Op die drempel van November en die winkels het, tot my geïrriteerdheid, reeds kersversierings op en al wat nog moet volg is die geoemf-oemf ritme van kersfeesliedjies. Hierdie verregaande vergrype aan Kersfees staan my glad nie aan nie. Die vraag wat ek jaar na jaar vir myself vra, is hoe het dit gebeur dat die verhaal van vervreemding, politieke misbruik, ʼn hawelose werkersklas, geboorte en gelofte ... vervlak is tot ʼn Hallmark Kanaal met kitsch watte sneeu aan bome in die middel van somer in Suid Afrika? Weet nie wat is meer ontstellend nie — dié kommersiële vergrype aan Kersfees of die feit dat as jy vir mense vra om die verhaal van Kersfees vir jou te vertel, sal die meeste vir jou sê daar was engele, 3 wyse manne uit die Ooste, ʼn stal, ʼn ster, goud, wierook, en mirre en ʼn krip. Nêrens in die Bybel staan daar “DRIE” nie en waar is die ‘Ooste’ – Indië, China, tog net nie nadese New Zeeland nie?. Feitlik niemand weet dat dié verhaal in drie Evangelies (Matteus, Lukas, Markus) nie met mekaar ooreenstem nie! Máár, ons het ʼn sentimentele weergawe geskep in ons kop om die historiese verhaal te romantiseer sodat ons messed-up world kan sin maak en daarom trek ons ons Sondagskoolskoene aan en sing van ‘wyse manne’ en dromspelers sodat ons die Herodes wat in onsself skuil, kan ontsnap.
Ons mis die plot as ons godsdiens gebruik om te vlug van die werklikheid in plaas daarvan dat godsdiens die plek word wat betekenis gee aan die moeilike vrae in verstrengelde omstandighede. Daar is natuurlik baie maniere om te ontken (voor te gee) dat goed nie gebreek is nie waarvan religious escapism ʼn klassieke voorbeeld is waar kerke meesters geword het om ʼn plek te skep met ‘endless opportunities to pretend everything is fine’ ...
Terwyl ons (wéér) sing, “Vrede op Aarde!” wonder baie mense, “Waar de hel is God?” want dié Aarde waaroor ons sing, ruik na bloed as nóg “Breaking News” vertel van ellende, verdriet, onvoorstelbare hartseer, en die mensdom wat soos ʼn virus homself en alles om hom vertrap en vernietig.
Ek hoop dat jy teen dié tyd vir jouself vra — wat op aarde is fout met die man en dié negatiewe begin vir ons weeklikse padkos? Miskien is dit die volmaan, of miskien is dit die hitte maar die vraag wat ek hoop die eerste paragrawe jou sal laat vra, is dit — soos die jaar homself na ʼn einde toe spoed, wat het ons dié jaar geleer wat ons saamneem vir ons reis; wat is die padkos wat ʼn verskil maak aan ons spirituele honger en dors; wat se waarde voeg ek toe tot mense om my se lewe; as ek sê ek is ʼn Christen en/of ten minste ʼn sensitiewe aanvoeling vir ʼn verhouding met God hoe maak ek dit deel van my dag-tot-dag lewe of is Spirituele Vrae/Antwoorde iets wat ons reserveer vir wanneer dit regtig sleg gaan en ons nêrens anders het om heen te draai behalwe na God nie?
Ons het die kuns vervolmaak om op AUTOPILOT te vlieg en elke dag, elke week, elke seisoen, elke jaar met redelike sekerheid te sê ons weet min-of-meer hoe dit gaan uitspeel. Ons moet net opstaan, tande borsel, kondensmelk hê vir koffie en ons verpligtinge nakom vir die dag – “then everything will be fine” – want om ‘vrae’ te vra, is ʼn gekarring aan die AUTOPILOT en ‘antwoorde’ bring ʼn gekrap waar dit nie jeuk nie ... ek vlieg eerder in my moerbeiboom in as wat ek leer om moerbeikonfyt te maak.
Kom ons gesels die vyf Sondae van November oor die tema — LIVING THE ANSWERS — en ons waag dit om moeilike vrae te vra sodat ons by antwoorde sal uitkom wat ‘FINE’ verander na ‘magnificent, brilliant, splendid, fabulous, and awesome’ want verseker wil ons tog nie weer net nóg ʼn Kersfees, nóg ʼn somer, nóg ʼn einde van die jaar, nóg ʼn Nuwejaarsvoorneme hê nie?
Ons het die laaste twee Sondae gesels oor wat dit beteken ʼn lewe wat ons noem EXTRAORDINARY — en die feit onderstreep dat wat ʼn persoon ‘extraordinary’ maak, is die feit dat so persoon ‘extraordinary choices’ maak. ‘Extraordinary people’ hou ʼn groter weergawe van hulself voor oë as wat gedikteer word deur onderliggende omstandighede. Hulle laat hul individuele lewens toe om in diens te staan van die wêreld om hulle en maak keuses wat konsekwent is, nie net met die hoogste uitdrukking van hulself nie maar ook vir die beste belang van die wêreld om hulle. As jy kyk na mense wat jy beskou as ‘extraordinary people’ sal jy vind dat wat hul ingemeen het, is hul toewyding om ʼn verskil te maak, nie te settle in mediocrity, ʼn voorbeeld te wees en ʼn bydrae maak in die intellektuele, emosionele, spirituele welstand van mense om hulle. Dít gesê, weet ons dat elkeen van ons die potensiaal dra om ‘extraordinary’ te wees — die belofte van ʼn blom leef in elke saadjie, die waarborg van ʼn skoenlapper in elke ruspe, maar net soos ʼn saadjie vrugbare grond, genoeg water en sonlig nodig het, net so het elkeen van ons ondersteuning en koestering nodig. Ons omring onsself met LIG en LIEFDE en wees dapper en moedig om deur die spleet te beur en ons vlerke te span om oor die blomme te vlieg. Ek belowe jou, as jy die regte vrae vra, verantwoordelikheid neem met die antwoorde, sal ons ‘extraordinary choices’ maak wat sal lei na ʼn ‘extraordinary life’ wat die doel is waarom ons hier is.
Al die antwoorde wat jy nodig het, is in jou; ons moet net stil genoeg raak om dit te hoor — en kom ons klaar dit ook sommer vandag met mekaar uit: om te sê, ‘die antwoorde is IN my’ beteken nie, ‘O, kyk! ek is só spesiaal en só super mens!’ of, ek het niks of niemand nodig in my self-help-lewe nie. Al wat dit sê, is die waarheid dat God IN jou en jy IN God asemhaal en dis wanneer ons die Goddelike toelaat om deur ons te manifesteer dat ons as kinders van die LIG en LIEFDE dit sal demonstreer.
Die eerste ding wat moet gebeur voor ons ons antwoorde kan leef, is die begrip – OORGAWE (surrender) want daarsonder sal LIVING THE ANSWERS net hersenskim bly. Elke oomblik van die dag maak ons duisende keuses wat op een of ander manier ons lewe beïnvloed. Sommige keuses se impak is klein en skynbaar niksseggend terwyl ander ons lewe totaal in ʼn ander rigting stuur. Sommige is lewensbelangrik en ander is soms silly en stupid. Wat wel belangrik is om te onthou is dat jy met sekerheid kan weet dat elke keuse wat ons maak, individueel of gesamentlik, het op een of ander manier ʼn diepliggende invloed in ons lewe. Die kwaliteit van ons keuses gaan bepaal of ons met frustrasie gaan soek na sin en betekenis en of ons ons met ekstase gaan dans in ons triomf. Om ʼn keuse te kan maak, kom met verantwoordelikheid want ons kan net praat van ʼn ‘reg’ en ‘vryheid’ van keuses pas nadat ons gepraat het oor plig en toerekenbaarheid. Keuses (antwoorde) laat ons toe om te kies, te besluit tussen paaie — gaan ons links of regs, vorentoe of agtertoe, gelukkig of hartseer, liefdevol of bang, blymoedig of ontevrede?
Toe ons jonk was, het ons daarna gesmag om ons eie besluite te neem. Nie langer voorgeskryf te word deur ander nie. Ons het dit beskou as ʼn waardevolle geskenk om self te kan kies en dié vryheid sou ons koester en kultiveer en dit nie vanselfsprekend aanvaar nie en toe word ons ouer, moeër, afgestomp tot op ʼn punt wat ons dink — “Antwoorde soek, is vir fools ... die luuksheid van keuses het ek verbeur! This is my life, now and forever, and I’ve made my peace with it!”
As ons wil hê ons lewe moet verander, gaan ons moet leer om ander keuses te maak – i.e. antwoorde te soek. Kom ons verken die Spirituele Beginsels van keuses maak wat gelei word deur die Stem vir God (Heilige Gees) om sodoende ons antwoorde te leef!
ACIM: Kolping: 29 Oktober 19h00. Stad: 2 November 19h30 — Chapter 6: The Lessons of Love — P91 Hardeband Boek
Besoek ons webblad www.neo-spektrum.com waar jy ook elke vorige week se gesprek en liturgie kan aflaai onder TEMA ARGIEF. Daar is ook ʼn kaart hoe om by ons uit te kom 10h00 Sondae by Kolping Sentrum, Biccard Straat, Durbanville.
Gedagte vir die Week:
“Judge a man by his questions rather than by his answers.” ― Voltaire