13 September 2015

Daar is heelwat misteries wat my eindeloos fassineer soos o.a. sien blinde mense in hul drome en wat doen kabels snags in ʼn kas want jy bêre dit mooi opgerol en as jy dit weer kry, is daar ʼn knoop in? Om nie te praat van die misterie in woorde nie soos byvoorbeeld, hoekom sink ʼn mens in dryfsand; hoe is iemand verskriklik mooi en vreeslik slim; en hoekom is ʼn bra enkelvoud, en panties meervoud?

Maar dan is daar kosmiese misteries wat so groot is dat my brein uit my skedel val. Die afstand in ‘ligjare’ en getalle in ‘biljoene’ is gewoon te groot om met die verstand te vervat. So kyk ek en my seun die week na die aangrypende verhaal van Stephen Hawking in die formidabele film, The Theory of Everything. Op ʼn stadium word Hawking gevra of hy in God glo waarop hy antwoord, “It is clear that we are just an advanced breed of primates on a minor planet orbiting around a very average star, in the outer suburb of one among a hundred billion galaxies. BUT, ever since the dawn of civilization people have craved for an understanding of the underlying order of the world. There ought to be something very special about the boundary conditions of the universe. And what can be more special than that there is no boundary? And there should be no boundary to human endeavour. We are all different. However bad life may seem, there is always something you can do, and succeed at. While there is life, there is hope.”

Miskien is God dit wat without boundary is en gevind word in die geloof van ‘while there is life, there is hope’ ... om te besef, soos Frank Herbert dit stel, “The mystery of life isn't a problem to solve, but a reality to experience.” Wanneer ek na die asemrowende foto’s kyk wat die Hubble Teleskoop neem, is daar net een gedagte wat by my opkom — When I think of life, I think of beauty. Beauty is the mystery of life! Êrens het ek eenkeer gelees: LEWE is 'n geskenk, ek ontvang dit. Die lewe is 'n avontuur, ek ontgin dit. Die lewe is 'n misterie, ek ontvou dit. Die lewe is 'n legkaart, ek pas die stukke in. Die lewe is 'n spel, ek speel dit. Die lewe is ʼn ontdekkingsreis, ek ontsluit dit. Die lewe is ʼn skoonheid, ek bewonder dit. Die lewe is 'n geleentheid, ek omarm dit. Die lewe is my missie, ek vervul dit!

In ons tema vir die maand — DIE MISTERIE VAN LEWE — gaan ons eerskomende Sondag die belangrike vraag vra, HOE MOET ONS DINK OOR DOOD?

Dit is geen morbiede vraag wat met sentimentele retoriek gestalte wil gee aan die makaber mites wat ons gebou het rondom dood nie. Inteendeel, dit sluit aan by ons gesprek van laas week oor ENLIGHTENMENT wat ʼn verligting/verheldering bring in ons verstaan van wat LEWE, in die volle omvang van die woord, beteken. Dit is my vermoede dat wanneer ons werklik die inhoud en betekenis van LEWE besef in dié vorm (liggaam), definisie (uitdrukking), en dimensie (begrensing), sal ons begryp dat dood is nie dood nie en dat ons opgeneem word in die ewigdurende siklus van lewe wat altyd lewe instandhou. Ek het dit al dikwels genoem dat Lewe en God is vir my sinoniem. Om te lewe is om te God, en om te God is om te lewe! Hierdie LEWE is allesomvattend, allesinsluitend, alomteenwoordig. In soverre lewe altyd sy pad vind na LEWE, is lewe alwetend en almagtig. Dit reflekteer in die grootheid van die heelal in al sy biljoene galaxies asook in die mikrokosmos van atome en kwantum-fisika.

Dit waarna Job 11:7 vra, “Can you discover the depths of God? Can you discover the limits of the Almighty?” — dít wat onbegrens en onberekenbaar is en ervaar word in die splendour, desire, delight of Life itself. Die MISTERIE VAN LEWE is nie ʼn geheimenis wat eendag, miskien, net vir dié wat dit werd is in ʼn hiernamaals geopenbaar sal word nie. Nee, dit is iets wat ons nou reeds (kan) ken, ervaar en uitdrukking aan gee. Soos Efesiërs 1:9 dit stel, “He made known to us the mystery of His will [splendour, desire, delight], according to His kind intention which He purposed in Him [Jesus].” Ons is op geen enkele manier hiervan uitgesluit nie. Wanneer ÓNS wil [intentions, yearning, happiness] sinchroniseer met die wil [splendour, desire, delight] van God sal die MISTERIE VAN LEWE vir ons ontsluit en sal ons ‘ontslaap’ vir die ‘ontwaking’ van 1 Korintiërs 15:51 – “Kyk, ek maak ’n geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word.”

Daar is tog nie iemand wat dink Paulus praat van ʼn fisiese dood nie? Van watter ‘dood’ praat hy dan? Alhoewel hierdie vrae belangrik is, en ons kan dit Sondag verder verken, is dit ook ʼn werklikheid dat almal van ons op een of ander stadium sterf. Dit is nie iets waaraan ons dink tot ons ʼn testament moet opstel en ʼn paar praktiese reëlings op ʼn rytjie moet sit dat hierdie realiteit tot ons deurdring nie. Vir ander wat terminaal siek is, is dit ʼn konkrete werklikheid en vir sommige wat weens ʼn ongeluk veg om hul lewe, is die dood tasbaar naby. Baie van ons was al daar waar iemand vir wie ons lief is, sterf. Sommige van ons was al self daar waar jy dans op die dun membraan tussen lewe en dood. Een ding is verseker – niemand kom in aanraking met die dood, hetsy self of deur ʼn geliefde, sonder om nie in jou diepste wese daardeur geraak en verander te word nie. Hier is die waar van die waarheid en die werk van die werklikheid --

“Redefining moments offer us the opportunity to perpetually reinvent ourselves, and as long as we occupy a human body, these opportunities will continue to present themselves. You were born to be you, to unfold the truth of who you are. The same is true for everyone else. Every moment has the potential to be a redefining moment when we utilize the opportunity to look more deeply into the mystery of the true Self and learn how to actualize Its qualities in our daily lives. The goal is to increase our awareness that, irrespective of where we are or what we are doing, there stands before us a door in every present moment that, when consciously opened, invites us to step into a deeper knowing of who we truly are. In other words, every encounter (chance or otherwise), event, or circumstance, be it good or bad, right or wrong, happy or sad, is a portal to a redefining moment and who we will choose to be in that situation. The question to consider is, will we be consciously present enough in the moment to recognize the opening when it occurs and step through the door, or will our mind be too full of distractions?” ― Dennis Merritt Jones, ‘Your Redefining Moments: Becoming Who You Were Born to Be’

As jy wil weet wie is die persoon oorkant jou, moenie vra wat is jou gunsteling kos, kleur, waar hul bly of wat hul gestudeer het nie. Vra eerder, “Waarvoor leef jy? Wat is jou drome? Wie roep jou as jy op die afgrond staan? Waar is jou gedagtes die oomblik as jy die bedliggie afsit vir ʼn nag se rus?” DIE MISTERIE VAN LEWE vra na die sin van lewe; dit wat werklik betekenis het; waar ons aan mekaar se harte raak; to live life alive; om lief te hê en liefgehê te word. Hoor hoe mooi verwoord Kolossense 2:2 dit — That their hearts may be encouraged, having been knit together in love, and attaining to all the wealth that comes from the full assurance of understanding, resulting in a true knowledge of God's mystery.”
ALMAL STERF, MIN MENSE LEWE! Kom ons gesels Sondag oor die illusies en persepsies wat ons gebou het om ‘dood’ en skep ʼn Lente-asem om lewe in sy volheid te omhels want die God waarin ons glo, is ʼn God van LEWE — God pours life into death and death into life without a drop being spilled!

ACIM: Kolping: 10 September 19h00. Stad: 14 September 19h30 — Chapter 6: The Lessons of Love — P91 Hardeband Boek

Besoek ons Facebook.

Gedagte vir die Week:
“Eternity hums with every beating heart, with every up-lifted voice, with the crash of waves, the whirl of wind across the shifting dunes, the cry of sea birds, and the trumpets of heavenly angels.” ― Janell Rhiannon, ‘Invisible Wings’  

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights