17 Augustus 2014

Hierdie week se liturgie: 17_augustus_2014

[Opgedra aan Robin Williams vir die vuur wat hy laat brand het met die kole van die karakters wat hy vertolk het ... R.I.P oh Captain my Captain!] 
Eendag lank, lank gelede was daar vuur, en die vuur was daar lank voor die water en uit die water is die mens gebore — die mens wat die vuur in hom dra! In die klassieke Hebreeus, het jou naam iets gesê van jou verhouding met God. Name was ʼn herinnering van jou naelstring met die Skepper. Die Hebreërs het woorde verstaan as die kreatiewe vuur van God. Elke asemteug is nie net die woord wat vlees word nie maar vuur wat vlees word. Die Hebreeuse woord vir “being” is yesh – of om te sê “to have substance” is letterlik “flame-breathed”. Die woord vir “vuur” is esh, en was geënt in die woord vir “being” en in dieselfde asem in “being human”. As jy vir ʼn Rabbi sou vra, “waarom is die woord vir ‘vrou’, ishah?” sal hy antwoord, “omdat sy vuur (esh) is” .... waarom is die woord vir ‘man’, ish, “want ook hy is vuur (esh)” ... en wanneer die woord vir ‘man’ en ‘vrou’ bymekaarkom, word ʼn nuwe woord gevorm as simbool van hulle ‘eenheid’ en daardie woord is yah wat verwys na Yahweh, die Naam van God.
Ons tema vir Augustus is — ‘DIE GESKENK VAN HERLEWING’ — (THE GIFT OF REBIRTH) en ons het reeds gesels, THE GIFT OF LIGHTen THE GIFT OF WATER en eerskomende Sondag gaan ons gesels oor — THE GIFT OF FIRE AS LIFE.
Sedert die mens vuur ontdek het, of sal ons eerder sê ‘getem’ het (± 500 000 tot ʼn miljoen jaar gelede) was daar ʼn magiese verwondering oor vuur. Dit was die subjek én objek van aanbidding wat nie net deur die gode geskenk is nie maar die gode verteenwoordig. Vuur is gebruik vir menige doele — om lig en hitte te verskaf; as bakens vir hulle wat ver van die kamp is en vir beskerming; om te kook en gereedskap van te maak; om klei te bak vir potte ... dit was ook die middelpunt van sosiale byeenkomste waar stories vertel en heilige rituele beoefen is.
Die meeste antieke godsdienste gebruik lig en vuur om die teenwoordigheid van God te simboliseer miskien omrede lig, soos God, nie gesien kan word nie maar ons sien alles omdat lig daar/hier is, en miskien omrede vuur die energie ontsluit in ʼn stuk hout of kool net soos God die potensiaal van liefhê en goedheid, vrede en vreugde in die mense vrystel. Die brandende bos sou vir Moses die vuur in sy hart word wat hom sou lei om te gaan doen wat hy móét doen. Hy kon kies of die vuur hom gaan verteer en of die vuur hom gaan versterk, hy het gekies om die vuur te wees wat sy dae sou verlig en wat sou brand soos ʼn fakkel in sy nagte. “Fire can destroy or purify, strengthen or weaken, all depending on the nature of the material being burned. Pain has the same effects on the human soul, and for the same reasons.” skryf Lance Conrad.
Vra jouself wanneer jy voel jy nie meer so na aan God is soos jy altyd was nie, “Wie het geskuif?” Die oomblik as jy dít eerlik antwoord, sal jy onthou dat God nooit weg was nie en vir ʼn oomblik sluit ons ons oë en sê, “U is hier en hier is ek!” en soos met die profeet Jesaja word sy woorde ons belydenis, “Een van die serafs het toe ’n gloeiende kool met ’n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg. Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.” Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” (Jesaja 6:6-8)
Wie kan dieselfde wees as die vuur van God se liefde in ons harte brand en vonk op ons lippe? Waarmee sal ons dit kan vergelyk? Miskien soos die vuur tussen twee bemindes wat Testy McTesterson besing in sy gedig --

I am always reborn in her eyes.
I think that's what love is:
tasting your rebirth over and
over and over every single day
like the sun when it explodes
with fire from the sea.

Miskien beteken ‘REBORN’ om te leer ‘LET GO’ — nie aan die vuur nie, maar die wanhopige pogings wat ons aanwend om die vuur te blus en die vlam te smoor uit vrees dat dit ons gaan brand. Ons praat so baie oor ‘LET GO’ asof dit maklik is, miskien beteken dit eerder om ons gebalde vuis se vingers een vir een oop te maak tot my handpalm oop en ontvanklik is om die geskenk van ‘nuwe lewe’ te ontvang. Daarin het ons mekaar nodig soos Laura Esquival dit mooi beskryf in haar boek Like Water for Chocolate’ — “[...] each of us is born with a box of matches inside us but we can't strike them all by ourselves” — kom ons vat al hierdie gedagtes en pak Sondag ʼn paar stompe vir ʼn vuur wat sê, “When I am reborn, I am on fire!” --
              (1)   Vuur louter en verander; (2) Vuur reinig en vernuwe; (3) Vuur verlig en versoen.
Elke dag, elke oomblik word verteer deur gedagtes wat ons vuur blus en hoeveel keer per dag laat ons toe dat ander ons pit knip en ons vlam doof, maar dan vind die Vuur weer ons harte soos een van my gunsteling skrywers, Haruki Murakami, dit beskryf in sy briljante boek, Kafka on the Shore — “There are just too many things we have to think about every day, too many new things we have to learn. But still, no matter how much time passes, no matter what takes place in the interim, there are some things we can never assign to oblivion, memories we can never rub away. They remain with us forever, like a touchstone.” So word ons ‘opnuut gebore’ om die klein ligspatsels te voel wat lewe gee aan die vonke van die onblusbare vuur van liefhê soos Murakami dit verlig, “We each have a special something we can get only at a special time of our life. like a small flame. A careful, fortunate few cherish that flame, nurture it, hold it as a torch to light their way.” 
En so herinner THE GIFT OF FIRE ons — “… since we receive a kingdom which cannot be shaken, let us show gratitude, by which we may offer to God an acceptable service with reverence and awe; for our God is a consuming fire.” (Heb 12:28-29)
Kom ons dans Sondag ons dans van ʼn Celebration of Rebirth en dan sing ons — “Goodbye darkness of the mind, well hallo fire of love, light, and life from my heart”
>>>> ACIM — Donderdagaand om 19h00 by Kolping: Lessons 6 - 10 in Workbook for Students [agter in ACIM boek] 

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“If I burn a candle, it means not only giving me light. It means to show me the fire which I have inside.” ― Gaurav Sharma 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights