Die laaste paar Sondae is die kapel elke Sondag propvol wat natuurlik my hart baie bly maak ... maar dit is ook ʼn indikasie dat die VRAE EN ANTWOORDE OOR GOD wat ons dié maand behandel, ook vrae is vir baie mense wat graag die skuif wil maak van vertwyfeling na verstaan. Ons soek na sinvolle antwoorde sodat ons tot ʼn groter begrip sal kom van wie God is en hoe ons ʼn betekenisvolle verhouding kan hê met dit wat ons ervaar en beskryf as die God van Liefde. Die doel van ons gesprekke is om die vrae van “Waarom?” op te los in ʼn “Daarom!” en laas Sondag het ons die VYF stappe bespreek --
1. Erken dat sekere van ons ou gewoontes (geloof?) oor God het verander ...
2. Erken dat as ons wil verander, is daar sekere goed wat ons moet verstaan ...
3. Erken dat waar ons verstaan, gee dit geboorte aan ʼn transformasie (rebirth) ...
4. Erken dat ons dapper genoeg is om ʼn transformasie om te sit in ʼn reformasie ...
5. Nou kies ons om ons lewe te lei as ʼn refleksie (demonstrasie) van God se Liefde ...
Om die gesprek tot nou toe te volg, het ons ook vir mekaar gesê — waar ons dink dat God het 'n agenda en werk met meriete, ontstaan die idee dat God behoeftes en verwagtinge het; waar ons dink die toekoms is onseker (hemel óf hel?), onstaan die idee van mislukking; as ons voel ons is los (verwyder) van God, van mekaar en van onsself, ervaar ons verwerping; dit maak dat ons dink daar is nie ‘genoeg’ vir almal nie, en so ontstaan ontevredenheid en kompetisie; alles word dan ʼn projeksie van wat ons dink is ‘reg’ (goed) en wat is ‘verkeerd’ (sleg), oordeel en skuldgevoelens ontstaan; waar ons voel ons kry dit nie reg nie, voel ons dat ons ook veroordeel gaan word deur God; liefde is dus voorwaardelik, en so word ons aksies en reaksies gebaseer op vrees; ons (ver)val terug op die rede (verstand) wat ons ‘beter’ moet maak, en so verskree die ego die hart; ons besef nie dis ons eie opgemaakte gedagtes (illusies) nie, ontkenning (denial) floreer wat nog meer onkunde kweek.
Gisteraand, by die opening van Elize Oosthuizen en Estelle Smith se kunsuitstalling, het ek weereens dié waarheid besef: ʼn mens moet soms afstand kry tussen jou en die kunswerk. Dit is eers as ʼn mens ʼn entjie terugstaan dat daar perspektief kom en perspektief bring konteks.
Die drie vrae wat ons eerskomende Sondag gaan bespreek, is die volgende --