Hierdie week se liturgie: 10_augustus_2014
27 Augustus 2014 om 8pm by Barnyard — “The Best Days of our Lives” gaan ons lekker saamkuier met musiek oor vier dekades ... bespreek asseblief jou kaartjie by Norma Moller (norma.moller@telkomsa.net) of Diana Ritson (diane@siriti.co.za) of kom kry dit Sondag na die diens. Jy kan sommer jou eie tafel van vriende en familie opmaak! Sien uit om die hele galery vol bekendes te sien!
As jy hier kan lees beteken dit, YOU ARE ALIVE!! – well done! Now if that is not something to celebrate then I don’t know what is ... ;-)) Ons tema vir Augustus is -- ‘DIE GESKENK VAN HERLEWING’ — (THE GIFT OF REBIRTH) en eerskomende Sondag gaan ons gesels oor — THE URGE TO MERGE.
In die kompleksiteit van die situasie in Gaza teenoor Israel dink ek onwillekeurig aan die toespraak van Shylock in ‘Merchant of Venice’ (Shakespeare) waar hy in die hof sê, “Hath not a Jew eyes? Hath not a Jew hands, organs, dimensions, senses, affections, passions; fed with the same food, hurt with the same weapons, subject to the same diseases, heal'd by the same means, warm'd and cool'd by the same winter and summer as a Christian is? If you prick us, do we not bleed? If you tickle us, do we not laugh? If you poison us, do we not die? If we are like you in the rest, we will resemble you in that.” ... ons weet wat die uiteinde van skelm Shylock was in die storie maar wat hy in ʼn oomblik se eerlikheid vra, is ʼn vraag van humanity & righteousness wat elke mense op aarde vra en daarby kan ons vir oomblik stilstaan --
Ons kyk om ons en sien gewoonlik mense in hul ‘andersheid’ as ons. Ons kategoriseer mense en sit hulle in ʼn boks met allerlei redes en verskonings van waarom ons ‘separate’ is, en dis eers as ek iemand in die oë kyk en sien hoeveel hy/sy soos ek is dat ons besef daar is geen separation nie. Ons let te veel op ons verskille ... iemand is ouer, jonger; dommer, slimmer; mooier, leliker; aangenaam, onvriendelik ... asof ons iets soek om van te verskil! Hoe dikwels knoop ek my gedagtes om dit wat ek absoluut van oortuig is, is my weergawe van realiteit ... net om ʼn dag, ʼn week, ʼn maand, ʼn jaar later skaam te erken dat ek nie net die pot misgesit het nie maar nie eers ʼn pot gehad het om mee te begin nie. Skrywer, digter C. JoyBell C. skryf êrens — “You can talk with someone for years, every day, and still, it won't mean as much as what you can have when you sit in front of someone, not saying a word, yet you feel that person with your heart, you feel like you have known the person for forever.... connections are made with the heart, not the tongue.”
Ons lees op die oomblik die eerste klomp lesse van ‘A Course in Miracles’ (ACIM) en wat dit leer is die volgende: (1) niks om ons het enige betekenis behalwe die betekenis wat ons dit gee nie; (2) die begin van ‘verstaan’ is om te verstaan dat ons niks verstaan nie; (3) ons sien slegs die verlede en ons reaksies (emosies) daaroor, en so sleep ons gister in vandag in; (4) die ego is ʼn klein spot in ons gedagtes wat ons oortuig dat dit alles van alles is waaroor alles gaan; (5) vra jouself of jou gedagtes (reaksies) oor goed ʼn projeksie van die ego of ʼn refleksie van die siel is?
Dit was ʼn enorme openbaring in my lewe die dag toe ek uit ACIM lees, “only my thoughts can hurt me!” Vir dae lank en ek geloop en wonder, “If it is only thoughts that are responsible for most, if not all our suffering — isn’t it time to think again about our thoughts?” Die vraag is hoe ontknoop ʼn mens dié kraaines as gedagtes jou seermaak en jy moet dieselfde gedagtes gebruik om dit te heel? Dan gaan soek ek weer die volume knoppie om hierdie malwordende gedagtes sagter te draai ... my oë te sluit en te fokus op my asemhaling sodat ek die taal van die hart kan hoor en dan hardop bid: “My Here en my God — wys my hoe — Stem van God (Heilige Gees), show me the true meaning of this!” – en dít help my want op die mees onverwagte maniere kom daar tog antwoorde wat die gedagtes van opinions, assumptions, projections, skuif na gedagtes van understanding, forgiveness, atonement. Dan sien ʼn mens weer mense om jou raak en herken jy jouself in hulle. Besef ʼn mens weer soos Moeder Teresa gesê het: “If we have no peace, it is because we have forgotten that we belong to each other.”
Maar ons is bang vir die idee van “REBIRTH” miskien omdat ons dit nie verstaan nie. Ons wil weet of dit emosioneel seer gaan wees om te surrender; gaan ons iets moet opgee (verloor); wat is die ‘prys’ van HERLEWING? ... en so bly ons ʼn ruspe wat niks verstaan van skoenlappers nie. Word ons water wat stagnant geraak het en ons weet wat word van water wat stilstaan? C. JoyBell C skryf dan verder, “I think that we are like stars. Something happens to burst us open; but when we burst open and think we are dying; we’re actually turning into a supernova. And then when we look at ourselves again, we see that we’re suddenly more beautiful than we ever were before!”
Vir my persoonlik kan ek nie die woord ‘Consciousness’ hoor sonder om nie te dink aan die Goddelike nie. God is daardie vibrasie in en tussen alles en soos ons laas week gesels het oor LIG gaan ons dié week gesels oor WATER ...
Steve Maraboli skryf in sy boek, Unapologetically You: Reflections on Life and the Human Experience, “If you are not the hero of your own story, then you're missing the whole point of your humanity.” en skryf later: “One of the most spiritual things you can do is embrace your humanity. Connect with those around you today. Say, "I love you", "I'm sorry", "I appreciate you", "I'm proud of you" ... whatever you're feeling. Send random texts, write a cute note, embrace your truth and share it ... cause a smile today for someone else ... and give plenty of hugs.” ―
Kom ons dans Sondag op die ritme van ʼn Celebration of Rebirth en dan sing ons — “Goodbye my separate self, well hallo my united, undivided Self ”
>>>> ACIM — Donderdagaand om 19h00 by Kolping: Lessons 6 - 10 in Workbook for Students [agter in ACIM boek]
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“People do not seem to realise that their opinion of the world is also a confession of their character.” — Ralph Waldo Emerson