15 April 2012

Hierdie week se liturgie: 15_april_2012

Ons gesels hierdie maand oor ‘WONDERWERKE’ en hoe om dit elke dag in elke opsig van ons lewe te ervaar. Ons almal het van tyd tot tyd ʼn verwagting dat ʼn wonderwerk in ons lewe sal plaasvind, hetsy dit is met iets wat ons wil hê of vra om te gebeur. Óf, ons pleit dat iets nie sal gebeur nie soos wanneer iemand siek word; of as ons deur ʼn skeiding (separation) gaan in ʼn persoonlike verhouding of die spanning wil verlig van ʼn finansiële las.

Die HAT se verklaring van die woord ‘wonderwerk’ as ʼn “gebeurtenis wat nie volgens die bekende natuurwette verklaar kan word nie” spreek van ʼn spirituele armoede omrede God, in my beskeie opinie, nie natuurwette manipuleer op ons versoek nie. Dis nie ʼn persoon wat iemand gesond bid nie – die wonderwerk is dat die liggaam oor die wonderlike vermoë beskik om hom/haarself te kan genees en dat dit meestal plaasvind deur die wonderwerke wat in hospitale en deur medisyne gebeur. Die wonderwerk is nie ʼn engel uit die hemel wat in iemand se oor fluister om ʼn huwelik/verhouding weer ʼn kans te gee nie – die wonderwerk is dat mense ten spyte van ‘all odds’ mekaar kan vergewe en versoen. Hieroor staan ek in verwondering!

Nee, natuurrampe soos orkane, vulkane, tornado’s, tsunami’s, aardbewings en vloede is nie ‘an act of God’ nie! Die manier hoe mense mekaar dra en verdra; ondersteun en versorg; bemoedig en help om te heel en te herbou as sulke ellende ons tref, is wel ‘an act of God’ – en daaroor staan ek in verwondering!

Dat die mens oor die vermoë beskik om liefde te kies nieteenstaande, desondanks, ten spyte van alles wat gebeur is die wonder van alle wonders want ons word almal in liefde ontvang en gebore! Vrees word aangeleer.
Almal van ons ken die vernedering van verwerping máár elkeen van ons is ʼn KIND VAN GOD! Ons vergeet dit en verval dan in die put van emosionele en spirituele verwaarlosing en verwydering. Ons vergeet om te onthou wat die eindelose potensiaal is wat in ons opgesluit lê. Die vraag is eerder: hoe ontsluit ons dit; hoe breek ons die spiraal van skuldgevoel, spyt, sinisme, bitterheid en bang? Miskien is ons moeg om te hoor ‘WAT’ terwyl ons verlang om te weet ‘HOE’ ...

Die bekroonde skryfster, Marianne Williamson, het al baie boeke geskryf oor ‘Wonderwerke’ en eerskomende Sondag gaan ons spesifiek kyk na —
“Miracles occur naturally as expressions of love. 
The real miracle is the love that inspires them. 
In this sense everything that comes from love is a miracle.”

PAASFEES SE GESKENKE IS VERNIET –
Die geskenk om te kan verander
Die geskenk om te kan vernuwe
Die geskenk om te kan vergewe
Die geskenk om te kan verbeter

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

10h00  Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum —  Bly in verwondering oor elke wonderwerk in jou lewe – hoe groot of klein ook al.

Ons begin weer met ACIM (A Course in Miracles) op 12 April 19h00 by die Kolping Sentrum. Jy is steeds welkom om in te skakel al het jy die inleiding gemis 🙂 

Gedagte vir die Week:
There is within each of us the possibility of magnificence. Every moment is an opportunity to make it manifest. Let the spirit awaken you to a miraculous life. — Marianne Williamson

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights