10 Maart 2013

Hierdie week se liturgie: 10_maart_2013

Soms lees mens ʼn vers wat al ʼn duisend keer gelees is en dan, op ʼn dag, lees mens dit weer en die lig gaan aan: Matteus 5:14-16 — “Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ’n mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Ons hoor deesdae die woord ‘secular’ (sekulêr: wêrelds) baie en word teenoor die spirituele gestel. Die sekulêre is soos die motor waarmee ons ry: ons verstaan die meganiese werking van al die komponente; terwyl die spirituele vir ons leiding gee oor HOE om hierdie motor te bestuur en wat is die etiese beginsels van bestuur om veilig van punt A tot by punt B te kom. Ons kan alles van ʼn motor weet (sekulêr) maar alvorens ons dit nie self bestuur het nie het ons nie die ervaring/belewenis (spiritualiteit) daarvan nie. Daar is soveel kontradiksie oor die boodskap wat deur al die eeue aan ons oorgedra is omdat die mens soveel beperkinge het veral as dit kom by die ervaring en inhoud van en met God (i.e waarheid). Ons het nie eers die vermoë om die begrip ‘ewigheid’ te verstaan nie wat nog te sê verduidelik en boonop voel ons ons moet God verdedig. Die fout wat Socrates en die ander Griekse denkers gemaak het, is om te dink dat die waarheid kan geleer word. Waarheid word ervaar! Waarheid word geken vanuit ʼn diep selfkennis; waarheid het te doen met getrou wees aan jouself en daardie getrouheid word geken vanuit ʼn diep, eerlike, intieme verhouding met God. Dít is wat “lig van die wêreld” beteken. Dit is waarna Jesus verwys as hy sê: julle is in die wêreld maar nie van die wêreld nie.

Jesus het geleer dat as jy diep genoeg in jouself gaan, is daar ʼn lig wat deur niks en niemand uitgedoof kan word nie; ʼn lig wat skyn deur alle chaos en verwarring. Plato sê op ʼn plek: only the light is real — en dit is waar! Net ʼn skrefie lig vee alle duisternis uit en om te dink, ons is daardie ‘spark’ — die mens het die vermoë om God te bereik sonder dogma, outoriteit of vrees. Die oomblik wat ons die lig laat val in ons skadukant is daar ʼn ervaring wat elke aspek van jou lewe verlig. Skielik is God se liefde aanvoelbaar, tasbaar. Daardie liefde word beleef in gedagtes, emosies, gevoelens, intensies en selfs in die onderbewussyn. Dit deurweek alles met ʼn roepstem wat deur alle eeue uitroep: God does not know of limits; nor bow before the ego's dictates of scarcity and lack. He doesn't share the ego's shabby assessment of you, and neither should you. Die vraag is, wéét jy dit; ervaar jy dit; reflekteer jy dit, of word dit onder ʼn emmer weggesteek?

Die grooste denkfout wat die mens maak, is om te dink die wêreld kan ons ‘red’ van hartseer, siekte, eensaamheid, moedeloosheid, teleurstelling of verlange. Ja, die ego sal jou vrees vermom as skynmoedigheid en vir jou die masker van skyngelukkigheid opsit maar jy en ek weet dat wanneer alles om ons verlep en verbleik, vergeet ons die lig IN ons wat nie VAN ons is nie. Wanneer ons daardie lig aansit, verdamp die duisternis. As ons liefde aansit, verdwyn die ego.
Kom ons verken Sondag al die moontlikhede om die plekke in ons lewe wat donker is, oop te maak vir die lig. Kom ons vier die eerste dag van die week, as die dag van Lig! (A Celebration of Light)

STEMME UIT DIE SKADUWEES 
         Kom ons verruil stemme wat skree, vir oë wat lig weerkaats
         Kom ons verruil stemme wat skrik, vir oop vensters en deure
         Kom ons verruil stemme wat doof, vir die lig wat God sal sien

Bring Sondag jou ‘spark’ na ʼn sirkel van helder lig! Miskien voel jou vonk gedoof maar glo my, in die dampkring van ander is daar ʼn gevoel van behoort; ʼn gevoel van gemeenskaplikheid en dit bring die mooiste reënboog na vore.
In die herfs van ons jaar, is dit ʼn tyd om te onthou hoe mooi die somer was. Bring die herfskleure van ons dag-tot-dag bestaan en trek die bont-kleed van God se liefde aan. Jy sal die verskil ken omdat jy dit voel.

ACIM vanaand in Boston(Chapter 8: The Journey Back. Section IX: Healing as Corrected Perception) en môreaand by Kolping lees ons: LESSON 193

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
It is not a weakness to lean on the power of God that resides within us. It is a myth that we can be the lone hero, not depending on anyone or anything else. The soul leans. That is part of nature. (Marianne Williamson)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights