Hierdie week se liturgie: 13_julie_2014
ʼn Hartlike goeiemore van onder die berg wat se kurwes glimlag in die eerste sonlig asof sy jou uitdaag om te dans onder die hemelblou wat jou paljas om vandag anders in te kleur as gister. Ons tema vir Julie is — ‘THE ART OF LIVING LIFE BEAUTIFULLY’ en begin vandag se gebed opnuut weer, “I choose to think about what is good and true and beautiful ...” en maak ons ons harte oop om die liefde in en deur ons te laat vloei. Laas Sondag het ons gesels oor THE ART OF AFFIRMATIONS ... en eerskomende Sondag gaan ons stilstaan by THE ART OF ENCHANTMENT.
Die woord ‘enchantment’ kom van in + chant (singing) en het sinonieme soos: charm, allure, delight, fascination ... en in Afrikaans woorde soos: bekoring, betowering, sjarme, aantreklikheid.
Die naweek het ek die animasiefilm ‘FROZEN’ gesien en gevoel hoe die enchantment van Anna, Kristoff en Sven my meevoer in ʼn wêreld van verbeelding en verwondering, en gisteraand [voor die 7/1 sokker] het ek na ‘BRAVE’ gelê en kyk en lekker gelag vir Prinses Merida se sêgoed veral toe haar ma, Queen Elinor wat in ʼn beer verander het, op ʼn stadium brom-grom en Merida vir haar ma sê, “Sorry, I don’t speak Bear!” In die verbeeldingsvlug waarmee hierdie animasiefilms jou vat, veral met die absolute realisme waarmee dit deesdae gedoen word, word dit ʼn ontvlugting uit ons verbeeldinglose wêreld waar ons nie meer die betowering en bekoring van elke dag ontvang, ontgin en onthou nie.
Die formidabele skrywer uit Nigerië, Ben Okri, het ʼn skatkis van boeke en artikels gepubliseer wat hoop en heling bring in die sosiale en politiese chaos van sy land. In een van sy boeke praat hy oor enchantment en skryf, “Only those who truly love and who are truly strong can sustain their lives as a dream. You dwell in your own enchantment. Life throws stones at you, but your love and your dream change those stones into the flowers of discovery. Even if you lose, or are defeated by things, your triumph will always be exemplary. And if no one knows it, then there are places that do. People like you enrich the dreams of the worlds, and it is dreams that create history. People like you are unknowing transformers of things, protected by your own enchantment, by love.”
Hy praat nie van ʼn idealistiese Utopia wat blind is vir die realiteite en uitdagings van ons dag tot dag lewe nie. Hy is nie blind vir die geweld wat mense se lewens verpletter nie, maar hy bemoedig en motiveer om nie op te gee op die beste wat in elkeen van ons is nie en om die inspirasie te wees wat die mooiste en beste in mekaar uitbring om sodoende saam te bou aan ʼn samelewing waar “klippe verander in blomme.”
Hoor hoe mooi verwoord Christopher Hawke dit in sy boek ‘Unnatural Truth’ — “Some African tribes believe if you were to tell someone your entire story the audience would actually become you. From then on, the only life the teller would have would be in and through the listener. Some believe this is the relationship between Jesus and his disciples. How I wished for my story to be blemish free. How I wished to be a good-natured soul giving back to the world, regardless of how broken I was. In the end, it’s those things we are willing to die to change, that sculpt our story. Some people open the floodgates of their minds and hearts so memories burst forth like water through a breached dam. Pieces of our lives can be found among the floating wreckage, and somewhere, the presence of God hovers over the surface of the deep. Inside, I am treading, biding my time, waiting for the enchantment I owned as a child. I seek the power to conjure hope.”
Jesus het vir ons hierdie siel-taal kom leer en hy het dit gedoen deur stories te vertel wat geweef is in spreuke, legendes, gelykenisse, en metafore. Ja, vir Jesus was elke kontak met mense ten diepste ʼn geleentheid om die mens op te roep tot ʼn herkenning dat elke oomblik se betowering lê in die liefde van God wat ons oproep om in verwondering hierdie liefde te reflekteer. Dit is die betowering van hierdie liefde wat ons transformeer! En dit is waaroor ons eerskomende Sondag gaan gesels — The Enchantment of the Soul — en kom ons bring dit in verband met al die aspekte van ons menswees ...
In a Spiritual sense, ‘The Art of Enchantment’ is very much like falling in love with amazement, wonder, charm, delight, attraction, fascination when the Love of God touch your heart and leaves you breathless by every kiss from the “The Enchantment of the Soul!”
Vir hierdie aangetrokkenheid tot God is daar by my ʼn passievolle betowering wat oorloop in al die fasette van my menswees. Dit word die ink van elke woord in gedig of refrein; dis die glas met wyn waardeur ek die refleksie sien van die tempel-danser wat dans tot eer van God; en dit is die oorvloed van seëninge wat my die moed gee om vandag se gebed af te sluit met — “Come what may, surprise me – I am ready. Enchantment, I adore You!”
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
May His majesty be your reverence,
May His nearness be your confidence,
May His glory be your radiance!