Goeiemore — haal diep asem voor jy vandag se epos begin lees ... miskien is dit met die eerste lees so bietjie oorweldigend; miskien ʼn sin of twee te lank; dalk ietwat meer filosofies as prakties verteerbaar. Tóg is dit belangrik om dit te assimileer want die inhoud en betekenis kan moontlik jou hele lewe – van binne na buite – verander. Vergewe al die Engelse begrippe en woorde tussenin. Gereed? Okay, here we go --
Ons het laas week afgeskop met ons tema vir die maand — WE CREATE OUR OWN REALITY — en ʼn heerlike gesprek in ons Wysheidsirkel gehad oor dié onderwerp. Ons het begin deur te vra, wat is die verskil tussen realiteit (reality) en werklikheid (actuality)? Werklikheid (waarheid) is konstant en altyd waar, dit verander nie. Ons reaksie daarop verander gedurig, wat beteken dat ons ons realiteit skep vanuit ons reaksies op sekere gebeure, situasies, ervaringe. Verder het ons gesels oor die ‘feit’ dat alles in die ganse heelal (makro- en mikrokosmos) berus op die beginsel van oorsaak en gevolg. Daar is nie iets soos ‘toeval’ nie, ons is soms net meer bewus van die sinchronisiteit van sekere gebeure.
Daar is sewe dinge wat ʼn invloed het op dit wat ons ervaar as ons REALITEIT — [1] Beliefs ... wat ons glo en dink van onsself: self-waarde, selfbeeld, ens. [2] Expectations ... verwag jy die beste of die slegste? [3] Assumptions ... is dinge moeilik of is dit moontlik? [4] Perceptions ... ons persepsies en projeksies bepaal hoe ons die werklikheid beleef. [5] Moods ... ons gevoelens en emosies speel ʼn groot rol in ons realiteit. [6] Choices/Decision ... die keuses wat ons maak, teken die prentjie van wie ons werklik is. [7] Thoughts ... dit is die groot en belangrikste een waaroor ons eerskomende Sondag spesifiek gaan gesels want ALLES wat ons ervaar se pad loop deur ons gedagtes As ons enige iets wil verander, gaan ons eers ons gedagtes moet verander. Néé, dit is nie moeilik nie ... dit is moontlik! 😉
Ek en jy is in totaliteit die skeppers van ons realiteit. Nie net gedeeltelik nie, maar geheel en al. Ons skep daardie realiteit met bogenoemde sewe goed maar byname deur ons gedagtes. Aanvanklik lyk/klink dit verregaande en in sommige omstandighede selfs aanmatigend en arrogant om so iets te sê omrede daar onmiddellik voorbeelde van omstandighede by ons opkom waar ons kan sê, ‘Hier het my gedagtes niks te doen met my realiteit nie!’ – en dan wys ons vinger na die dag van ons geboorte; daardie ongelukkig wat plaasgevind het totaal buite my beheer; ʼn siekte van myself of iemand na aan my; die dood van ʼn geliefde; om nie te praat van aardbewings, orkane, en natuurrampe nie. Ons gedagtes hak vas in ʼn lysie voorbeelde en roep dan uit, ‘Sien, dis nonsense!’
Consciously én subconsciously skep ons elke oomblik van die dag ons realiteit. Selfs toe ons nog in die skoot van ons moeder was, was daar reeds conscious thoughts – nie naasteby so gesofistikeerd soos die gedagtes wat hierdie woorde lees nie, maar steeds volledig aanwesig en reeds bewus (consciously aware). Dit is wel so dat ons in dié wêreld kom en binne ʼn vasgestelde werklikheid (actuality) gebore word: ons het spesifieke ouers, ons is gebore in Suid Afrika, ons het ʼn bepaalde velkleur, word groot in ʼn spesifieke kultuur, ensovoorts. Ons geboorte plaas ons op ʼn bepaalde weg maar op daardie snelweg is daar duisende, miljoene bane om van te kies. Daar kan afdraaipaadjies wees, die motor kan breek of ʼn pap wiel kry, ons kan stop en oornag, miskien selfs ʼn ongeluk maak of êrens omdraai en teruggaan waar ons vandaan kom net om uit te vind dat ‘terug’ is ook alweer ‘êrens anders’ ... ons kan aanneemouers hê, ons kan immigreer na ʼn ander land, ons kan met ʼn Franse vrou trou en in ʼn nuwe kultuur opgeneem word, ons kan selfs Michael Jackson van swart na wit ... die werklikheid (waarheid) van wie ons is en waar ons vandaan kom, bly altyd dieselfde. Daaruit vloei ons gedagtes en ons gedagtes (aksies & reaksies) bepaal ons realiteit — in every event, detail and nuance of your life.
