Jean Vanier is ʼn Kanadese Katolieke Teoloog en Filosoof. Op die ouderdom van 88 het hy reeds ʼn skatkis van boeke geskryf. In een van sy boeke, ‘Community and Growth’ sê hy, “One of the marvellous things about community is that it enables us to welcome and help people in a way we couldn't as individuals. When we pool our strength and share the work and responsibility, we can welcome many people, even those in deep distress, and perhaps help them find self-confidence and inner healing.”
Dit is moeilik om vandag te skryf oor ‘A Sense of Community’ na gisteraand se gebeure. ʼn Mens voel magteloos, skaam, verneder, kwaad dat ons president met soveel minagting en disrespek bejeën word omrede hy nie sy verantwoordelikheid nakom as ʼn ‘dienskneg van die gemeenskap’ nie. Maar dan lees ek Vanier wat sê, “I am struck by how sharing our weakness and difficulties is more nourishing to others than sharing our qualities and successes,” en ek wonder ...
... hoe Jesus sou oordeel oor Zuma en al chronies? Wat sou sy aanbeveling wees om menswaardig op te tree in hierdie tyd wat een man dit regkry om ons ganse samelewing te polariseer. Ek kyk na die embleem van ons parlement met die woorde, “WE THE PEOPLE” — en op ons land se wapenskild die Khoisan woorde, “DIVERSE PEOPLE UNITE” — en ek hoor die stemme van ʼn duisend engele wat sê: bly getrou aan jou roeping om mense te herinner dat God ons nie roep om buitegewone dinge te doen nie maar om in ons alledaagse, gewone lewe, ʼn buitegewone liefde te openbaar ... en dit op Vrouedag waar ons onthou — fathers create opportunity, but it is the mothers who create community!
Die gemeenskap waarin ons leef, definieer tog ook ons eie identiteit. Ons kan nie onsself losmaak van die somtotaal nie want daarvan het ons land ʼn bitter geskiedenis waarvan ons en ons kinders nog lank gaan afbetaal vir die brutale ingrype in volksgenote se menswaardigheid. Die pad van versoening en heling in dié land lê in die woorde van Tutu wat gesê het, “A person with ubuntu is open and available to others.” Die essensie van ‘community’ lê in ʼn ontvanklikheid om te luister, veral na hulle wat van ons verskil, hulle wat niks vir my kan doen of gee nie. Om te leer uit elke situasie want mý storie lê geweef in die verhale van my familie, lê gesoom in die verhale van mense wat my pad kruis. Ons elkeen se verhaal is vervleg in die verhale van ons totale bevolking, in die beste maar ook die minder goeie eienskappe wat in elkeen van ons se skadukant skuil. Mens moet versigtig wees om te sê, “Gelukkig is ek nie sus of so nie!” want as daar een ding is wat ek vroeg in my lewe geleer het, is dit die feit dat almal van ons steel, almal van ons lieg, en almal van ons bedrieg. Dít is die werklikheid. Hoe gouer ʼn mens eerlik is hieromtrent, hoe gouer kan ʼn mens verantwoordelikheid vat vir dié slaggate en die wonde heel.
Jean Vanier gaan verder, “Every human activity can be put at the service of the divine and of love. We should all exercise our gift to build community.” Ons het almal ʼn Godgegewe opdrag, ʼn Goddelike verantwoordelikheid om ons toerekenbaarheid ten opsigte van ons gemeenskap met vurige toewyding na te kom. Om jouself ʼn Christen te noem, is om jou te vereenselwig met Jesus se verklaring, “Die Gees van die Here is op my omdat Hy my gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het my gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid te stuur.” (Lukas 4:18) Dieselfde Jesus wat gesê het, “Want ek was honger, en julle het my iets gegee om te eet; ek was dors, en julle het my iets gegee om te drink; ek was ’n vreemdeling, en julle het my gehuisves; sonder klere, en julle het my klere gegee; siek en in die tronk, en julle het my versorg ... want sover julle dit aan een van die geringstes gedoen het, het julle dit aan my gedoen.” (Matteus 25:35-36,40)
Daarom kan ons nie dom bid dat God ʼn einde moet maak aan oorloë nie want hy het aan die mens die vermoë gegee om in vrede te leef. ʼn Mens kan nie dom bid dat God ʼn einde moet maak aan hongersnood nie want Hy het meer as genoeg gegee om die hele wêreld van voedsel te voorsien as ons net sal leer om te deel, sal niemand honger gaan slaap nie. Ons kan nie dom bid dat God ons vooroordele moet verander nie want Hy het vir ons oë gegee om die goeie in iedere mens te sien. Ons kan nie dom bid dat God ʼn einde moet maak aan die wanhoop nie want Hy het aan ons al die middele gegee om hoop te gee aan mense wat moed verloor het.
“A Christian community should do as Jesus did: propose and not impose. Its attraction must lie in the radiance cast by the love of brothers.” som Jean Vanier dit op. Daarom bid ons vir krag en vasberadenheid, ʼn dapperheid om te doen in plaas van net te bid, om te wees in plaas van om net te wens en te weet dat geluk lê meer in ons gee as ons ontvang.
Daarom sê Jesus, “Waar twee of drie ...” want die kleinste deel van die geheel is twee. Ons samelewing het verskeurd geraak onder die dekmantel van ‘individualiteit’ waar alles gaan oor mý regte, mý gevoelens, mý opinies, mý vryheid tot so ʼn mate dat ons elkeen dobber soos kurkproppe op die groot oseaan van humanity. Geen wonder dat ‘eensaamheid’ die grootste oorsaak is van depressie, verslawing, selfmoord, moedeloosheid, en vertwyfeling nie. Waar mense met liefde omarm word, gekoester en geliefd voel, verlig dit die simptome van eensaamheid. Dit is ʼn onomwonde feit dat waar ons voel ons behoort, dat mense vir ons omgee, na ons luister met empatie en begrip, dat ons nie veroordeel word vir die skakerings van al ons goeie en slegte eienskappe nie, daar word ons heel ... en word ons bemagtig om ons ereplek in die neem om die tafel wat gedek is met die goedheid en guns wat God deur ONS hande voorsit. Laat ons die een wees in diens van ons ewemens.
A sense of community is as much a sense of belonging as a sense of meaning! Ons wil ons lag en huil, ons vind en verloor, ons beste en slegste, ons vreugdes en verlange met ander deel. Ons wil ons talente inploeg in die landerye van ons gemeenskap. Ons wil deel voel van die bedding in ons gemeenskaplike tuin. Daarin speel ons spirituele gemeenskap by Neo-Spektrum ʼn belangrike rol as ʼn ruimte wat mekaar nie net ʼn stem gee nie maar die woordeskat om gehoor te word. Dit vra dat ek en jy vandag nog êrens na ʼn vriend of familielid, ʼn kollega of ʼn vreemdeling sal uitreik. Gaan maak vrede waar daar konflik is. Gaan vergewe waar jy voel iemand het jou te na gekom en vra vergiffenis waar jy weet jy was verkeerd. Dan sal dit regtig ʼn goeie dag wees!
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“When we love and respect people, revealing to them their value, they can begin to come out from behind the walls that protect them.” ― Jean Vanier
Liturgie: 13_augustus_2017