesus weer sou kom. Hy het afterall belowe (Matt 24:34) dat “nog in die leeftyd van sy geslag sal dit gebeur” ... die krisis (separation) van die kerk was om te volhard in hierdie HOOP! Sondag verken ons hierdie HOOP wat elke dag, elke oomblik in ʼn duisend stemme op ʼn duisend plekke weer-en-weer na ons toe kom.
Kom ons kyk na die bekende è 1 Korintiërs 13 ç as die landkaart vir elke kruispad --
† DIE BETEKENIS VAN DIE KRUIS VIR VANDAG
Dit is ʼn herinnering van GELOOF — die brug tussen gister en môre!
Dit is ʼn gelykenis van HOOP — dood is nie dood nie: lewe is ewig!
Dit is ʼn simbool van LIEFDE — jóú lewe en dié Lewe is ʼn naelstring!
“Geloof, Hoop en Liefde, hierdie drie en die grootste van hiervan is die Liefde” (1 Kor 13:13)
Ons sal dit weet as ons dit ervaar — laas Sondag was ʼn A Celebration of Light, en eerskomende Sondag is Celebration of Life — kom ervaar dit sodat jy sal weet waarvan jy getuig!
ACIM vanaand (13/3/2013) in Stad: (Chapter 31: The Final Vision. Section VII: The Saviour’s Vision p662) en môreaand by Kolping lees ons: LESSON 195 and 196.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
Man’s inhumanity to man makes countless thousands mourn. (Robert Burns)