Desember is in volle swang, met al die binnelanders, op ons ... die bietjie paaie van Kaapstad loop oor en die toue rye by die kasregisters raak al hoe langer. “Ons gaan ‘kook’ dié Desember!” sê die eienaar van ʼn restaurant, “Die karre is dors!” sug die petroljoggie by ʼn vulstasie met ʼn plakkaat wat sê, “Unleaded SOLD OUT” – bid jou aan, dis Desember in Kaapstad, en jou petrolpomp is leeg! Kan net in Slaapstad wees ...
... intussen het ons reeds ons kospakkies by Huis Jabes besorg en hulle harte loop van blydskap oor en met die skenking wat hul van ons ontvang het, kan hul nou skoolklere koop vir vier outjies wat daar is saam hul ma’s. Ons Somer-projek gaan natuurlik hoofsaaklik vir MES-aksie en ʼn groot dankie vir elkeen wat reeds ʼn karton-houer gevat en teruggebring het. Kom ons maak dit die mooiste, beste, Desember-projek nog ooit. Kom haal Sondag jou boks en bring hom terug met harte vol omgee!
Ons tema vir dié maand is — CELEBRATION — en laas week het ons afgeskop met ʼn gesprek oor Commitment en eerskomende Sondag gesels ons oor COMPASSION. In die konteks van Kersfees gaan ons compassion toelig aan die hand van kindness, consideration, beauty and grace! Lees ek op die oomblik ʼn interessante boek met die titel ‘Between Noon & Three: Romance, Law & the Outrage of Grace’ deur Robert Farrar Capon waarin die een karakter sê, “Grace is the celebration of life, relentlessly hounding all the non-celebrants in the world. It is a floating, cosmic bash shouting its way through the streets of the universe, flinging the sweetness of its cassations to every window, pounding at every door in a hilarity beyond all liking and happening, until the prodigals come out at last and dance, and the elder brothers finally take their fingers out of their ears.”
Glimlag ek weer vir Lukas 3:1 — “Dit was die vyftiende regeringsjaar van keiser Tiberius. Pontius Pilatus [blah-blah] was goewerneur van Judea, en Herodes heerser van Galilea. Sy broer Filippus was heerser van Iturea en Tragonitis [fah-fah], en Lisanias heerser van Abilene. Annas en Kajafas was die hoëpriesters [nou-ja-toe]. In daardie tyd het die woord van God tot Johannes, die seun van Sagaria, in die woestyn gekom.” — hoe ironies, die “Woord van God” het nie na een van hierdie ladida, whos-who gekom nie maar na ʼn Johannes en nie in ʼn paleis of kasteel nie maar in die woestyn. Ek wonder hoe ons vandag sou reageer het op die nuus dat die “Woord van God” het nie na Barak Obama of Zuma, Zille of die moderatuur van die kerk gekom nie maar na ʼn Boesman seun in Namakwaland? Sou ons na hom geluister het as hy gesê het, “Mense sien God elke dag, hulle herken hom net nie.”
Nie een van hierdie mans word in die geskiedenis onthou nie, behalwe as ʼn voetnote by die geboorte van Jesus van Nasaret. Dit het tyd geword om Rabbi Yeshua van Nasaret te verwyder as net ʼn voetnota in ons lewe. ʼn Vae herinnering eenmaal per jaar of miskien ʼn oomblik se onthou met ʼn langnaweek as herfs begin, is gewoon nie meer goed genoeg nie. Hoe sal Kersfees lyk as die inhoud en betekenis werklik hoop en vrede is? Dikwels wonder ek of Kersfees nie net ʼn verdowingsmiddel is waarmee ons die sleg en seer van die jaar verdoof met partytjies en vakansie in die hoop dat miskien, net miskien, sal die nuwe jaar vir ons vrede bring nie ... óf sal hierdie jaar se Kersfees die geleentheid (lees: celebration) wees om ons goud, wierook, en mirre na ons harte te bring. Waarom hierdie drie geskenke? Want goud is die geskenk vir ʼn koning; en wierook die geskenk vir ʼn priester; en mirre die geskenk vir ʼn profeet. Wanneer ons dink aan die geboorte van ʼn Koning, Priester, en Profeet sowat 2000 jaar gelede is dit ook ʼn geleentheid om hierdie geskenke vir onsself toe te eien sodat elke ‘Stille Nag’ dwarsdeur die jaar gesing kan word as ʼn ‘Gloria in excelsis Deo’ ♪♫
Ons doen dit in — CELEBRATION of COMPASSION — en gaan Sondag gesels oor die SEWE geskenke wat Compassion bring aan die hand van gedagtes uit Marianne Williamson se boek “A Year of Miracles” --
🌹 Make grace, compassion, understanding, and love the hallmarks of your personality, as they are the essence of our true being.
🌷 Stand your ground and say, “I stand for wisdom. I stand for integrity. I stand for honesty. I stand for compassion. I stand for clarity. I stand for forgiveness. I stand for love.”
🌺 It is through allowing our own vulnerability that we invite those around us to love us, honour us, and recognize our oneness with each other.
💐 Miracles occur in response to every problem, yet it our faith and compassion that bring them forth. May our minds be a conduit of love and faith.
🌸 May we extend the compassion we wish to feel from others, to everyone we meet. May our eyes be opened to the truth beyond the veil.
🌻 May we actualize the Light within us. May we expand the boundaries of our capacity to love. May we be more forgiving, more merciful, more compassionate, and kinder.
🌼 God is closer to me than my breath. He is the light of compassion and the power of love. He is the truth of my being and the source of my strength.
In die silly Amerikaanse film “Evan Almighty” speel Morgan Freeman die rol van ‘GOD’ en daar is ʼn oomblik in die film waar hy sê, “Let me ask you something. If someone prays for patience, you think God gives them patience? Or does he give them the opportunity to be patient? If he prayed for courage, does God give him courage, or does he give him opportunities to be courageous? If someone prayed for the family to be closer, do you think God zaps them with warm fuzzy feelings, or does he give them opportunities to love each other?” — wanneer ons dan onsself voorberei om Kers (lig) + Fees (celebration) te vier dan roep ons saam met Johannes die woorde van Jesaja op — “Maak vir die Here ’n pad in die woestyn, maak in die barre wêreld ’n grootpad vir ons God! Elke laagte moet opgevul word, elke berg en rant moet gelykgrond word. Elke bult moet ’n gelykte word en elke koppie ’n vlakte. Dan sal die heerlikheid van die Here geopenbaar word; al wat leef, sal dit sien!” (Lukas 3:4-6 wat Jesaja 40:3-5 aanhaal)
Die Dalai Lama het op ʼn plek gesê — “If you want others to be happy, practice compassion. If you want to be happy, practice compassion.” Daar is ʼn Fees in dié land wat saam met die wêreld gevier word, ʼn FEES met geskenke wat in liefde toegedraai is ... en eenmaal per jaar staan ons stil by hierdie Celebration of Compassion en vra ons aan die siel, “Do you mind if I join you? — after all, it is Christ + mas (celebration)!”
KERSDIENS: Vrydag 25 Desember om 9am — kom vroeg vir sitplek.
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“People will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget how you made them feel.” – Maya Angelou