Paasnaweek is verby en die deur is geopen na ʼn nuwe betekenis van Pase. Vir my persoonlik is die blywende boodskap van hierdie jaar se Paasfees: Easter spells out beauty, the rare beauty of NEW LIFE! This New Life gives my life meaning and direction, and the opportunity to start over no matter what my circumstances. Ons tema vir die maand is: APRIL — DIE MAAND VAN HOOP! ... ons gaan verskeie temas verken rondom die betekenis van HOOP.
Een van die mooiste Psalms wat ek ken, sê, “Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.” (Psalm 126:5-6) Ons ken die uitdrukking, “wat jy sal saai, sal jy maai ...” wat ons leer uit Galasiërs 6:7, “Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes.” Gister sit ek in ʼn gesprek met iemand oor die onderwerp van ‘cause and effect’ toe hy vra, “Is it really true that you always reap what you sow, because even the best plans for my business or marriage will not necessarily reap the fruit I was hoping for?” Alhoewel ek verstaan wat hy bedoel, het ek hom verseker dat na al die jare van my eie lesse leer en ander help tot insig deur berading of Sondaggesprekke, is die beginsel van “sowing and reaping” net so seker as die wet van gravitasie. Dit is egter ONS keuse wat se saad saai ons, in watter grond, in watter seisoen.
Om die waarheid te sê, as mens regtig iemand se karakter wil leer ken, staan agter of langs hulle en kyk na dit waarna hulle kyk ... wat saai hulle? Dit sal jou veel meer vertel van hul karakter as die stories wat geweef en gespin word wanneer hulle jou in die gesig kyk.
God saai nie vir mense nie, net so min as wat Hy vir jou oes — maar om te sien wat iemand ‘saai’ sal jou vertel wat is hul intensies, wat motiveer en inspireer hulle, waar lê hul skat want, “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees!” (Matt 6:21)
Hoe meer ek leer oor liefhê, hoe meer ek die wysheid van ‘the loving-kindness of God’ verstaan, hoe meer besef ek — as daar nie ʼn erkenning en dankbaarheid is oor ‘the grace of God’ nie, hoe meer sal ons jaag na alles wat ons kan saai en sal geen oes ooit goed genoeg wees nie. Die tragedie van die mensdom is dat ons altyd dink ons het ʼn beter manier, en so lei die EGO ons aan die neus om altyd te soek na iets wat ‘beter’ is. Daar is soveel klem op die ‘saai’ (sow) dat ons totaal perspektief verloor het op die ‘oes’ (reap). Om te weet wanneer en hoe om te oes, is nét so belangrik soos die saai. Dit is waar ons die balans verloor en met alle respek gesê, ek vind so lewenstyl lafhartig. Ons wil emosioneel, intellektueel, finansieel saai en verwag ʼn spirituele oes van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Is dit nie juis andersom nie? Die Christelike Spiritualiteit leer ons, “For God did not give us a spirit of cowardice, but a spirit of power, of love and of sound mindedness.” (2 Tim 1:7)
Mense raak moeg van God soos hul moeg raak van verhoudings — gelukkig word God nooit moeg van ons of Sy verhouding met ons nie. Hallelujah! Ons het so lae verwagting (hoop) van onsself. O-ja, ons weet alles van hoe om verwagtinge op mekaar te projekteer maar wat is jou verwagting (hoop) van/vir jouself as elke dag gesaai word met negatiewe gedagtes, fout-vind, krities, alles wat verkeerd is en ons nie eers meer weet wat beteken, hoop vir die beste, omdat ons te gewoond geraak het aan, verwag die ergste. As die oes dan oplewer wat ons saai, is ons die eerstes wat uitroep, ‘ek het geweet dit gaan gebeur!’ en wanneer iets goed gaan, dink ons, ‘this probably won’t last long’ ... en so blaai die een dag om na die ander en besaai ons ons gedagtes met twyfel, agterdog, persepsies, opinies, wantroue. Sonder om te besef dit alles is simptome van ʼn dieper probleem, ʼn spirituele armoede.
Dis natuurlik nie maklik vir die persoon wie se hele lewe vol teleurstellings en ontnugtering lê nie en hul die gewoonte aangeleer het om skepties, sinies te wees oor alles. Tog verander die oes, die oomblik as ons kies om anders te saai. As ons vandag eerlik ons eie hart moet evalueer, wat se saad saai jou gedagtes in jou hart? Onthou maar net — we are talking about having our expectation in God ... and it is far more than a mere positive attitude! Hoop beteken nie dat alles sal uitwerk soos ek wil hê dit moet uitwerk nie maar ons te glo (weet) dat dinge sal okay wees selfs wanneer dinge nie okay is of uitwerk nie.
Die Griekse woord vir ‘WIL van God’ is ‘thelema’ wat beteken, ‘[splendour, desire, delight] of God’ – ek kan nie onthou wanneer laas ek so hard, so aanhoudend, met volharding gevra, gebid, gesoek het na die ‘WIL van God’ nie. Elke belofte wat ek ontvang, word in my dagboek verwoord ... dit kom deur boeke wat ek lees, lirieke van liedere, stilte in my gebede, inspirerende gedagtes en Bybelverse, gesprekke met vriende, my eie intuïsie en aanvoeling. Almal van hulle in die refrein van my mantra: I will acknowledge God’s presence, believe His promises and surrender to His special will (splendour, desire, delight) for me!
Maar hier is die waar van die waarheid, en die werk van die werklikheid — ONS saai en ONS oes maar ons het mense nodig wat help. God werk deur die hande en voete, ore en oë van mense om ons. Ons is vir ander daardie werkers in hulle landery en hulle help ons deur ons plant en oestyd. APRIL — die maand van HOOP, is die seisoen om mooi te gaan dink wat ons saai. Met moed en krag ons landerye aan te durf saam met mense wat ons harte versigtig in hul hande dra. Vriende, familie, kollegas wat help om die grond voor te berei, water aan te dra en JA, as die oestyd kom, saam die gerwe sal dra.
Paasfees is verby, maar die invloed nog lank nie! Vir vandag is my mantra: I will seek to sow seeds of love and kindness and faith knowing that as a result I will reap God's best for my life.
Kom wees deel Sondag van ons Wysheidsirkel en kom ons bemoedig mekaar, ondersteun mekaar, inspireer mekaar en saam sê ons dankie dat die HOOP nooit beskaam nie — daarvoor neem elkeen van ons die verantwoordelikheid.
ACIM: Kolping — 16 April 19h00 en Stad 20 April 19h30 — Chapter 13: The Guiltless World p236 Section V ‘The Two Emotions’ en Section VI ‘Finding the Present’
Besoek ons Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651?fref=ts
Gedagte vir die Week:
“When we love, we always strive to become better than we are. When we strive to become better than we are, everything around us becomes better too.” ― Paulo Coelho