Ons gesels dié maand oor
— THE ART OF CELEBRATION -- en eerskomende Sondag gaan ons gesels oor
DANKBAARHEID! Ons het laas week begin en gevra of ons enigsins nog weet waaroor Kersfees gaan? Ons ken die storie, maar die invloed is lankal vergete. Wonder ek waar het
CHRISTmas ʼn
KERSfees geword? Vir ons in die Suidelike Halfrond is Kersfees altyd somervakansie, maar selde
Christmas. Meer nog: Kersfees is nie ʼn datum nie,
it’s a state of mind. Dit is ʼn gesindheid van liefdevolle en vredeliewende toegeneentheid teenoor almal wat vir my ʼn naaste is. Wie nie Kersfees in die hart het nie sal dit nooit onder ʼn boom of tussen voor- en hoofgereg vind nie. Wie nie ten diepste geraak word in die betekenis en inhoud van Jesus nie, sal die seisoen van (weder)geboorte geheel en al mis want Kersfees gaan oor die viering van ons geboorte as seuns/dogters van God ... dit gaan oor: voed die wat honger is; klee die wat nakend is; vergewe hulle wat skuldig is; verwelkom die onwelkomes; versorg die siekes;
love your enemies, and do unto other as you would have done unto you.
Chesterton som dit mooi op,
“Christmas is built upon a beautiful and intentional paradox; that the birth of the homeless should be celebrated in every home.” Inderdaad, ʼn tyd waar ons ons herberg oopmaak vir ʼn vreemdeling; geskenke gee omdat ons koningskinders is; die ster volg wat ons bring na die plek waar ons moet wees; en saam met die herders luister na die hemelse loflied wat sing oor die God wat sigbaar word in ons liefde, vreugde, en vrede!
Ja, Kersfees gaan oor iets ekstra doen vir ons naaste, en ʼn klein bietjie meer moeite en verdraagsaamheid met ons geliefdes. Dis ʼn seisoen van gee en omgee! En dis reg so. Maar ek stap verby ʼn enorme kersfeesboom in ʼn winkelsentrum met seker 50 bokse onder dit toegedraai in blink papier en strikkies. Ek vra vir die sekuriteitsbeampte of hy weet wat se persente is in die bokse ...
“Nei meneer, dis net virrie show!” kom sy antwoord en net daar besef ek hoe leeg is dié feesgety as dit gaan oor
“Krismis, net virrie show!” Hoe betekenisloos is Advent as die waentjies se wiele kromtrek onder die berg van buitensporigheid, en die kersfeesliggies flikker oor die stapel geskenke,
like offerings to the great goddess of excess! Of soos William Watterson sê,
“Oh look, yet another Christmas TV special! How touching to have the meaning of Christmas brought to us by coke cola, fast food, and beer.... Who'd have ever guessed that product consumption, popular entertainment, and spirituality would mix so harmoniously?”
🎀 Mag ons dié Kersfees ons geskenke oopmaak met die hartlike seëngroet wat onthou: Die
Alwetende Lewereflekteer in die son en maan en sterre maar ook in elke sel en weefsel van my liggaam. Die
Alomteenwoordige Liginspireer elke gedagte en gevoel wat ek het soos riviere en fonteine in berge, en beddings vol blomme en vrugte. Die
Almagtige Liefde harmoniseer tyd in ewigheid en elke spasie verdamp in die wete,
“Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” (Romeine 8:38-39)
Kom ons verken Sondag die rol en invloed van dié heilige drie-eenheid:
gratitude, thankfulness, and appreciation!Kom ons draai DÍT toe onder ons Kersfeesboom en dan dek ons ons tafels met DIÉ voor-, hoof- en nagereg ... en so maak ons seker dat dankbaarheid, erkentlikheid, en waardering nie net ʼn dag hou nie maar vir die volgende 365 dae. Kom ons gesels oor die 1440 minute per dag waarin ons dankie sê as ons wakker word — vir die geleentheid van nog ʼn dag om op te daag in die beste en mooiste van wie ek is. Dankie te sê vir die werk wat ek het — omdat dit ʼn ruimte bied om ʼn bydrae te maak. Dankie sê vir my siekte — want daarsonder sou ek nie die liefde en deernis van vriende en familie ervaar het nie. Dankie sê vir die teëspoed en teleurstelling van die laaste jaar — want dit het die gesindheid van
BITTER geskuif na
BETTER ... van
WORRIER na
WARRIOR. Dankie sê vir die oorvloed waarin ons leef — vir elke dans in ekstase, vir elke skaterlag van plesier, vir elke gebaar van erbarming, vir elke herinnering hoe Liefde in en deur ons vloei. Dankie sê dat ons soms verdwaal — want as dit nie vir die dwaalweg was nie, was ons nie nou hier nie. Dankie sê vir ons twyfel en onsekerheid — want dit bring my op ʼn plek waar ek vir myself moet uitmaak wat ek glo en hoekom glo ek wat ek glo.
Bring jou
“DANKIE-SÊ-GESKENKE” Sondag saam want miskien,
just maybe, is Kersfees die enigste tyd van die jaar waarin ons dankie kan sê vir ELKE ervaring die afgelope jaar — die goed én sleg, die soet én suur wat bygedra het om gedagtes te transformeer in ʼn siel.Be mindful. Be grateful. Be the Christmas you desire in order to become the celebration you long for.
🎉 ONTHOU: ons het 25 Desember ons gebruiklike dank-en-toewyding erediens — en wel om 9am ...
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Gratitude makes sense of our past, brings peace for today, and creates a vision for tomorrow.” — Melody Beattie