13 November 2011

As daar één ding is wat ons almal wil hê, is dit meer ‘tyd’ ... en sê nou jou wens word vervul en jy kry ʼn ekstra uur per dag, wat sal jy daarmee doen of sal ons dit gebruik om te top en te wonder oor die ander goed wat ons wil hê?

Eintlik wil ons net GELUKKIG WEES! Dit is die ‘WAT?’ maar om die ‘HOE?’ te antwoord gaan ons ʼn ekstra dag nodig hê.

En so tik nog ʼn week verby, nog ʼn maand en voor ons onsself kan kry, is dit Oujaarsdag. Ons sou graag nog sus of so wou doen maar dit of dat het voorgeval. Vir alles is daar ʼn rede of ʼn verskoning om nie vandag ʼn besluit te maak om dié jaar anders uit te sien as al ander jare nie. Daar is altyd ʼn ekskuus hoekom ons (kwansuis) nie vandag kan kies vir ʼn nuwe manier van leef (dink én doen) of ʼn ander manier van reageer nie. Waarlik – daar is medisyne wat erger is as die siekte.

Die mens dors vir verandering en honger vir vernuwing maar die menu bly dieselfde. As daar ʼn manier is om die bekende ‘anders’ te doen en ʼn resep om die gewone ‘nuut’ te doen, wat sal jy daarvoor (op)gee?

Kom verken Sondag saam met ons die tema:

Doen gister vandag ‘ANDERS’  — doen vandag gister ‘NUUT’

•             Vandag is die dag — “we’ll do it tomorrow” is a losers excuse
Elke dag is ʼn geleentheid om te ontdek en te ervaar, te verander en te vernuwe
•             Jou voete voel jou voete as jou voete die grond voel
Ons hardloop agter goed aan wat ons net sal vind as ons stil gaan staan.

è Besoek ons FACEBOOK bladsy: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting. 

Stuur gerus hierdie vonkpos aan vriende en bring iemand Sondag saam om te kom deel in ons Gespreksirkel.
Sondag 10h00 in die kapel van die Kolping Sentrum.
Aanwysings: http://kolpingguesthouse.co.za/index.php/directions-from-bellville.html

Gedagte vir die Week:
“We are sinful not because we have eaten of the tree of knowledge, but because we have NOT eaten of the tree of life.” - Franz Kafka

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights