12 November 2017

My buurman het 18 jaar gelede ʼn suurlemoenboom geplant op die grens tussen my en hom. Vandag staan daardie boom die enigste venster met ʼn uitsig oor Leeukop toe ... en die stomme Rooinek verseg om dit te snoei. Ek sit vroegoggend op die bank voor die einste venster en kyk deur die skuifdeur na die uitsig oor die stad en bekyk dié suurlemoen boom aan my regterkant. Nie een blaar is dieselfde nie. Nie een tak is dieselfde nie. As ʼn mens soek na ‘perfeksie’ in die boom gaan jy dit nie kry nie en tog is die boom imperfectly perfect — want in sy geheel is dit perfek!
Miskien is dit ook so van ons as mens. Nie twee van ons is dieselfde nie al het ons almal twee oë, twee ore, ʼn neus in die middel en twee bene wat afhang tot op die grond. Niemand is perfek nie maar in ons geheel, is ons ʼn refleksie van iets wat volledig volmaak nie. Die wonderwerk wat ons noem, ‘mens’ — ten spyte van, desondanks, nieteenstaande al ons gebreke is ons imperfectly perfect. Een ding moet ons wel goed begryp: Imperfections are not inadequacies! Net omdat ons in ons persoonlikhede, geaardheid, geite en nukke nie perfek is nie, maak dit ons nie sleg of stukkend nie. Dis nie omdat ek iets tekort kom of onvoldoende is nie. Dit beteken nie ek is minderwaardig en swak nie, want ons weet teen nou wat se monster is die gedagte van ‘lack’ (nie genoeg nie). Van kleinsaf is ons gekondisioneer met die aantygings van nie goed genoeg nie, nie genoeg slim nie, nie genoeg mooi, nie genoeg ryk, nie genoeg maer, nie genoeg van genoeg nie ... en die kanker van nie-genoeg-nie het ons van binne opgevreet so dan so dat ons as volwassenes sukkel met selfwaarde, selfrespek, en selfvertroue.
Met die geruk-en-pluk van die wind die laaste paar dae, sien ek hoe stroom die wolke oor Tafelberg teen ʼn duisligwekkende spoed. Die wolke is nie vierkante en ronde sirkels nie en dit storm nie oor die berg in gelid en reguit lyne nie en tog sien geen mens wolk in wanorde en chaos wat die wind branderry nie. Dieselfde vir die klippe in my huis wat op ʼn duisend strande oor die laaste 18 jaar opgetel is ... nie twee is dieselfde nie, nie een is perfek nie, maar elkeen is uniek, sy eie perfeksie. Wie kyk na die sterre en kritiseer hulle dat daar nie orde en struktuur is nie?
Kom ek gisteraand tot rus met die wind wat voel of dit hierdie stapelhuis van my gaan lig en vir hom gaan neersit in Malmesbury en is die laaste sin in my dagboek: I am completely whole and yet never fully complete!
Ons gesels hierdie maand oor — THE SPIRITUALITY OF IMPERFECTION — en eerskomende Sondag gaan ons praat oor: SELF-VERGIFFENIS. Ons hoor baie dat daar gesê word dat ons moet leer om onsself te kan vergewe, maar wat beteken dit en hoe doen ʼn mens dit?
Miskien slaan Shannon L. Alder die spyker op die kop as sy sê, self-vergiffenis begin met die besef — “You’re not bound by the past; that is who you used to be. You’re reminded that your feelings are not who you are, but how you felt at that moment. Your bad choices defined you yesterday, but they are not who you are today. Your future doesn’t have to travel the same path with the same people. You can start over. You don’t have to apologize to people that won’t listen. You don’t have to justify your feelings or actions, during a difficult time in your life. You don’t have to put up with people that are insecure and want you to fail. All you have to do is walk forward with a positive outlook, and trust that God has a plan that is greater than the sorrow you left behind.”
Daarby hak C. JoyBell C. aan as sy self-vergiffenis beskryf as die sleutel om die perfeksie in die imperfeksie te sienas ons eerlik is met onsself, en moedig albei vlerke kan sprei — “For everything in this journey of life we are on, there is a right wing and a left wing: for the wing of love there is anger; for the wing of destiny there is fear; for the wing of pain there is healing; for the wing of hurt there is forgiveness; for the wing of pride there is humility; for the wing of giving there is taking; for the wing of tears there is joy; for the wing of rejection there is acceptance; for the wing of judgment there is grace; for the wing of honour there is shame; for the wing of letting go there is the wing of keeping. We can only fly with two wings and two wings can only stay in the air if there is a balance. Two beautiful wings is perfection. There is a generation of people who idealize perfection as the existence of only one of these wings every time. But I see that a bird with one wing is imperfect. An angel with one wing is imperfect. A butterfly with one wing is dead. So this generation of people strive to always cut off the other wing in the hopes of embodying their ideal of perfection, and in doing so, have created a crippled race.”
Die Hebreeuse woord ‘na’sa’ wat vertaal word met ‘vergewe’, beteken: verlig, verdra, aanvaar, kwytskelding. Die Griekse woord ‘afi’emi’ wat vertaal word met ‘vergiffenis’, beteken: let go, let it be, unknot. Voor ons enige iets of iemand kan vergewe moet ons eers onsself vra, waarom voel ek dat ek iemand moet vergewe; wat is die emosies (reaksies) wat ek saamdra oor wat gebeur het? As ʼn mens eerlik genoeg met jouself is, sal ons erken dat dit altyd maar weer die illusie van ‘nie genoeg nie’ is wat manifesteer in wat ons ervaar as mislukkings, teleurstellings, tekortkominge, foute, en die alewige skuldgevoelens oor wat ek moes of nie moes nie ... die emosies van vrees wat die vuur van skuldgevoelens oor berge en dale skroei en als wat mooi en kosbaar is, afbrand.
Kom ons verken Sondag die SEWE SLEUTELS om self-vergiffenis te ontsluit — (i) self-vergiffenis laat los aan die verlede; (ii) kies liefde bo vrees; (iii) neem verantwoordelikheid; (iv) kweek en koester empatie (compassion); (v) ruil persepsie vir introspeksie, projeksie vir refleksie; (vi) gratitude, thankfulness, appreciation; (vii) devotion, dedication, discipline è “For perfection never appealed to me ... it’s the beauty and honesty behind imperfections, that I fall in love with” (Wordions)
ʼn Litteken is tog nie ʼn fout of gebrek nie. My littekens is graverings van redding en verlossing. ʼn Huldeblyk aan lewe in die perfekte imperfeksies daarvan. Om myself te vergewe is om die las van skuldgevoelens en vrees neer te sit. Ek is nie my foute nie. Ek is nie my wonde nie. Ek is die een wat daardeur beur soos ʼn vlinder deur die kokon. Draai die volume af van al die negatiwiteit. As jy ʼn fout maak, vergewe jou self en beweeg aan. Stop die obsessies oor goed wat verby is en vermy gedagtes (én mense) wat jou die hele tyd daaraan wil herinner. Vergiffenis is ʼn keuse, ʼn besluit, ʼn gesindheid. Die wind het gaan lê ... die jaar trek water, maak die beste van vandag!

🌺 ACIM — Kolping: 16 November @ 19h30 en Stad: 20 November @ 19h30 — Lessons 41-48 (Lees asseblief hierdie 8 lesse voor die tyd)

Besoek ons Facebook ​​​​​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“Until we can receive with an open heart, we are never really giving with an open heart.” ― Brené Brown

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights