17 April 2016

Vir baie mense is Herfs ʼn tyd van ontwrigting — interpersoonlike verhoudings verloor hul blare en die dae raak korter om deur die werkslading te kom. Met stremming en teensinnigheid word daar vasgehou aan die mooi herinneringe van die afgelope seisoen terwyl ons vermoeid die wintergoed uitpak asof die mens nie reg is om te laat los aan die Somer nie. Vir my is daar iets magies aan die verandering van Herfs. Miskien omdat ek so lief is vir Winter ... ek hou van knus aantrek en van reën, die vroeë oggende mis en die winterlig van die Kaap, die groen koring en geel canola velde, bredies en vars brood met sop en port. Maar Herfs, Herfs dra meer goud as enige ander seisoen.

Elke seisoen het sy bekoring. Die een weeg nie teen die ander nie. Daar is geen spanning en geen paradoks om die waarheid te sê, die een komplimenteer die ander. Dit is in perfekte balans en harmonie al sou die versengende hitte van die afgelope Somer ons land in ʼn droogte wurg, kan ons met sekerheid weet na die Somer kom die Herfs ... daar is iets deurdringend nostalgies aan dié seisoen, asof ons diepste gevoelens aandoenlik verkleur saam met die blare en ʼn stil melancholie sy vrede vind waar lewe en natuur harmoniseer. Soms het ek al gedink dat elke seisoen het so spesifieke doel maar Herfs is gemaak, just for the beauty of it — al val die nagte vroeër uit die hemel in dié jaargety. Laat my dink aan die gedig van N. P. Van Wyk Louw, My Venster is ʼn Blanke Vlak --
dat hierdie siel deursigtig word
in vreemde voorgevoelde lig,
tot kring bo kring opglans en straal
in eindelose vergesig;
dat wat ek nog verlore waan,
o my verlore dae in my,
in hierdie stille skemering
hul vorming en gestalte kry

Siende dat ons oor GELYKENISSE gesels dié maand, kom ek vertel vir jou ʼn storie — Daar was eenmaal ʼn wyse vrou wat op reis was en toe sy by ʼn bergstroom water skep, sien sy ʼn diamant in die water weerkaats. Sy sit dit in haar sak en kort-kort haal sy dit uit om na te kyk omdat sy nog nooit iets só mooi gesien het nie. ʼn Dag later loop sy reisiger raak wat vra of sy nie iets het om te eet nie want hy is honger. Sy maak haar sak oop en gee vir hom van haar kos. Hy sien die diamant en vra of sy dit nie vir hom sal gee nie. Sonder om te aarsel haal sy dit uit en gee dit vir hom. Met ʼn huppel in sy stap is hy daar weg wetende dat die enkele klippie is die oplossing vir al sy finansiële probleme maar ʼn paar dae later gaan soek hy die vrou op om die diamant vir haar terug te gee. “Ek het gedink” sê hy, “ek weet hoe kosbaar hierdie diamant is maar het gewonder of jy nie iets vir my wil gee wat nog meer kosbaar as dit is nie?” Die vrou glimlag verleë en vra wat dit is wat hy graag sal wil hê toe hy antwoord, “Gee vir my dit wat jou instaatstel om die diamant weg te gee sonder om enige iets terug te verwag!”

Die gelykenis van ‘DIE PÊREL VAN ONSKATBARE WAARDE’ is metafoor wat Jesus gebruik om te rykdom van die Koninkryk van God te illustreer. Wat is hierdie ‘rykdom’ en wat se verskil maak dit in ʼn wêreld wat sterf aan intellektuele geweld, emosionele armoede, finansiële uitbuiting, en spirituele hongersnood? Waarom dink ons steeds dat die Koninkryk van God is ʼn plek (hemel) wat deur ʼn bepaalde instansie (kerk) tot ons beskikking gestel word mits ons die prys (skuldgevoel en vrees) betaal ...? Hoe lank nog voor die skille van ons oë val om te besef dat die ‘Koninkryk’ waarvan Jesus praat, word gevind in ons geestesdenke — consciousness, awareness, presence, awakening, rebirth — wat die vyf pilare is waarop die ‘Koninkryk’ gebou is onder die dak van ons bewustheid (mindfulness) in die huis waarna Christus verwys as “My Vader se woning het baie kamers” (Joh 14:2). Vir ons as Christene is Jesus die deur en vensters van “Die weg, die waarheid, en die lewe” (Joh 14:6) wat INKLUSIEF is en nie uitsluit soos wat baie dit graag aanhaal nie. Daar staan nie ons gaan saam hom na die Vader nie maar DEUR hom. Daarin lê die sleutel van die Koninkryk.

Matteus ryg vyf gelykenisse namekaar om die beeld van die Koninkryk te illustreer en ons kan hierdie vyf eerskomende Sondag weef in ons tema: LONGING FOR BELONGING — KNOWN BY GOD. Die gelykenis van die saaier, die mosterdsaad, suurdeeg, pêrel, en dan die nette wat alle soorte visse vang. Net soos Genesis 1 van laas week INKLUSIEF is en nie die wetenskap uitsluit nie, nét so sluit die Koninkryk alles en almal in — ons wéét dit ... ons weet nie dat ons weet nie, omdat ons nie weet wie ons is nie. Ons is in die seisoen van die liturgiese jaar wat bekendstaan as die 50 heilige dae tussen Paassondag en Pinkstersondag. Elke seisoen het sy tyd. Elke seisoen bring haar eie vrugbaarheid. Kom vier dit Sondag saam met ons in die woorde van Giovanna Fletcher — “I love the arrival of a new season — each one bringing with it its own emotion: spring is full of hope; summer is freedom; autumn is a colourful release, and winter brings an enchanting peace. It's hard to pick which one I enjoy the most — each time the new one arrives, I remember its beauty and forget the previous one whose qualities have started to dim.”

Saterdagaand 16 April 2016 het Neo-Spektrum die hele galery van Barnyard in Durbanville bepreek en saam gaan ons na die Las Vegas Show kyk met musiek van Celine Dion, Cher, Diana Ross, Tom Jones, ZZ Top, Santana, Elvis Presley, Elton John, en Michael Bublé om net ʼn paar te noem. Kry jou kaartjies by Else-Helene elseloubser@mweb.co.za of 083.270.94.03 en dis R150pp en bespreek sommer vir jou en vriende en bring kinders saam — hulle het gewoonlik ʼn heerlike tyd van dans en saam sing. Op so manier breek ons die gewoonte van ʼn stom-dom April wat nóg somer nóg winter is en ons doen iets ten bate van Neo-Spektrum.

ACIM — 18 April in die STAD 19h30 en 14 April by Kolping 19h00 — Chapter 11: GOD OR THE EGO — From Darkness to Light
Besoek ons webblad www.neo-spektrum.com waar jy ook elke vorige week se gesprek en liturgie kan aflaai onder TEMA ARGIEF. Daar is ook ʼn kaart hoe om by ons uit te kom 10h00 Sondae by Kolping Sentrum, Biccard Straat, Durbanville.

Gedagte vir die Week:
“As the season changes, we (again) learn to adapt.” ― Lailah Gifty Akita, Pearls of Wisdom

Neo-Spektrum se SNAPSCAN
Maak jou bydrae tot die werk
wat ons doen en die projekte
waarmee ons besig is. Giving
transforms having into being.
Ons sê by voorbaat dankie 💐

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights