16 Julie 2017

🌺 Omrede komende naweek my verjaarsdag is, nooi ek almal om Sondag na die diens saam te ‘koek en tee’ om dankie te sĂȘ op Ɖ gepaste manier. Sal lekker wees om jul daar te sien!

Ons tema die maand gaan oor — VERSNELLERS VAN BEWUSSYN -- en het afgeskop met Ɖ gesprek oor INTUÏSIE(die stem van die siel), daaruit vloei INTENSIE (die stem van die hart), en uit intensie vloei INSPIRASIE (die stem van die gees).

Elke dag hengel ek vir inspirasie. Dit kom in Ɖ duisend vorme op Ɖ duisend maniere — die eerste lig oor die Hottentots-Holland berge deur die kombuisvenster, die stiltetyd voor die dag begin, die boek(e) wat ek lees, Ɖ YouTube video, Ɖ kiekie op Instagram, die Big-Issue-Verkopers in Buitengracht straat, Ɖ gesprek met Ɖ vriend, die hartlike druk van my seun voor hy vertrek na sy vakansiewerk ... en dit alles was nog voor diĂ© epos gestuur is. Wie weet wat die res van die dag inhou?

Inspirasie beteken letterlik: IN-SPIRIT. Moenie ‘inspirasie’ verwar met ‘motivering’ nie ... laasgenoemde kom van buite terwyl inspirasie Ɖ energie is wat van binne kom. Inspirasie is Ɖ ‘state of mind’ waar Ɖ mens gestimuleer voel om iets te doen. Al jou fisiese en spirituele sintuie is swanger aan die potensiaal van iets ontvang, integreer, en weergee. Inspirasie is Ɖ fokus wat met entoesiasme Ɖ taak aanpak en deursien. Kyk om jou — elke ding wat jy sien was ĂȘrens deur iemand geĂŻnspireer. Argitektuur, Ɖ boek – in skryf en druk daarvan, Ɖ skildery, musiek – in die sing en opneem daarvan, Ɖ muntstuk, selfoon, rekenaar, persiese mat, parfuum, en selfs die klere wat ek aan het ... en dis alles net in my onmiddellike sirkel. Inspirasie is daardie ‘krag’ wat die intellek en emosies beĂŻnvloed en beweeg om die note te speel wat gekomponeer is deur die Dirigent van die GROOT simfonie.

As die inspirasie kom, skryf ek. Met Ɖ totale ‘peace of mind’ wat konsentreer op net dit waarmee ek besig is gee die een woord geboorte aan Ɖ ander en elke idee baar Ɖ tweeling. Wanneer die inspirasie kom, is dit werklik Ɖ geval van “nothing else matters” — daarin lĂȘ my rustigheid, my sereniteit ... my ontdek, ontgin, en onthou. “When you are inspired 
 dormant forces, faculties, and talents become alive, and you discover yourself to be a greater person by far than you ever dreamed yourself to be.” het Patanjali gesĂȘ.

Die wĂȘreld waarin ons leef, voel toenemend meer onseker en onveilig. Ons wil tog deur die lewe navigeer met Ɖ mate van sekerheid en beheer. Ons wil Ɖ stukkie gemoedsrus en vrede hĂȘ oor die besluite wat ons maak, met een of ander waarborg dat als okay sal wees. Die vraag is: waarheen gaan ons vir ons inspirasie, of sorg ons dat ons só besig is dat daar nie tyd is vir dink aan die goed wat ons inspireer nie? NĂłg stimuli van buite, nĂłg Ɖ afspraak, nĂłg eers iets doen, net nog dit of dat afhandel DÁN sal ons dink wat dit beteken om IN-SPIRIT te leef! Maak geen fout nie — ek glo ook daarin om ten minste een ding elke dag vir die eerste keer in my lewe te doen, maar ek doen daai ding sodat dit my binnekant raak en wanneer niks meer sin maak nie dan klim ek in my kar en ry na Misty Cliffs en ek is skaars daar en als wat druk en ruk val om my weg. Al wat ek moet doen, is om op te daag en Inspirasie sal my vind!

    • Ons het almal so Magical Place nodig — miskien is dit Ɖ hoek in jou huis, dalk Ɖ museum, Ɖ plek met Ɖ uitsig oor die berge of die stad, Ɖ voetpad, of dalk net Ɖ klip langs die see. Hoe meer die onsekerheid en onveilig op ons toesak, hoe meer het ons nodig om na ons ‘altaar’ te gaan — to feel subtle energies of inspiration with ease and grace. Let our magical place be a space of Divine Inspiration.
    • Daar is min dinge wat so inspireer soos die Natuur — al het ons nie die luuksheid om eksotiese plekke te besoek nie, kan ons wel vir Ɖ minuut stilstaan as die son opkom of ondergaan; ons kan die datum omkring as dit volmaan is en 5 minute kyk na die sirkel wit tussen die sterre; ons kan blomme koop vir die huis; ons kan weer na The Blue Planet kyk op NetFlix of enige van David Attenborough se reekse op DVD. Om op een of ander manier in kontak te kom met die natuur bring perspektief, kalmte, en bowenal bring dit Divine Inspiration.
    • Luister meer na Kinders — hul ontvanklikheid en onskuld, opregtheid en onbeperkte geloof, hoop en liefde. Hul leef in die nou, in die moontlikhede van eindelose potensiaal waar ALLES om hulle Ɖ bron van inspirasie is. Ɖ Kind vra as hul nie weet nie en sien dwarsdeur enige pretensie. Kinders dans as hul bly is en huil as hul hartseer is want emosies is nie een of ander psigiatriese diagnose nie. Hulle is almal op een of ander manier kreatief en skep van oomblik tot oomblik deur die dag nuwe geleenthede om te ontdek en te ervaar. Hulle glo dat God die hele tyd met hul in gesprek is. Wat daarvan as ons hul nie daaruit probeer praat nie maar eerder saam hul luister na ons vergete Divine Inspiration.
    • Daar is min dinge wat so in-spirit is as Gebed & Meditasie — steeds die beste, indien nie die enigste manier, om die Stem aan die binnekant te hoor in stiltetyd deur nadenke, bepeinsing, besinning, introspeksie, en gebed. Om geĂŻnspireerd asem te skep in die GROTER asem. As if we’re plugged into an awesome power that will unleash our true potential to create, explore, and discover the endless possibilities of our own unique personality maybe then will we hear again our Divine Inspiration.
    • Skep geleenthede vir Intimiteit — dit is Ɖ direkte en indirekte kommunikasie wat op Ɖ delikate manier iets persoonlik en privaat in Ɖ tweegesprek met jouself, jou man/vrou, kind/ouer, vriend/vriendin deel. Dis Ɖ kommunikasie waar Ɖ sensitiewe intuĂŻsie en opregte intensie praat oor die goed wat ons NIE sĂȘ nie. Dis verbasend hoeveel inspirasie opgesluit lĂȘ in intimiteit. Nee, dit gaan nie net oor seksuele intimiteit nie al sou dit Ɖ belangrike komponent van inspirasie wees maar oor Ɖ diep spirituele intimiteit waar ons bereid is om ons kwesbaarheid en broosheid te wys ... Ɖ omgaan met ons ‘naaktheid’ was nog altyd vir skrywers, digters, musici, dansers en akteurs die verfdoek en kwas van hul kreatiwiteit want die skepper skep uit die skepping van Divine Inspiration.

 

IntuĂŻsie, intensie, inspirasie is al drie Versnellers van Bewussyn. Dit vra dat ons ons gedagtes sal sif deur die filter van ons geestesdenke (mindfulness) want die meeste van ons se koppe raas en so het ons ons bron van inspirasie verloor. Dink ek aan Elizabeth Gilbert se woorde in ‘Eat, Pray, Love’ — “You need to learn how to select your thoughts just the same way you select your clothes every day. This is a power you can cultivate. If you want to control things in your life so bad, work on the mind. That's the only thing you should be trying to control.” Daarom het ons Ɖ Wysheidsirkel elke Sondag — dis Ɖ plek van herinnering en onthou, maar ook Ɖ plek wat inspireer en bemagtig. Daarom sĂȘ Jesus, “Unless one is born of water and IN SPIRIT, he cannot enter the Kingdom.” (John 3:5)

ACIM — Ons kom weer bymekaar na die skoolvakansie en sal laat weet per WhatsApp.

Besoek ons Facebook ​​​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“Every tree and plant in the meadow seemed to be dancing, those which average eyes would see as fixed and still” — Rumi

Liturgie: 16_julie_2017

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights