Dit was Mark Twain wat gesê het, “The two most important days in your life are the day you are born and the day you find out why.” Die vraag “What is your soul purpose?” is nie metafories nie maar ten diepste ʼn vraag oor relevansie en eksistensie. Soos laas week genoem, gaan ‘goals’ oor wat ons bereik terwyl ‘purpose’ gaan oor wat ons word — achievements are about ME while purpose is about WE. Vra enige kind wat hy/sy wil word en die meeste sal antwoord – ʼn polisieman, ʼn onderwyser, ʼn verpleegster, ʼn dokter, ʼn brandweerman, of ʼn veearts en hoekom, want instinktief wil kinders beskerm, red, help, versorg en genees. Ons het ʼn aangebore sin om tot diens te wees en na mekaar om te sien met sorg en deernis ...
... en dan word ons opgefoeter in plaas van opgevoed dat ons ‘true nature’ in sonde ontvang en gebore is en dat daar ʼn skeiding (verwydering) is tussen ons en God. Ons is met ander woorde terminaal gebore met ʼn ‘siekte’ wat ons lewe van ons gaan eis. Omdat ons ‘siek’ is, voel ons skuldig en sleg en skaam omdat ons nooit goed genoeg is vir God nie. Die ewige stryd tussen lyf, kop, hart, en siel in ʼn poging om aanvaarbaar te wees vir God. “Hoekom?” vra ons dan, en die antwoord, “Want ek wil nie verwerp word nie en die hel is die ultimate rejection wanneer God ons in ʼn vuur gooi vir alle ewigheid omdat ek ʼn mislukking, só teleurstelling, só te min, só niksnut is!”
O, what have we done? To quote Whitman, “O me! O life! ... of the questions of these recurring; of the endless trains of the faithless ... of cities filled with the foolish; what good amid these, O me, O life?” Antwoord Robin Williams se karakter in Dead Poets Society dié vraag met, “That you are here — that life exists, and identity; that the powerful play goes on and you may contribute a verse. That the powerful play goes on and you may contribute a verse. What will your verse be?”
Wat is die vers wat jy bydra tot die ewige lied van die Heelal? Elkeen van ons het ʼn lied wat oorborrel as kind, en daardie lied het ʼn ritme wat eie is aan jou persoonlikheid en karakter. Elkeen van ons word gebore met ʼn dans wat met passievolle oorgawe ons lied sing. Nou is die vraag, waar het ons ophou dans, ophou sing, opgegee om te komponeer aan mý vers? Wie het jou eenmaal nét te veel gedeëvalueer, mis gediagnoseer, te min waardeer?
In die maand waarin ons gesels oor — A SENSE OF PURPOSE — gaan ons Sondag stilstaan by dié waarheid: our true nature is not sin but the one who received the breath of God! In Genesis 1:27 staan daar dat ons is “geskape as beeld van God” — glo my, as ons hierdie vyf woorde ernstig opneem, sal dit ons God-, mens- en wêreldbeskouing radikaal beïnvloed.
Gun my om in ʼn paragraaf of twee my gevoel oor PURPOSE & CALLING te verwoord en te gebruik as raamwerk vir ons gesprek eerskomende Sondag. My wêreld, beide bewustelik en onbewustelik, is ʼn wêreld wat deurweek is met gedagtes en gevoelens oor wie en wat die Goddelike is en hoe dit manifesteer in elkeen van ons se lewe. Elkeen van ons se lewe, van geboorte tot sterwe, het een behoefte: om lief te hê, en een begeerte, om liefgehê te word. Ons totale sin van self-waarde en self-aanvaarding pendel rondom die soek en vind van liefde. Om te lewe is om te God, om te God is om te lewe omrede God nie net die bron van lewe is nie, maar lewe self is. Met lewe word bedoel alles tasbaar en ontasbaar, alles wat ons sien maar ook die onsigbare, ons gedagtes, prentjies, emosies, atome, riviere van are en oseane met ʼn vel om ... alles manifestasies van LEWE. Die enigste sinvolle respons hierop is dankbaarheid en waardering met ʼn deurleefde liefde. Liefde vir myself, my ewemens, die natuur en bowenal, God.
Elke intensie, elke gedagte, elke ervaring lê ten diepste in die wete dat ons Beeld van God is en as hierdie realiteit werklik insink, sal dit elke politieke, sosiale, religieuse, en maatskappy struktuur van binne na buite omdop. Elke vorm van geweld en oorlog sal as obseen vulgêr beskou word sodat ons sal onthou — how God breathed into us and we became a living soul — ons is intiem geweef in die Skepper, Skepping, Siel van Lewe. Dit is my anker. Dit is my ware-noord. Through experimentation, self-exploration, and never ending pruning, stap ons die pad van hierdie avontuur wat ons noem: LEWE. Ons lag, ons huil, ons bid, ons sing, ons dans, ons treur, ons voel, ons beleef, ons vergeet, ons onthou, ons bly, ons vertrek, ons skep moed, ons twyfel, ons raas, ons word stil, ons verdwaal, ons vind, ons leer, ons teach, ons lief, want in alles is ons credo: live life alive! Saam met Steve Maraboli wil ek sê, “I want to live my life in such a way that when I get out of bed in the morning, the devil says, "aw shit, he's up!”
As ons vir ewig moes leef, sou niemand uit die bed opstaan nie want môre is nog ʼn dag. Omdat daar ʼn wete is van afsterf, is daar ʼn fokus, ʼn intensiteit om ons roeping te volbring, ons purpose te vind. Ons wil die lewe in al haar nuanses ervaar — die goed en sleg, die bitter en soet, die vlerke en die dryfsand om op die ou einde te kan sê: Ek was nie net lewendig nie maar het voluit geleef. Dit feit dat ons weet my lewe is verganklik, bring ʼn dringendheid om die essensie van liefde te ken en te ervaar. Ek ÍS nie sondig nie, ek DÓÉN sonde en sonde = to miss your purpose/calling!Jy en ek is nie deel van die buffet wat in alles glo maar vir niks staan nie, nog minder slagoffers van die smash-and-grab maatskappye wat bloed uit ʼn klip tap ter wille van eie gewin nie. Ons is asem van God!
“Niemand leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie” vermaan Paulus in Romeine 14:7 waarop ek antwoord, “I want to live deliberately!” Daar word te veel klem gelê op resources en hopeloos te min op resourceful. Daar is ʼn tyd om te waag en daar is ʼn tyd om versigtig te wees en dit is die een met wysheid wat weet watter en van die twee dit is wat roep. Make your life extraordinary! Be the purpose of Life! Free yourself from the complexities of mediocrity.Simplify. Gebruik jóú gawes, talente en deug om ʼn verskil te maak in die wêreld waarin jy leef. Come’on, I dare you!!
ACIM — Kolping 8 Junie 19h30. Stad 12 Junie 19h30 — Chapter 12: The Holy Spirit’s Curriculum (p215)
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“The greatest thing in this world is not so much where we stand as in what direction we are moving.” ― Johann Wolfgang von Goethe