Soos ons ons lewenspad stap word ons meer en meer bewus van ʼn ingeboude GPS. Ons leer uit ons ervaringe, ons luister na die raad van medereisigers, ons is soms in storms en ander kere onder die skroeiende son maar stelselmatig begin ons daardie GPS vertrou. Daardie GPS (satelliet) sein noem ek ons Menslike Bewussyn wat in kontak is met die Groot Bewussyn (i.e. God). We are part of the Great Consciousness — en die dag wanneer ons ophou om in die illusie te leef dat ek apart, verwyderd is van dié Werklikheid net sodat my avontuur MORE REAL kan voel, is die dag waarin ons besef wat dit beteken om as Beeld-van-God (God-fragment) te leef ... die dag wat ons hierdie Waarheid vir onsself toeëien, is die dag waar ons werklik sal weet wat beteken vryheid – en dit sal ook die laaste dag wees wat ons onsself sien as ʼn VICTIM en in ʼn nagmerrie vasgevang is van – ‘die lewe het dit aan my gedoen’
Soos laas week genoem, verander Impossible na I’m/POSSIBLE en so begin ons gedagtes ʼn nuwe, meer outentieke, eerlike realiteit skep wat gemaklik asem in die werklikheid (waarheid) van wie ons is, waar ons vandaan kom, waarheen ons op pad is en wat is my doel met hierdie reis. Vir jare lank het wetenskaplikes geglo dat ‘consciousness’ word gebore vanuit ʼn fisiese objek en dis maar nou onlangs wat daar met eksperimente bewys is dat dit net andersom is. Ironies genoeg het die Hindoe Leermeesters al 3000BC dit geleer. Dit waarna Buddha (500BC) verwys het as hy sê, “All that we are is the result of what we have thought. The mind is everything. What we think, we become” en waarna Jesus verwys toe hy gesê het, “Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.” (Markus 11:24)
In Michael Brown se boek, ‘Finding the Field: an adventure of body, mind and spirit’ skryf hy, “What you think becomes you, what you feel follows you, what you believe builds around you. But perhaps you are wondering: if we get what we focus on, why do we get so much of what we don’t want? That’s because we often focus most passionately on what we don’t want, and our personal universe always grants our greatest passions.” Ons gedagtes spring rond elke split sekonde van die dag en ons weet hoeveel keer per dag verander ons ons gedagtes oor iets en waar gedagtes eers oortuiging (belief) geword het, gaan lê dit in die sub-conscious mind en daar word ons ‘realiteit’ gebore. Hier is waaroor ons Sondag gaan gesels en ek belowe om dit eenvoudig en prakties te hou:
Jy word uitgenooi om saam te kom dink en skep. Pak jou vrae vir die reis en kom ons maak saam sin van ʼn nuwe manier van DINK in ons aksies en reaksies op dit wat ons is en hoe ons reageer op die kronkel-kronkels van ons lewensreis.
Sien uit om Sondag in ons Wysheidsirkel hieroor te reflekteer en saam BROOD TE BREEK en die BEKER VAN DANKSEGGING TE DEEL. Geseënde mooi week vir jul elkeen.
ACIM: Hervat weer na die skoolvakansie
Besoek ons Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651?fref=ts
Gedagte vir die Week:
“See life not only as your creation, but as your mirror.” — Michael Brown