11 Desember 2016

As ʼn mens die kapel instap is daar ʼn pragtige ‘Afrika’ Madonna-met-kind wat die simbool van Maria en Jesus is. Met Kersfees vier ons die geboorte van Jesus en daarmee saam ons eie ‘wedergeboorte’ — maar wie was die jong meisie met die naam Maria wat die moeder van Jesus sou word? As sy vandag genooi word om deel te neem aan ʼn TED-Talk, wat sou sy kon vertel oor haar eie aspirasies en wat was haar drome en wense vir haar kind? Sou sy kon voorsien dat 2000 jaar later sal die ganse Christendom ʼn heilige dag vier ter ere van sy geboorte ... en wat sou sy sê oor al die kitsch versierings in winkelsentrums waar ʼn luidspreker kerm, “Let it snow, let it snow” in die middel van ons Somer? As ons haar kon kry om ʼn Sondag vir ons die uur se gesprek te lei, wonder ek of haar tema sou wees: The Journey of Purpose! Miskien sou sy in die middel van ons sirkel gaan sit het en gesels het oor wat dit is om jou hart oop te maak vir die amazing, onvoorstelbare geskenk(e) van God en dat elkeen van ons, elke dag geboorte gee aan Lewe. Miskien sou sy ons bemoedig dat ons nooit moet ophou om wonderwerke te sien nie, en dat elkeen van ons ʼn seun en dogter van God is.
Moontlik sou sy begin met haar loflied soos ons dit ken uit Lukas 1:46-49 ...
“My soul glorifies the Lord and my spirit rejoices in God my Saviour, 
for he has been mindful of the humble state of his servant. 
From now on all generations will call me blessed, 
for the Mighty One has done great things for me — Holy is his Name.”
… en wie weet, miskien sou sy ons aanmoedig om ons eie ‘Magnificat’ te skryf. Hierdie kort loflied, wat net in Lukas Evangelie voorkom, bestaan uit drie dele wat begin met ʼn verklaring oor dit wat sy in haar hart voel (v46-48a); gevolg deur wat God spesifiek vir haar gedoen het (v48b-49); en sluit dan af met wie en wat sy voel God is (v50-55).
Om aan te sluit by ons maand se tema, WAAR DIE HART VAN VOL IS ...! gesels Louis van der Riet eerskomende Sondag met ons oor ʼn HART wat aan Christus geboorte skenk. Hoe verstaan ons Maria se hart en haar loflied in die tyd van Advent, en binne ons konteks wat as ʼn post-waarheid samelewing beskryf kan word? Waarna nooi die karakter van Maria ons uit?

Sal enige een van ons die moeder van Jesus wou ontmoet, haar miskien nooi vir ete en met haar wou gesels oor haar seun? Sal so ontmoeting geheel en al ons lewe verander en waaroor sal ons praat en wat sal ons haar wil vra? Vermoedelik sal ons nie eers verwys na ʼn stal of wyse manne nie ... ons sal nie eers genoeg tyd hê om uit te kom by die kruis of die graf nie. Ons sou wou weet ‘hoe volg ʼn mens jou hart’ — hoe bly ʼn mens getrou ongeag, nieteenstaande, desondanks ʼn wêreld wat kantel na gekker as ʼn malhuis op crackers! Altemit sal sy vra, “Hoe oud was jy toe jy die eerste keer geïnspireer gevoel het om iets te doen wat jou hart vir jou sê om te doen?” en as ons sukkel om te onthou dalk vra, “Hoe oud was jy toe jy opgegee het op jou ‘magnificence’?” Or maybe she would remind us that it’s important in this season of Advent to see how expectations differ from expectancy.

Altemit sou sy met ʼn liefdevolle vermaning ons oproep om ons geloof te plaas in die seun wat sy gebaar het. Dat dit ʼn geloof is wat hoop gee in ʼn gebroke wêreld en dat dié hoop net geken en ervaar kan word in en deur ons liefde. Sy sal tien-teen-een verleë wees oor al die afbeeldings wat van haar en haar seun gemaak is maar sou daarop wys dat ons Katolieke broers en susters wel iets reg verstaan dat slegs in ons menslikheid word die Goddelike sigbaar, sleg deur ons medemenslikheid word die Goddelike ervaar. Dat sy as eenvoudige meisie, gebore aan die verkeerde kant van die spoor (Nasaret), swanger van ʼn man wat na alle waarskynlikheid 2x of selfs 3x haar ouderdom was, met wie sy moes vlug na Egipte waar sy ʼn seuntjie moes leer loop en praat, help maatjies maak in ʼn vreemde land en toe terugkeer na haar land en haar man en pa van dié besonderse kind verloor het. Wie weet, miskien sou ons op meer as een manier onsself kon vereenselwig met dié vrou wie se naam verewig is in die kerk van Jesus, wat die Christus genoem word.
Kom deel in ons gesprek Sondag as ons gesels oor die magnificence, splendour, glory, radiance, majesty of God wat ons leer ken het deur die MAGNIFICENCE OF MARIA.

🌺 ACIM — Maandag 12 Desember Stad: 19h30 — Manual for Teachers 4. What are the Characteristics of God’s Teachers? [p9 agter in die boek]
Besoek ons Facebook ​​​​

Gedagte vir die Week:
“We must live with our hearts in our hands - like Mary.” — Kelli Russell Agodon

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights