Hierdie week se liturgie: 15_junie_2014
Goeie(koue)more — ons het in Desember ons eerste EMMER-projek geloots waar ons emmers vol noodsaaklikhede bymekaar gemaak het vir welsynsorganisasies en dit was ʼn reuse sukses. Vir die winter het ons besluit om hierdie jaar met ons WOW-projek (Warm anOther’s Winter) te begin. Ons vra van almal om warmgoed saam te bring die volgende paar Sondae — enige iets warm wat jy in jou huis het en nie gebruik nie: komberse, truie, baadjies, serpe en musse of wat ook al. Ons sal dit bondels maak en versprei by plekke wat dit besorg aan mense wat hierdie winter blootgestel is aan die snerpende koue. Kom ons maak ʼn verskil aan iemand se winter en wys ons Neo-Spektrum hart op so tasbare manier.
Ons tema vir dié maand is — DIVINE APPOINTMENTS — en eerskomende Sondag gaan ons gesels oor OPPORTUNITIES …
Die Chinese woord vir ‘krisis’ het net twee kwashale. Die een staan vir ‘gevaar’ en die ander een vir ‘geleentheid’ – wanneer daar ʼn krisis is, pasop vir gevaar maar sien ook die geleentheid (opportunity). Ons is geneig om weg te skram en toe te maak as daar ʼn krisis in ons lewe is. Ons vul ons dae en aande met allerlei goed om besig te bly sodat ons nie aan die krisis hoef te dink nie en so mis ons in baie gevalle die geleentheid vir ontdek en ontgin, dat die reis waarop ons is, is ʼn geleentheid vir geboorte en groei. Hoe dikwels deins ons terug van ‘geleenthede’ want dit lyk na werk, na moeite, na opoffering. Hoeveel keer in my lewe het ek al gedink: “How much I’ve missed, simply because I was afraid of missing it.”
Ons het baie redes en verskonings waarom ons nie geleenthede aangryp nie. Die meeste pendel tussen skuldgevoel oor iets wat in die verlede nie gewerk het nie en/of vrees dat dit anyway nie gaan werk nie en so tik nog ʼn dag verby. Ons hoor in die voorbeelde van ander dat niemand is te oud of te jonk om ʼn DIVINE APPOINTMENT om te sit in ʼn DIVINE OPPORTUNITY nie maar ons dink, “nee wat, ek sal dit nooit kan doen nie” — kom ons dink aan ʼn paar: Helen Keller was 19 maande oud toe sy doof en blind geword het en sy was die eerste student wat doof én blind was wat ʼn BA graad verwerf het; Anne Frank was 12 toe sy haar Dagboek geskryf het oor Nazi vervolging; Nadia Comăneci van Roemenië was 14 jaar oud toe sy sewe 10/10 punte behaal het by ʼn Olimpiese Spele en het drie goue medaljes gewen; Pele was 17 jaar oud toe hy die Wêreldbeker Sokker in 1958 gewen het; Isaac Newton was 24 toe hy sy Filosofie Natuur Beginsels van Wiskunde geskryf het; Einstein was 26 toe hy sy relatiwiteitsteorie omskryf het; J K Rowling was 30 toe sy haar eerste Harry Potter boek geskryf het; Martin Luther King was 34 toe hy sy “I have a dream” toespraak geskryf het; Nelson Mandela was 76 toe hy president geword het ... en so kan ons aangaan met die lys van Bravehearts — en jy kan jou naam daarnaas skryf want ja, ook jy maak ʼn verskil ... ook jy dra ‘the Holy Breath of Life’ in jou!
Elke dag bring sy geleenthede, elke oomblik is ʼn geleentheid om iets nuut te ervaar en wanneer jy daarna kyk met ʼn Spirituele Bewuswording dan is dit werklik ʼn ‘sonde’ om nie met albei hande dit aan te gryp nie. ‘A Course in Miracles’ leer dat elke oomblik van die dag is ʼn ‘MIRACLE’ om te kies vir liefde bo vrees, vir vrede eerder as konflik en wie van ons bid, roep, vra, soek, smeek, pleit nie vir liefde en vrede in elke geleentheid wat hom voordoen nie? Die probleem is (of nie regtig ʼn probleem nie) dat die geleentheid soms sagter as jou hart kom klop aan jou deur en moet ʼn mens mooi luister, sensitief bewus wees van elke DIVINE APPOINTMENT wat ʼn geleentheid skep vir ʼn ander manier van dink, ʼn nuwe pad, ʼn transformasie. Mens moet leer om mooi te luister. My dagboeke hou so 5 of 6 maande en dan begin ek ʼn nuwe een en op die eerste bladsy skryf ek altyd, OPPORTUNITY ... net sodat ek onthou om dit te vang in die spasies tussen woorde.
Kom ons verken eerskomende Sondag die onderwerp – BE OPEN FOR DIVINE OPPORTUNITY
Ons leef in ʼn samelewing wat alles wil reduseer tot “slogans & soundbytes” en ongelukkig probeer ons ook dieselfde doen met ons lewens. Ons mag miskien ver gekom het met tegnologie die laaste 50 jaar maar waar ons vandag is, is steeds nie ʼn druppel in die oseaan van ken, weet, of verstaan nie. Self die elementêre beweging van lewe, gaan my verstand te bowe ... hoe gras deur die teer van ʼn sypaadjie beur; die strome watervalle teen Tafelberg na die reën; die liefde van ʼn swart nanny met ʼn wit kind op haar skoot onder by my Deli vir wie sy ʼn Zulu lullaby sing en ek kry trane in my oë; die maan wat vroegoggend skuins teen Leeukop hang en wys sy is op pad na vol gety; ek maak ʼn pot tee en die boks sê “Arabian Mint Tea with Honey” en ek wonder hoe lyk die hande van die man of vrou wat die blare gepluk het? Al hierdie gebeurtenisse is Goddelike afsprake wat fluister in elke geleentheid waar ons ons harte oopmaak vir die Lig en Liefde om in en deur ons te reflekteer. Hoe hartseer dat ons dit mis ... hoe dankbaar dat ons ʼn geleentheid het om onsself opnuut te fokus om die wonderlike tapisserie van misterie om ons te sien wat in alles wat lewe vibreer en ons geestelike oë kultiveer om elkeen se geskenk en uniekheid te sien. Staan ʼn oomblik stil, stop die kar langs die pad, om die wonder van die ganse skepping wat manifesteer in die natuur te bewonder.
En terwyl ons dit alles doen, maak ons steeds ons TO DO lysie en tik ons prioriteite en verantwoordelikheid af maar ons is ook oop vir die misterie van geleenthede wat toegedraai lê in elke gewone oomblik en dan sê ons vir onsself: “Today I will take the opportunity to see the unexpected beauty. Today I will take the opportunity to do the ordinary, extraordinary. Today I will take the opportunity to experience the unanticipated love.” Dan sal dit verseker ʼn mooi dag wees!
>>>> ACIM — môreaand om 19h00 by Kolping: Chapter 18, Section VI Beyond the Body
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“All the possibilities of your human destiny are asleep in your soul. You are here to realize and honour these possibilities. When love comes into your life, unrecognized dimensions of your destiny awaken and blossom and grow. Possibility is the secret heart of time.” ― John O'Donohue