15 Desember 2013

Hierdie week se liturgie: 15_desember_2013

Dit is geen gewone week nie ... elke nuuskanaal, elke koerant, elke radiostasie, elke tydskrif loop oor aan hulde aan Madiba. Voetbalwedstryde kom vir ʼn minuut tot stilstand; aandelebeurse begin met twee minute stilte; internasionale onderhandelinge oor Sirië en ander knelpunte op ons planeet roep ʼn paar minute stilte voor enige woord verder gesê word ... en dit vir ʼn seun van ons bodem!
Dit is tog merkwaardig!
Dit is onnodig om met nog ʼn famous quote die herinnering van Mandela op te roep. Onnodig om te probeer verduidelik waarom sy lewe en sterwe vir miljoene Suid Afrikaners ʼn bron van bemoediging en hoop is ... ons wéét dit in murg en been. Miskien is die vraag eerder: in hoe ʼn mate raak dit elkeen van ons om in die voetspore van sy inspirasie, geboorte te gee aan ʼn nuwe HOOP ... ʼn deurleefde liefhê vir elkeen wat vir ons ʼn naaste is?
Kersfees 2013 lê voor die deur. Baie is reeds met vakansie en ander vertrek eersdaags vir ʼn tyd van rus en om gesellig saam met vriende en familie rondom tafels wat oorloop aan seëninge en glase gevul met dankbaarheid te deel. Vir baie is Kersfees net nóg iets wat elke jaar gebeur — ons ken die verhaal wat die geboorte vier van Jesus van Nasaret. Shopping-Centres het die mooi kersliedere waarmee ons grootgeword het, versmoor tot jingles waarin die woorde se betekenis verdamp tussen lang rye voor kasregisters. Hoe hartseer is dit nie!
Daarom het ons besluit om die laaste maand van 2013 te wy aan die tema: REBIRTH! -- want in essensie is dit waaroor Kersfees gaan, dat ons in die herdenking van Jesus se geboorte, ons eie WEDERGEBOORTE vier!
Wat beteken WEDERGEBOORTE...? Wat sê ons as ons sê: RE-BIRTH...? Dit sê nie ons begin van vooraf nie want niks en niemand kan van vooraf begin nie maar ons kán belowe om dit anders te doen! We could RE-act differently. Wedergeboorte beteken nie, word ʼn kind nie ... maar dit sê verseker dat ons die ontvanklikheid van ʼn kind, die vermoë om te kan vergewe en in vrede te leef, sal onthou! Paulus noem dit RE-awakening! In die herdenking van Jesus se geboorte, onthou (RE-member) ons die doel en betekenis van Jesus se lewe naamlik: om die liefde van God vir hierdie wêreld, te leef en te leer, en selfs bereid was om vir daardie liefde te sterf – en dit word elkeen van ons se herinnering (RE-mindom weer en weer en wéér te kies vir liefde bo vrees, vir vrede in plaas van konflik, vir versoening in plaas van verwydering!
In die woorde van President Barack Obama by die gedenkdiens vir Nelson Mandela, sluit ons vandag af en maak dit ons tema vir eerskomende Sondag:
     “We will never see the likes of Nelson Mandela again. But let me say to the young people of Africa, and young people around the world - you can      make his life’s work your own. Over thirty years ago, while still a student, I learned of Mandela and the struggles in this land.  It stirred      
     something in me.  It woke me up to my RE-sponsibilities - to others, and to myself - and set me on an improbable journey that finds me here  
     today. And while I will always fall short of Madiba’s example, he makes me want to be a better man.  He speaks to what is best inside us.  After  
     this great liberator is laid to rest; when we have returned to our cities and villages, and RE-joined our daily routines, let us search then for his
     strength - for his largeness of spirit - somewhere inside ourselves. And when the night grows dark, when injustice weighs heavy on our hearts,
     or our best laid plans seem beyond our reach - think of Madiba, and the words that brought him comfort within the four walls of a cell:
               “It matters not how strait the gate, how charged with punishments the scroll,
               I am the master of my fate: I am the captain of my soul.”

     What a great soul he was. We will miss him deeply. May God bless the memory of Nelson Mandela. May God bless the people of South Africa.”
WEDERGEBOORTE vra ʼn hernuwing (RE-new) om onsself opnuut toe te wy (RE-commit) tot die roeping waartoe ons almal geroep is: om ons spiritualiteit te kultiveer (RE-cultivate) en ons medemenslikheid, in die gees van Kersfees, te vier (RE-joice).
Kom vier Sondag 10h00 saam met ons — “REBIRTH within 10 words!”

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“In Qunu weier die beeste vanoggend om uit die kraal te gaan
by Lusikisiki lê die visse na aan die oppervlakte
in Mvezo maak die Korhane geen geluid nie” 
— Antjie Krog (die oggend na Madiba se dood) --

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights