Hierdie week se liturgie: 12_januarie_2014
Baie keer sal mense vra, “... waaroor gaan dit by Neo-Spektrum?” en dis gewoonlik net na die vraag, “is jy regtig ʼn dominee?” Die woord ‘dominee’ het nog nooit vir my ʼn positiewe konnotasie gehad nie omdat die titel geassosieer word met ʼn religieuse elite waarmee ek ongemaklik is. Dit was ook vir my moeilik om te kon napraat dat “God het my geroep” want ek het nie die sin verstaan nie omrede ek nie gedink/geglo het ek is so spesiaal nie, wat nog te sê uitgekies (nog ʼn konsep wat nie vir my sin gemaak het nie). Terdeë bewus van my foute en gebreke het ek vir jare lank, letterlik en figuurlik, my ‘wonde’ besing – in liedere en gedigte; in preke en praatjies; in geselskap en getuienis. En toe, in 2010 kry ek ʼn regte wond, en voor my oë word dit gesond (gouer as wat ek ooit sou vermoed) en al wat oorgebly het, is twee littekens.
Ja, skielik het ek besef – ons ís ALMAL spesiaal – soos elke dokter in ʼn teater; elke suster in ICU; elke pasiënt aan my linker- en regterkant; elke gebed en gebaar van welwillendheid; elkeen se deurleefde omgee en daar wees, my kind se onwrikbare geloof in sy oë dat ek okay gaan wees.
Dit alles was ʼn manifestasie van ʼn veel groter ‘wond’ wat ek aan die binnekant gedra het — ʼn wond van vernedering, verneuk, verwerp. Stadig maar seker het ek gesond geword. Daar was herinneringe en onthou, daar was dae van opgee en dan weer oorgee en toe gebeur Neo-Spektrum — in driedubbele omlyning van ʼn spirituele hart wat vir so lank op sy eie probeer klop het! Die eerste omlyning sou ek openhartig (pun intended) COMPASSION kon noem waar die liefde van soveel mense (vriende én vreemdelinge) in en deur ons spoel; die tweede omlyning sou ek COMMITMENT wil noem wat geboorte gee aan ʼn opregte toewyding om in diens van ander te staan sonder voorwaardes en verwagtinge; en die derde omlyning kan ek vrymoedig CELERATION noem want skielik besef ons wat beteken dit om al die skuldgevoelens oor gister te laat gaan asook die vrees dat gister, môre gaan herhaal. So leer ons dat ‘GRACE’ beteken ‘dankbaarheid’ — en dat God my en jou gereeld op die skouer tik en sê: “I’m not done with you yet! Now go stand in the circle of your congregation, behind the desk of your company, in front of children in a classroom, next to a stranger in a queue, in the arms of you lover – and be the awareness of My presence!”
Op ʼn aand, tydens die geboorte van ons Spirituele Geloofsgemeenskap, het ʼn groep van ons gaan sit en die volgende sewe beginsels verwoord wat die essensie van Neo-Spektrum is ...
· Hier ontmoet ons ’n God wat Ewige LEWE en Alomteenwoordige LIEFDE is
· Hier erken ons dat die KRAG wat in en deur ons vloei, is nie van ons is nie
· Hier laat ons ’n GELOOFWAARDIGE stem hoor wat relevant en sinvol is
· Hier word alle mense MENSWAARDIG behandel met respek en deernis
· Hier is ruimte vir ANDERSDENKENDES om van mekaar te kan/mag verskil
· Hier gee ʼn wysheidsirkel aan elkeen ʼn STEM om ons geloof, hoop, en liefde te deel
· Hier is geen VERWYDERING of VEROORDELING nie en leer ons om ‘dankie’ te sê
Daarbenewens word niemand se ‘storie’ by die deur gevra voor jy mag sit nie. Almal is welkom om deelnemers te wees aan ons liturgie asook sakramente. Ons is sensitief daarvoor dat elkeen van ons het sy/haar eie verhaal, en ja, ons eie littekens wat sê, “my past is real” — sonder om daarvoor omverskoning te vra. Ons draai nie daarin vas nie en dit definieer nie wie ons is nie. Weer en weer staan ons op en onthou hoe God na ons kyk. Van spirituele geboorte, deur spirituele dood, tot spirituele opstanding onthou ons — Compassion, Commitment, Celebration!
Kom ons vat hierdie drie begrippe eerskomende Sondag saam as ons vir ʼn uur gesels oor: We're active participants instead of passive consumers of a spiritual experience.
Miskien was jy nog nooit by ons Sondag-byeenkoms nie, miskien voel jy ‘kerk’ is nie jou ding nie, of miskien was jy eenmaal te veel gewond deur sogenaamde ‘godsdienstige’ mense — daarom nooi ons jou om vir ʼn uur iets te kom deel wat jy nie gewoonlik op ʼn Sondag doen nie. Dit is ʼn uur se herinnering wat ons potensiaal is in ʼn veilige ruimte wat anders is; ʼn uur se onthou dat ons nie alleen is nie; ʼn uur se toewyding aan God wat gaan oor ʼn ervaring en nie ʼn definisie nie. Vir almal wat gereeld daar is, kom ons brei ons sirkel uit en maak hierdie maand se tema oor COMPASSION die helpende hand wat uitreik na ʼn vreemdeling en die hart wat nie bang is om te buk om ʼn vriend op te help nie en dan stap ons hierdie nuwe jaar tegemoed, wetende – we only have what we give!
WERKSWINKEL: INLEIDING TOT ‘A COURSE IN MIRACLES’ (ACIM) — Saterdag 18 Januarie 10am-12pm — BESPREEK BY MY ASB
Die ACIM groepe begin weer 20 Januarie (STAD) en 23 Januarie (KOLPING)
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“Too often we underestimate the power of a touch, a smile, a kind word, a listening ear, an honest compliment, or the smallest act of caring, all of which have the potential to turn a life around.” ― Leo Buscaglia