12 Februarie 2017

Liturgie: 12_februarie_2017

WERKSWINKEL OOR VERHOUDINGE: Saterdag 18 Feb 9am-1pm bespreek asap by lourita@mweb.co.za
Elke Sondag om 10 uur, kom ons bymekaar in die Kapel. Ons sit in sirkels, almal dieselfde hoogte ... geen hiërargie en niemand meer belangrik as die ander. Ons begin met stilte en luister na mooi musiek. Ons deel stories; ons verskil soms van mekaar; ons bring ʼn nuwe perspektief en soms het ons niks te sê nie en word dít die beste gesprek. Ons verwys na ons byeenkomste as ʼn Wysheidsirkel omdat elkeen wat daar sit ʼn enorme wysheid met hom of haar saambring. Ons sou ook na ons Sirkel kon verwys as ʼn weeklikse ‘COUNCIL’ waar ons ons verhale en ervarings deel en vir ʼn oomblik toelaat om ons weerloosheid te wys want dis hoe empatie en erbarming gedy.

In die Afrika-tradisie is die sit in sirkels om vure ʼn baie belangrike aspek van hul (ons) kultuur. Lief en leed word gedeel, verhale oor waar ons vandaan kom, waar die water is en wat die liggies in die hemel beteken. Verhale oor hulle wat voor ons hier was en die stories wat hul agtergelos het, wenke en raad vir kwale, advies en berading vir die een wat rou of bekommerd is. Wat al hierdie wysheidsirkels ingemeen het, is die feit dat daar geluister word met die hart. ʼn Hoofman van die Hopi stam in Amerika het op ʼn keer vir Jung wat op besoek was gesê, “Daar is iets fout met die witman” waarop Jung hom vra wat bedoel hy en sy antwoord, “Hulle dink met hul koppe!” Hoe dan anders wou Jung weet, “Mens kan net dink met jou hart, dit is al hoe ons mekaar hoor!” kom die wyse antwoord.

Daar is ‘hoor’ en daar is ‘luister’ en ek weet nie altyd wat kom eerste nie. Soms hoor ons maar luister nie en soms luister ons en hoor nie. Die een gebeur deur ore na die brein en die ander deur die hart na die siel. In die brein is ʼn duisend filters van agtergrond, opvoeding, taal, en kultuur waardeur die woorde moet breek en ʼn duisend gedagtes word gevorm oor elke woord wat ons hoor. Om te luister met die hart vra dat ons ons spirituele sintuie sal spits om ontvanklik te wees. Oop om bedoeling en begrip te kultiveer. Toeganklik om inhoud en betekenis te koester. Gehoor werk met projeksie, luister werk met refleksie. Hearing is accidental — listening is intentional.

Meestal, of so hoop ons altans, gebeur die twee gelyktydig. Ons luister na ʼn gesprek en ons hoor wat iemand sê. Ons kyk ʼn video en hoor iets mooi wat “tot ons hart spreek” (ken jy die mooi uitdrukking?) Ons luister na ʼn lied en die lirieke bring herinneringe van vervloë dae, ʼn ander bring gedagtes van ʼn lang rit deur die Karoo op ʼn keer, en nog ʼn ander laat ons onthou toe ons in Pere Lachaise gestap het met ʼn walkman in die ore opsoek na Oscar Wilde en Morrison se graf.

Dis wanneer ons in konflik is, dat dié twee uitmekaar val, of soos hul sê — as die mond oopgaan, gaan die ore toe! Ou patrone van konflikhantering waarmee ons grootgeword het en oor jare aangeleer het uit ‘selfverdediging’ moet nou ontleer word om plek te maak vir ‘luister’ en met die emosies van ontkenning, skuldgevoelens, en vrees te kan sit wetende dat die uitkoms dalk nie tot ons voordeel gaan wees nie. Dis hier waar ons kommunikasie vermoë getoets word want jy kan praat, vloek, handgebare, teen mure skryf, en van die dakke af skree ... as jy nie gehoor word nie, is daar geen kommunikasie nie. Shannon L Alder som dit mooi op — “If there is no communication then there is no respect. If there is no respect then there is no caring. If there is no caring then there is no understanding. If there is no understanding then there is no compassion. If there is no compassion then there is no empathy. If there is no empathy then there is no forgiveness. If there is no forgiveness then there is no kindness. If there is no kindness then there is no honesty. If there is no honesty then there is no love. If there is no love then God doesn't reside there. If God doesn't reside there then there is no peace. If there is no peace then there is no happiness. If there is no happiness — then there IS CONFLICT BECAUSE THERE IS NO COMMUNICATION!”

Die Evangelie van Thomas beskryf dié waarheid: “If you bring forth what is within you, what you bring forth will save you. If you do not bring forth what is within you, what you do not bring forth will destroy you.” — lees dit weer ... want dis wat ons weeklikse ‘council’ en daaglikse stiltetyd vir ons gee — die vermoë om met die hart te praat én te luister. ‘Council’ (net soos ‘stiltetyd’) ontwikkel ons Emosionele Intelligensie (EQ). Dit bring emosies van onsekerheid, vrees vir verwerping, vernedering, eensaamheid, skuldgevoel en verwyte na die oppervlakte ... daar kry dit lig en lug en met nuwe hoop (insig/wysheid) kry ons ʼn ander perspektief (uitsig/waarheid) wat Spirituele Intelligensie (SQ) ontwikkel.

Toenemend is ek daarvan oortuig dat ons IQ niks beteken as dit nie in harmonie en balans is met ons EQ en SQ nie. Sonder laasgenoemde twee is jy net ʼn brein wat die lyf gebruik om van punt A na punt B te beweeg en eintlik ook net die een kant van die brein. Paulus gee die brug tussen die twee as hy praat van die vrugte van die Gees want in die praktiese uitlewing van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid, en selfbeheersing vind daar ʼn wonderwerk plaas deurdat ʼn mens leer om te luister met die oë, ore, smaak, reuk, en vel van die siel waarin ons die stem van God hoor. Ja, God praat ook deur ons fisiese sintuie want iets gebeur as ek na Beethoven luister ... “wanneer brood en speeksel meng maak U verbasend sin” skryf Sheila Cussons oor die nagmaal ... en as ek die druppels op my vel voel dan ruik ek die hemel in die reën. Maar God se stem is die helderste en duidelikste waar ons leer om in stilte na onsself te luister sodat ons ons Self sal hóór.

In die film ‘Bruce Almighty’ antwoord God vir Bruce wat wil weet hoekom God nie sy gebede verhoor nie, “If someone prays for patience, do you think God gives them patience? Or does he give them the opportunity to be patient? If they pray for courage, does God give them courage, or does he give them opportunities to be courageous? If someone prayed for their family to be closer, you think God zaps them with warm, fuzzy feelings? Or does he give them opportunities to love each other?”

Ons gesels dié maand oor RESET YOUR EARS -- en eerskomende Sondag gaan ons ʼn paar praktiese oefeninge doen wat jy in jou gesin en selfs by die werk, by familie of in ʼn vriendekring kan doen om ons luistervermoë te verfyn. Ons gaan saam ʼn paar rituele doen om jou in staat te stel om jou eie vulnerability te deel, nie te ontken of weg te steek nie maar om dit te kan deel waar dit veilig is, op ʼn manier wat onbedreig is, om sodoende met ons harte te luister sodat ons siel sal hoor. Om na daardie plek te gaan, is die begin van wysheid en die mensdom se toekoms hang al hoe meer daarvan af.

🌺 ACIM — Stad 13 Februarie 19h30; Kolping 16 Februarie 19h30 — Chapter 12: The Holy Spirit’s Curriculum (p215)

Besoek ons Facebook ​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“Out beyond ideas of wrongdoing and rightdoing there is a field. I'll meet you there.” — Rumi.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights