Hierdie week se liturgie:14_desember_2014
Ons EMMER-projek het laas Sondag afgeskop. Jy kan elke Sondag vir ons ʼn emmer, boks, sak vol benodighede bring wat ons versprei na HUIS JABES (http://www.sostrust.co.za/ — a safe haven for abused women and children). Dit is deel van Neo-Spektrum as NPO se uitreik-aksie om ʼn tasbare verskil te maak aan mense se lewe. Wat hulle graag met dankbaarheid sal wil ontvang is die volgende >> enige kos van watter aard ook al veral iets soos post toasties, pro-nutro, en ietsie luuks soos lekkertjies vir die kinders >> iets soos body wash, shampoo, lyfroom en toiletries >> dan is daar ook skoolgaande kinders en skryfbehoeftes vir volgende jaar sal ook die las verlig >> verder kan jy jou diskresie gebruik wat jy in jou emmer/boks wil sit.
Ons gesels hierdie maand oor GESKENKE VIR KERSFEES en eerskomende Sondag praat ons oor ‘Christmas is a State of Mind!’ As jy regtig wil weet wat die gees van Kersfees behoort te wees en hoe die beste kan geniet van dié feestelike tafel, mag ek miskien ʼn voorstel maak — êrens deur die gejaag van die seisoen en die oorvol trollies en lang toue by kasregisters, maak ʼn tydjie om God te vind in jou hart. Miskien in die stil ure van die dag of aand, op ʼn stil plek, op jou knieë – alleen of saam jou geliefdes – sê dankie vir al die goedheid wat ons geniet en al die seëninge wat ons die laaste jaar so milddadig ontvang het. Onthou vir ʼn oomblik dat die Stem van God (Heilige Gees) altyd en oral met jou in gesprek is om jou te herinner dat ons vier die geboorte van Jesus van Nasaret wat vir ons die gesig van God gewys het sodat ons nooit hoef te sê, ons het nie geweet nie. Die herinnering van Kersfees is, en sal altyd wees, om ons eie (weder)geboorte te vier. Eenmaal ʼn jaar het ons die geleentheid om in die herdenking van Kersfees ons glase te lig en uit te roep, “Evangelio!!” (Good News!!) want dit is wat die woord ‘Evangelie’ beteken. Daar was tog, after all, only one Christmas, the rest is anniversaries.
Kersfees, wat, wat beteken dit vir jou en my? Is ons bereid om van ons hoë troon af te kyk en kinders (ons en ander sin) raak te sien en nie net te sien nie maar te hoor wat hulle sê, dink, voel, en regtig van ons, wat die voorbeeld moet stel, wil hê? As dié seisoen ons nie noop om om ons te kyk en elkeen wat verstote, vervreemd, verwaarloos se hand te vat en vir ʼn vreemdeling die sterre en sonsopkoms wys nie, hoe op aarde gaan ons dit doen met iemand wat ons noem, “my vrou; my man; my geliefde; my kind; my ouer” ... want Kersfees (as a state of mind) vra nie wie het my lief nie, maar eerder – hoe en waar laat ek my liefde oorloop vir hulle wat die naaste aan my is sodat ook hulle wat ver is van dit kan drink? Kersfees is ʼn tyd vir OPKYK! ʼn Tyd om te onthou om ons lamp se pit af te draai sodat dit meer lig as rook maak en dan daardie lamp voor ons te dra sodat die skaduwees agter ons val ... die tyd van die jaar waar ons al die gedagtes van wie het wat teen my gedoen, veruil vir gedagtes van vergiffenis en versoening. As ons bereid is om dit vir één dag in die jaar te doen, is dit tog moontlik om dit elke dag van die jaar te doen sodat ons daardie een spesiale dag van die jaar die ‘kerse’ aan kan steek vir ʼn ‘fees’ wat sê, “I am ready to keep Christmas!”
Een van my gunstelinge boeke is The Tao of Pooh waarin Benjamin Hoff skryf, “The Christmas presents once opened are Not-So-Much-Fun as they were while we were in the process of examining, lifting, shaking, thinking about, and opening them. Three hundred sixty-five days later, we try again and find that the same thing has happened. Each time the goal is reached, it becomes Not-So-Much-Fun, and we're off to reach the next one.” Wat my laat wonder – hoe hou ons die vreugde en vrede, blydskap en liefde van Kersfees elke dag van die jaar?
Eintlik moet ons aan Kersfees dink as ʼn ‘brug’ oor die rivier (tyd) wat verby vloei. Dit is ʼn tyd van ‘koebaai’ sê vir wat was en hallo vir die volgende avontuur. ʼn Tyd om in ons hande die mooiste en beste te vat wat ons gebring het tot by die brug en dan oor te stap na die Nuwe Jaar met ʼn opregte intensie om daardie blomme te plant in elke bedding wat oor ons pad kom. So, wanneer ons die kersies aansteek (vir Kersfees of as gevolg van ESKOM) dink daaraan — kyk hoe mooi is die vlam ... dit maak geen geluid nie en jy sien wat jy sien selfs met ʼn klein vlammetjie ... saggies gee die vlam homself prys, onselfsugtig word die kersie kleiner. Hy gee homself prys sodat ander kan sien en in sy hitte kan dans.
Kersfees beteken rebirth, regeneration ... iets wat ons elke dag moet hê en eenmaal ʼn jaar moet vier. Gister stap ek deur THE PALMS – decor and lifestyle centre in Woodstock. Ek verkyk my aan die mooi ou-goed terwyl my gedagtes prentjies maak van wat ek met dit sal doen in my huis. My oog vang ʼn ou spieël. Die jare lê soos are oor die glas en deur die weerkaatsing van myself in die winkelvenster sien ek my refleksie in die spieël. Miskien is dít wat Kersfees is ... ʼn refleksie van onsself in ʼn verhaal van lank-lank gelede wat vandag nog nét so relevant, nét so van toepassing is omdat ek my Self daarin sien. Is die Jesus-verhaal nie ook ons elkeen se eie verhaal nie? Ons kom die wêreld in as klein vreemdelinge en word liefdevol toegedraai in doeke en in die arms van ouers gesit wat nie woorde het vir die klein wonderwerk nie. ʼn Duisend sterre flonker gelyktydig ons naam deur die Skepping terwyl ʼn moeder in ʼn ander man se stal die ‘herders’ (verpleegkundiges) vra of sy nie net nog eenmaal na haar splinternuwe kleinding kan kyk nie. Familie en vriende bring geskenke en blaas wense oor die klein mensie wat nou ʼn naam gekry het. Daardie selfde inspirasie, dieselfde Goddelike Adem asem in elkeen van ons — “Sal ʼn ma haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind van haar skoot nie; self hulle mag vergeet, maar Ek sal jou nooit vergeet nie” (Jes 49:15) en daarin het Jesus ons gewys HOE – want elkeen van ons dra die naam (titel) van ‘Gesalfde’ omdat God ons naam in sy handpalms gegraveer het (Jes 49:16).
Te veel, elke jaar, word Desember ʼn eindelose geharwar in vol winkelsentrums; spanning in huishoudings oor waar vakansie gehou moet word en wat se geskenke om vir wie te koop; dit word so vermoeiende tyd van die jaar dat die laaste ding waarin mense dink, is een of ander spirituele verdieping of religieuse herinnering en daarom lyk so baie mense teen Januarie of hulle herstel het na ʼn lang siekbed en nie weet hoe al die uitgawes (hospitale) betaal gaan word nie. Kersfees, in sy inhoud en betekenis, sal wees en word wat jy wil hê dit moet wees! My verlange en versoek is dat dit nie net nóg ʼn Desember, nóg ʼn vakansie, net nóg ʼn Kersfees sal wees nie ... mag dit ʼn tyd wees waarin daar ʼn diep inkeer sal kom dat ons liefde vir mekaar is ʼn refleksie van ons liefde vir God; ons diens aan mekaar is ʼn weerkaatsing van ons diens aan God; die fees van kerse is ʼn spieël van ons lig aan die wêreld. Laat ons dit onthou in hierdie feestelike seisoen as ons ons glase lig in ʼn herdenking en uitroep: “Evangelio!”
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting
Gedagte vir die Week:
“Honour your joy today, whilst it replenishes and strengthens you - in the company of your Soul.” ― Eleesha, The Soulful Pathway To Christmas.