Hierdie week se liturgie: 11_des_2011
Bietjie later as gewoonlik omrede ek vir die week in Johannesburg was vir werk en waar ek gewoon het, was daar nie Internet toegang nie behalwe via my foon (raar maar waar ... ;-))
Siende dat Desember ʼn maand is van rus, vakansie, Kersfees en die jaar agter ons sit, is dit ook ʼn maand van GEE. Ons gee onsself ʼn tyd van rus en vakansie; ons gee tyd saam met ons gesin, vriende en familie; ons gee vir mekaar geskenkies vir Kersfees om te wys ons gee om en dan kom die Nuwe Jaar en gee ons die geleentheid om die beste van die jaar wat verby is in ons twee hande saam te vat die nuwe jaar in en om dit wat minder lekker was agter ons te sit en dit wat sleg was in die see te gooi met ʼn bordjie wat sê: “NO FISHING!”
Daarom is ons tema vir die maand dan ook ‘GEE’ — en gesels ons elke Sondag oor omgee, oorgee (wat níe opgee is nie!) en teruggee.
Ons het grootgeword in ʼn tradisie waar ons van kleins af geleer en gehoor het: Gee jou hart ♥ vir God — maar wat beteken dit? Gee ons onsself net soos ons is met ons foute en tekortkoming maar ook ons talente en deugde? Gee ons ons verlede, hede en toekoms om anders daaroor te dink; anders daarop te reageer?
Sondag TEMA: I surrender to my brighter Self
• Gee weg wat jou besit (Matteus 19:16-22)
• As ons GEE, ontvang ons (Hebreërs 13:2)
• Om te gee (omgee) is ʼn keuse
Besoek ons FACEBOOK bladsy: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum: Aanwysings: http://kolpingguesthouse.co.za/index.php/directions-from-bellville.html
Mag die res van jul naweek oorloop van liefde en liefhê.
Ons GESPREKSGROEPE het reeds afgesluit vir die jaar behalwe vir die Helderbergsirkel wat môreaand afsluit.
Helderbergsirkel
Ons het ʼn Gespreksgroep in Somerset-Wes/Strand/Gordonsbaai area. Skakel Connie Jordaan by 082.512.0554 vir aanwysings en inligting.
TEMA: Hoe lees ons die Bybel vandag: verhale oor mense van mense in mensetaal.
Ontspanningskamer: Seemeeu Woonstelblok (reg langs Kaapszicht restaurant), Kusweg, Strand
Volgende byeenkoms: Sondagaand 11 Desember om 18h00 (6pm)
Gedagte vir die Week:
“Everybody can be great...because anybody can serve.
You don't have to have a college degree to serve.
You don't have to make your subject and verb agree to serve.
You only need a heart full of grace. A soul generated by love”— Martin Luther King, Jr.