1 Februarie 2015

So met die nuwe maand gaan ons Februarie toewy aan Q&A -- die maand se tema is: VRAE EN ANTWOORDE OOR GOD — soos Friedrich Nietzsche gesê het, “He who has a WHY to live for can bear almost any HOW.” Dit gaan nie soseer oor die regte antwoorde nie maar om vir eens die moed te hê om eerlike vrae te vra want ons is so onseker oor die ware natuur van die Goddelike, die verhouding van God met die mens, die rede en doel vir alle lewe, en die ware identiteit, missie, en intensie van die mens se verhouding met God.

Daar is so skeptiese agterdog as daar vir iemand gesê word dat jy waardig is om ʼn gesprek te hê met God en die spirituele antwoorde te kultiveer. So ʼn gesprek is tog nie net vir mense in Bybelboeke en heiliges in kloosters of vir hulle wat ʼn sekere vlak van consciousness bereik het, óf net vir hulle met ʼn bepaalde Godservaring en/of teologiese skoling het om vir ander te dikteer wat God wil hê of sê nie — we are equal in terms of worthiness to be spoken to by God. Nee, dit beteken nie dat ons sinne gaan nou, “... en die Here het vir my gesê” word nie want die tweegesprek wat ons gaan verken gaan hieroor — to question the prior assumptions! So gou as wat ʼn ontdekking gemaak word in die wetenskap word dit van bo na onder, van binne na buite bevraagteken. In medisyne, sodra ʼn geneesmiddel gevind word, word elke aanname waarop dit berus, bevraagteken. In tegnologie, sodra iets nuut geskep word, word dit deur die toets gesit om homself te bewys. Alle dissiplines vra, question the prior assumptions — behalwe as dit kom by godsdiens en wat ons sê ons glo. Skielik word ons ‘vrae’ met ʼn bordjie behang wat sê, “godslastering // dwaling // afvallig //” Dit is nog altyd verstommend dat die kerk wat daarop roem om die ‘antwoorde’ te hê, laat geen vrae toe nie. As ons dit met medisyne moet doen, sal ons operasies uitvoer met ʼn skerpgemaakte klip.

In Desember het ek die nuwe boek van Neale Donald Walsch, God’s Message To The World, gelees. Dit het opnuut weer soos ʼn vars bries deur my gedagtes en hart gewaai om dit wat ons ervaar as serendipity ... toeval ... intuïsie ... inspirasie ... AHAA oomblikke ... divine intervention ... providence ... sinchronisiteit ... anders te interpreteer en die moontlikheid te ondersoek dat daar dalk ʼn ander manier is om oor God te dink en ons geloof te ervaar. Dit beteken NIE ons was verkeerd of ander het dit mis nie. Dit vra net ʼn eerlike herevaluering van dit waarmee ons grootgeword het. Niks fout met die menu van vroeër nie, maar miskien (just maybe) het ons nodig om sekere aannames oor God te herdink. Ek sê weer, dit beteken NIE dat ons vrae en antwoorde nou die eienaars van die waarheid word nie. Dit is ons reis en saam ontdek en vind ons ʼn sinvolle ervaring met/van/in God vir die milieu waarin ons leef en ons gaan sensitief wees vir mekaar se belewing en ervaring van hierdie vrae, én antwoorde. Dit is ook so dat daar sekere vrae is wat nie beantwoord moet word voor ʼn mens nie volwasse genoeg is om die antwoord te waardeer nie. Jy is meer as welkom om van jou vrae vir my te epos en dan kyk ons hoe ons dit Sondae kan inwerk. Kom ons begin met die eerste vrae --

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights