Hierdie week se liturgie: 11_mei_2014
Verkiesingsdag 2014 --
Dit was die wyse Mark Twain wat gesê het, “If voting made any difference they wouldn't let us do it.” Tog is daar iets wat ʼn mens opgewonde maak oor die één dag waarop almal na ʼn stembus gaan om ʼn kruisie te trek agter ʼn naam wat ons glo ʼn verskil gaan maak. In ʼn kollektiewe bewussyn het ons nodig om te glo dat iemand êrens ʼn verskil sal maak aan ons lewe. Die kollektiewe ‘wil’ van ons as mens was nog altyd baie wispelturig ... die een oomblik is dit die Macarena en kort daarna is dit Gangnam Style.
Miskien, vir die meeste van ons wat hier lees, maak dit geen duit verskil wie môre die verkiesing gewen het en met hoeveel stemme nie en sal die lewe aangaan asof daar geen verkiesing was nie maar miljoene Suid Afrikaners staan vandag in ʼn ry om daai [X] te maak in ʼn absolute geloof en hoop dat iets aan hul omstandighede sal verander. Dit is vir daardie stem dat elkeen van ons ʼn PLIG het om ons kruisie te gaan trek. Saam maak ons ʼn collective consciousness wat nie net die regering van die dag tot verantwoording roep nie maar ook ons REG uitoefen om ʼn ‘stem’ te hê in wat ons droom vir ons mooi land. In die maand waarin ons gesels oor Psalms kan ons eerskomende Sondag stilstaan by twee Psalms waarin dit enersyds gaan oor ons verantwoordelikheid teenoor mekaar maar andersyds oor ons as ambassadeurs van God op dié Aarde wat ons almal bewoon.
Psalm 82:2-6 —
Doen wat reg is aan die wat swak is en aan die wat wees is,
red die hulpelose en die behoeftiges,
bevry hulle uit die hand van goddelose mense.
Hulle weet nie en verstaan nie, hulle loop rond in duisternis,
al die fondamente van die wêreld wankel.
Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste.
Jesus haal Psalm 82:6 aan in Johannes 10:34vv — “Daarop sê Jesus vir hulle: “Staan daar nie in julle wet geskrywe: ‘Ek het gesê: Julle is gode’ nie? God noem hulle tot wie sy woord gekom het, dus ‘gode’, en wat daar geskrywe staan, kan nie verander word nie. Hoe sê julle dan vir My wat deur die Vader afgesonder en na die wêreld toe gestuur is: ‘Jy praat godslasterlik’, omdat Ek gesê het: ‘Ek is die Seun van God’?” Wat beteken hierdie stelling wat Jesus maak?
So dikwels by praatjies of privaat gesprekke sal mense vra, “Was Jesus die Seun van God?” en om een of ander rede voel dit altyd na ʼn biologiese vraag. Hoe is dit dat ons net kan dink aan vorm, definisie, en dimensie en nie die sintuie van ʼn spirituele bewussyn ontwikkel nie? Waarom hoor ons nie 1 Johannes 3:9 wat sê, “ʼn kind van God doen nie meer sonde nie omdat die saad (Gr: sperma) van God in hom bly.” Dit word tog nie letterlik bedoel nie? As ons seuns en dogters van die Allerhoogste is hoe raak dit ons verantwoordelikheid teenoor mekaar? Die Hebreeus lees letterlik: “Ek sê: Elohim is julle, selfs die seuns van Elyon [die Allerhoogste] is almal van julle.” Maar dan gaan Psalm 8 verder ...
Psalm 8:4-10 —
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U vasgestel het --
wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
U het hom ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,
die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.
O HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!
Daar word in baie Christen kringe soveel klem gelê op ons sondigheid, die gevalle mens, ons gebrokenheid dat dit feitlik onmoontlik is om Jesus se boodskap van ons goddelikheid te versoen daarmee. Die oomblik as ons praat oor ‘our Divinity’ dan dink ons sleg, skaam, sonde, straf ... afterall – hoe durf enige iemand dit van homself sê? In beide hierdie Psalms, net soos die boodskap van Jesus in die vier Evangelies (byname Johannes) is daar hierdie Goddelike Oproep dat ons slegs hierdie Divinity sal onthou waar ons ons Humanity herken, erken, ken ...
Om te praat oor ons Divinity sê nie ons is God nie — dit sê ons is verteenwoordigers met ʼn verantwoordelikheid — en die manier waarop ons dit doen, is deur ons Humanity. Vandag is Verkiesingsdag — kom ons vier Sondag ‘A Celebration of Humanity’
>>>> ACIM 8 Mei 2014 om 19h00 by Kolping
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“Democracy is the responsibility to be accountable for everyone around you.” — Mahatma Gandhi