10 Junie 2012

Hierdie week se liturgie: 10_junie_2012

Ek kry gister ʼn sms van my seun met ʼn YouTube skakel wat sê: “Pappa móét dit kyk!” en toe gaan kyk ek en ek kyk weer en nog ʼn keer

Die verwondering oor die beelde en die vervoering oor die inhoud (woorde) het sedert gister tot nou toe steeds prentjies in my kop en sonstrale in my hart.Maar — dit is die sinchronisiteit van dié video met my gedagtes waaroor ek Sondag moet gesels wat die meeste opval want soos laas week gesê, gaan ons die maand die bekenste gedeeltes van Bybel verken. Laas Sondag was Exodus 20 en toe ek na die video sit en kyk, het Genesis 1 oor en oor voor my gedans.

Louie Schwartzberg se video kleur die skepping in op ʼn unieke manier en verwoord die essensie van seker die belangrike vraag wat ʼn mens ooit kan vra: Wie is ek? 
Soos hy dan ook tereg noem, is die meeste mense wat na sy beelde kyk se reaksie “Oh my God!” en dan vra hy: weet mense wat hulle sê as hulle dit sê?
“Oh” — caught your attention; makes you present and mindful
“My” — connect to something deep inside; a gateway for your inner voice to be heard
“God” — a personal journey we all want to be on; to be inspired; to feel we are connected to a universe that celebrates life

Die Bybel begin met ʼn skeppingsverhaal. Kom ons vertaal dit as ʼn verhaal wat ons kan verstaan sonder om te verval in die retoriek van wetenskap versus geloof --

Genesis 1: ʼn Credo — geskryf in poësie as ʼn lofprysing, ʼn lied!
 ·         Alles is LIG ... helder lewende lig 
·         Alles is WATER ... helder skoon water
·         Uit klippe die klei ... uit klei die ENGELE

10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum —  Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Ons bied ʼn wysheidsirkelgesprek aan op 23 Junie 2012 by die Kolping Sentrum oor ‘Die Geskiedenis van die Bybel’ — wie het dit geskryf; waar kom die verhale vandaan; wat is feitlik en wat is oorvertellings; hoe vleg dit inmekaar; en wat is die betekenis daarvan op ons lewe vandag? Dit is enkele van die vrae wat beantwoord sal word. Kom deel in ʼn heerlike oggend tot so net na middagete oor die boeiende onderwerp.
Kontak my asseblief (per epos) as jy belangstel.

Gedagte vir die Week:
“What can you ever really know of other people's souls - of their temptations, their opportunities, their struggles? 
One soul in the whole creation you do know: and it is the only one whose fate is placed in your hands” — C.S. Lewis

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights